ANC: ‘Dis hoekom ons teen die mosie sal stem’

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Die ANC-koukus het Vrydag gesê dit is vir die party belangrik om te verduidelik hoekom ANC-LP’s volgende week teen ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma sal stem.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het tydens ʼn mediakonferensie gesê om vir die mosie van wantroue teen Zuma te stem sal gelykstaande daaraan wees “om ʼn kernbom op die land te gooi”. “Die verwydering van die president sal rampspoedige gevolge inhou wat net ʼn negatiewe impak op die mense van Suid-Afrika kan hê,” het Mthembu gesê.

Hy het volgehou dat die ANC nie blind is vir die besware en bekommernisse van die publiek of die drieparty-alliansie oor die stand van sake in die regering nie. “Die kabinetskommeling, die land se kredietafgradering na rommelstatus, die gelekte e-posse oor die berugte Gupta-familie se invloed op regeringsake en staatskaping is alles ernstige en regmatige bekommernisse,” het hy gesê.

Hy het gesê die ANC deel in die “ongemak en woede” oor hierdie onthullings.

“Bekommerde Suid-Afrikaners moet weet hulle het ʼn vriend in die ANC-koukus, nie ʼn vyand nie,” het hy gesê. Hy het verwys na verskeie gevalle waar die ANC volgens hom ingegryp het om krisisse af te weer, onder meer by die probleme by die SAUK, die omstredenheid rakende die voormalige hoof van Eskom, Brian Molefe, en die verwydering en vervanging van die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene. “Ons opper hierdie sake om te wys dat die ANC wel gereageer het op hierdie kwessies.”

Mthembu het gesê die probleme wat die land nou in die gesig staar, moet dringend aandag geniet, maar daar moenie toegelaat word “dat huidige irritasies ons blind maak om op te tree op ʼn manier wat alles wat ons oor die afgelope 23 jaar opgebou het, verwoes nie”.

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

“[Om ten gunste van die mosie van wantroue te stem] sal daartoe lei dat die hele kabinet moet bedank, wat sal lei tot ʼn ineenstorting van die regering wat diep en langdurige gevolge sal hê. Dit sal ons land in algehele politieke onstabiliteit en ekonomiese onsekerheid dompel. Dit sal die armes negatief beïnvloed en die werkersklas die meeste raak aangesien hulle van die regering afhanklik is vir hul lewensbestaan. Eerder as wat ons ons probleme gaan oplos, sal ons meer skade aan ons land doen.”

Mthembu het gesê indien die mosie slaag, sal dit ook ʼn presedent stel dat opposisiepartye die parlement, provinsiale wetgewers en munisipale rade kan gebruik om ʼn demokraties verkose regering buite die algemene verkiesing te verwyder.

Mthembu het ook gesê dit is skynheilig dat opposisiepartye van ANC-LP’s verwag om hul partymandaat te verontagsaam deur vir die mosie te stem wanneer hulle dit ook nie in hul eie partye toelaat nie.

“Die DA het ses raadslede in Stad Kaapstad geskors omdat hulle die party-mandaat verontagsaam het oor vir wie om te stem tydens ʼn subraad-vergadering in November verlede jaar. Die EFF het dissiplinêre stappe ingestel teen raadslede wat die party-mandaat verontagsaam het deur te stem vir die toelating van die begroting in Mogale City, terwyl die DA sy raadslede dwing om leuenverklikkertoetse te ondergaan om vas te stel watter raadslid gestem het vir die verwydering van die DA-burgemeester in dieselfde munisipaliteit,” het hy gesê.

“Die bewerings dat daar ANC-lede is wat ten gunste van hierdie mosie van wantroue sal stem, is blote wensdenkery van die opposisie,” het Mthembu bygevoeg.

“Ons moenie maklike en kortsigtige oplossings vir moeilike politieke probleme soek nie. Hierdie mosie is ʼn politieke truuk deur ons politieke vyand met die uitsluitlike doel om hul eie politieke gewin te bevorder ten koste van die land. As aktiviste sal ons nie deel wees van aksies wat ons land tot op die rand van ineenstorting sal bring nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Elsabe Otto ·

Dis onaanvaarbaar. Dit het jul nie gestuit toe Mbeki gefire is nie. Dis verskoning om jul eie betrokkenheid te beskerm . Want almal ry op die soustrein. Dis steeds korrup !

GAB ·

Daarmee stem ek saam. Al die korrute LPs gaan van hulle ‘inkomste’ verloor soy die mosie van wantroue positief uitdraai.

Swartkat ·

Natuurlik sal hulle nie vir die mosie stem nie want dan is hulle ook hulle poste kwyt. Dit is te lekker op die soustrein om die regte ding te doen en op die regte stasie af te klim , hulle sal op die trein bly saam met Zuma tot oor die afgrond.

Keelvol ·

Nou waarom het julle nie al lankal vir Zuma – die rede van al SA se huidige probleme – afgedank nie? Julle het hom al die pad beskerm, en nou pleit julle vir begrip?

Stiena ·

Word wakker. Die land is ni op rand van ineenstorting nie, dit het lankal reeds van die rand afgestort.

Lewies ·

Meer realisties – “Ons staan op die rand van die afgrond. ‘n Mosie van wantroue gaan ons beslis oor die afgrond stoot”

AL ·

Julle lieg vir julself, die land en sy mense! Julle wil net tyd koop om nog vet salaristjeks te kry.
Jul almal is gekaap, Zuma het jul met ñ slap riem gevang.

Lewies ·

Hierdie politieke-kommentaar is een van die belangrikstes wat nog op Maroela verskyn het. Ek is van oordeel ons ‘n waterskydingstydperk betree , of moet ek liewer se ‘n kruispad. Die aannames wat Mthembu maak is ‘n realistiese, weldeurdagte verduideliking van die gevolge (ramp) wat SA sal tref as hierdie mosie moet slaag.

Ons mag nie naief wees om te dink daar wag ‘n beter Suid-Afrika na ‘n ANC-regering wat deur ‘n mosie van wantroue uit die kussings gelig word nie. Daar wag ‘n beter SA na ‘n oorwinning by ‘n stembus nie voor die tyd nie.

Domvraag ·

Lewies jy kon dit nie beter as Bell Pottinger gestel het nie en dat Mthembu se besluit realisties en deurdagte besluit is, is snert..en dan val mense daarvoor. Dit gaan hier oor die feit dat dit nie net JZ is wat bande met die Guptas het nie maar baie ander en as JZ afgedank word kan hy baie ander betreken dit sal die ANC se beeld as korrup verder skaad . Vra jou self die vraag hoekom kon daar teen Mbeki opgetree word en dat selfs die regstelsel nie tee JZ wil optree terwyl daar 783 aanklagtes teen hom is nie, asook hoekom Shake Shabir vry kan rondloop. Ons weet en sien net die oortjies van die seekoei en dat mense met al die inligting wat bekendgemaak is vd eposse en korrupsie steeds kan glo wat Mthembu sê gaan my verstand te bowe..

Tiger ·

Mthembu jy praat deur jou nek!Jy beskerm net die voortbestaan van die soustrein vir jou en die ander anc comrades!JY behoort uit jou amp verwyder te word vir die onsin wat jy kwytraak.

Lewies ·

Maroela, ek verstaan nie nou wat gebeur nie. Een oomblik is my kommentaar oor hierdie saak geregistreer, volgende oomblik is dit weg (Ek praat van my eerste kommentaar nie my ant-woord op “Stiena se kommetaar nie”

Nico ·

Hy is reg een van die anc mandate is om korrup te wees mbeki,gorden ens was nie toe is daar ontslae van hulle geraak al hoe daar ontslae geraak gaan word van die nikswerte is by die stembus so die ander partye konsentreer op die jonges en middelklas mense

Vryheid ·

Mthembu en sy anc broers het nou al vir so lank mekaar se leuns geglo dat dit nou deel van hul lewens geword het. Hulle kan nie meer onderskei tussen reg en verkeerd goed of sleg waarheid of leun. Die doel was nog altyd mag en selfveryking.

Eish ·

Née, dis reg Jackson, ons verstaan. Hoe kan n koninkryk bly staan indien dit teen homself verdeeld is? Hoe kan korrupsie bly voortbestaan indien jy die korruptes verwyder? Hoe kan jul die probleme aanspreek indien ander dit nie aan die klok hang nie? Ons verstaan dat jul die ongemak en woede oor die Gupta’s se eposse, kabinetskommeling en algemene stand van sake van die publiek en drie party alliansie deel, teen minstens R80 000.00 per maand. Ons verstaan.

william ·

Ons HET NIE n’ regte government nie,
So of hulle daar is of nie,
Wat is die eintlike verskil?..
Fire almal en begin oor.

Andries ·

Ek verstaan nie sy redenasie nie. Hoekom moet die hele kabinet bedank indien die mosie slaag?

John ·

Nou sien ons hoe lief die prez vir homself en sy verskanste magsbasis is (van skaars ‘n paar duisend goed betaalde voetsoldate) wat nie soos ‘n party wil funksioneer nie maar eerder soos ‘n antieke outokratiese kroondraende keiserryk. Ons onderhandelaars moet hierdie neiging destyds opgetel het en tog…. Opposisiepartye word as erg vyandige en bedreigende linies beskou wat sy koninkryk omver wil werp om sy eie troon en skatte te steel. En dan word die armes bygesleep aan wie nooit gedink word wanneer biljoene verdwyn nie. Die pos as staatshoof het na die kop gegaan… wat duidelik kwaai ‘top heavy’ is… En moet nie die raadgewende ingenieurs se frustrasie onderskat nie. Hul drome dreig om in nagmerries te verander want die ongewaste vuil goue borde in hul paleise kry nou ‘n onuithoudbare en plofbare ongure klankie by… ‘uraan’ vir die sg ‘bom’?

Adrian ·

Als is leuens als als dit gaan om selfverryking lees die ware stand van die land as maroela dit wil plaas gaan in op whitenationnetwork.com

Christo Meintjes ·

Die ANC is juis blind en doof en sien en hoor nie wat elke burger van Suid Afrika wys en sê dat die ANC die pad byster is nie . Ons president en die res van die ANC moet uitgestem word sommer daar in die parlement. Julle het al lankal Suid Afrika bankrot gesteel en dit raak elke Suid Afrikaanse burger. Julle is besig om ons ekonomie dag vir dag te vernietig en elkeen van ons te verarm met die speletjie wat julle so lekker speel.

Uncle P ·

Die laagste betaalde agterbanker in die parlement kry R80 000 n maand .. nou wie gaan homself ” fire”?? Almal vreet by die trog .. party net hoër op.

Deon ·

Glo die man homself wat hy kwytraak as rede dat hul nie sal stem in n mosie van wantroue nie ……. “Regtig”

Om ten gunste van die mosie te stem sal beteken die hele kabinet moet bedank, …”lagwekkend – gaan hul regtig teen hulself stem, om van hulle cosy poste, met groot salarisse en byvoordele ontneem te word”

Die verwydering van die President sal rampspoedige gevolge vir Suid Afrika inhou, …. “dink regtig nie so nie – mag dalk rampsoedig vir julle sakke wees”

Nie afbreek wat ons in 23 jaar opgebou het nie, ….”regtig leef ons in dieselfde land van korrupsie, afgebreekte ekonomie, moord en doodslag, kapings, gewapende rowe ens. ens.

Ons n vriend in die ANC, …… “Regtig glo jy jouself”

Kay ·

Elke keer as een van die ouens hulle mond oop maak ..wil ek my kop wegsteek want die buite land hoor al die snert

Han ·

Mtembu, jy lieg! Jy dink mense is so naïef om jou te glo. Benoude katte maak benoude spronge! Die ANC-regering het die land reeds in die grond in bestuur, dit gaan nie nóúeers gebeur nie. Dié dat julle diegene intimideer wat teen Zuma wil stem.

Ada ·

Dit kan seker egter as nou gaan – maar daar moet ‘n draaipunt kom. Ek is seker jan publiek oor alle kleure heen is al moeg vir hierdie korrupte regering . Dis net die wat bang is dat hulle sondes gaan uitkom wat nie vir z uitgestem wil he nie. En hulle sit in die parlement . Ook die SAL, ESKOM, DIE MYNE ens……………………………………………en al die vriende van die Guptatjies

Steve Stephansen ·

Is daar werklik nog mense wat glo wat die ANC kwytraak….waarom vat Zuma en sy trawante nie hulle mense wat hulle verafgod en gaan maak hulle eie republiek oop soos die mense van Oranje nie….hy kan die hele Transkei vat en sy koningkryk oopmaak waar hy dan kan krepeer van ellende na dese…..

John Samuel ·

Blah blah blah Liegstories.

zuma MOET gaan, en krimineel vervolg word, en tronk toe gaan. En Shaik moet ook terug.

Johannes Meintjes ·

As ons tog maar wil besef wat agter die skerms aangaan en wat Diep Staat beteken sou ons lankal alternatiewe strukture en selfbestuur baie meer ernstig opgeneem het. Nou sluimer en kerm ons maar kom nie eers effektief tot selfbestuur op munispale en buurtwag vlakke nie! Inderdaad word die “stoofplaat” al warmer en warmer en warmer …

Justice ·

Mag daardie kernbom waarvan Mthembu praat die hele korrupte ANC uitwis.

Frans C ·

Ek dink die man is deurmekaar, dit is ‘n mosie van wantroue in die President en nie die kabinet nie.Die Adjunk President neem oor.As die kabinet dan in simpatie met Zuma bedank is dit ‘n ander saak,hulle hoef nie te loop nie,tensy hulle,hulself net so skuldig as die President ag.

Charles ·

Al wat die ANC kan doen is steel, lieg en alles verwoes, geen maar geen vooruitgang is gemaak vandat die ANC aan bewind gekom het nie, as hulle nie hul sin kry nie moet daat gebrand word en gemoor word….

Lewies ·

Domvraag, my siening oor die saak is ook maar aannames en nie op wetenskaplike feite geskoei nie, maar uit ‘n menslike oogpunt geformuleer “Stel jouself voor, dat jy jou werk voortydig moet verloor en nie deur die normale prosesse by die stembus nie. Jy moet bedank en die implikasies daarvan ervaar. Die trauma van so’n ervaring kan ‘n reaksie uitlok wat ernstige gevolge het, waarvan ‘n “burgeroorlog” seker die ergste is, veral as sy uitlatings in konteks gesien word. Die politieke atmosfeer in ons land is tans sodanig dat so iets ‘n waarskynlikheid kan wees.

Is dit nie die “atoonbom” (chaos wat kan ontstaan) as so iets gebeur nie ?

“Waar die hart van vol is loop die mond van oor” Ons moet dit probeer intepreteer. Dit is ‘n ernstige en bedekte dreigement.

TM ·

En so breinspoel hulle weer die massas, want hulle weet die leë beloftes werk altyd op laer IK. Hulle onderskat wel die IK van hardwerkende beroepsmense en mense wat ‘n verskil maak en dis die mense wat nie vir hulle nonsens val nie en wat nou sal moet saamstaan.

Boshond ·

Jackson Mtembo se atoombom vergelyking as mosie van wantroue slaag, is ‘n blatante dreigement teenoor ANC LV’s asook die tes vd land se inwoners en ‘n uiting van ‘n desperate leier van ‘n baie benoude party. Dis ook immers die ANC wat hierdie land in hierdie chaotiese toestand laat beland het. Was dit deur onkunde, weerwraak, of sommer net ondeurdagte, halsoorkop oorhaastige besluite.? Wou die ANC dan nie van dag een af ‘n revolusie gehad het nie. Wat het die ANC in 23 jaar kastig opgebou.? ‘n Paar dorpe en honderde straatname verander en ‘n paar duisend halfklaar vlentergat hophuise om te wys. Jou dreigement stem ooreen met jul ongeskrewe reël nl. dat as ons (die ANC) nie die land kan regeer nie, sal ons sorg dat niemand anders dit doen nie. M.a.w.ons sal die land onregeerbaar MAAK. So, kameraad Jackson, tel jou woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.