ANC distansieer hom van Jeugliga se oorloguitsprake

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC het hom Donderdag gedistansieer van uitsprake deur die party se Jeugliga-president, Collen Maine, wat glo gesê het die party sal oorlog teen die EFF voer.

“Die ANC doen ʼn beroep op al sy lede en ondersteuners om hulle te weerhou van opruiende taalgebruik wat ons nasie se pogings om politieke verdraagsaamheid te behou en te bevorder ondermyn,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

Volgens Kodwa het Maine gesê “as die EFF wil veg, sal hulle ʼn oorlog kry”. Dit is nie die eerste keer wat Maine daarvan beskuldig word dat hy oorlogsvure aanblaas nie. Sy vorige oorlogsverklaring het ook gevolg ná uitsprake deur die EFF dat hulle die ANC-regering “deur die loop van ʼn geweer sal verwyder”. Die EFF het ook sy ondersteuners aangemoedig om eerder die ANC-kantore as skole af te brand.

“Oorlogspraatjies is die teenoorgestelde van die soort samelewing wat ons probeer bou, ongeag van wie dit kom,” het Kodwa gesê.

Hy het gesê die ANC asook ander lede van die parlement het die verantwoordelikheid om waardigheid en ordelikheid in die parlement te herstel. Dit sluit in, het hy gesê, dat die parlement gekenmerk word deur politieke verdraagsaamheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Cheeki ·

Dit begin so effe te klink na ‘n eeu-oue profesie wat dalk in vervulling kan gaan. Dalk ‘n verskuilde seën, lees ook ‘n bietjie van Jehosafat se oorwinning oor Moabiete, Amoriete en ander Piete wat mekaar uitgeroei het terwyl die Israeliete die Heer geprys het.

Veritas ·

Dit is wat gebeur wanneer kinders ‘n grootmens se werk wil doen. Akademiese prestasies en gewildheid tel vir niks wanneer lewenservaring en sobere denke vereis word nie. Dit is goed wanneer jonger mense ‘n belangstelling in die politiek toon maar iemand wat praat terwyl dit tyd is om te dink, gaan dikwels iets kwytraak wat hy later gaan berou.

Rynhardt ·

Anc distansieer hom verniet van Anc-Jeugliga, want die jongelinge tree op in belang van sy ouboet! n Ruk terug het die Anc se woordvoerder, Jackson Mthembu dit duidelik gestel hul vrees Malema nie! Gistraand op SABC2 nuus het Jackson Mtembu weer sy mes ingehad vir Malema en EFF asook vir die liberale DA! Dinge begin nou baie warm te raak op die politieke front.

vierkleur ·

Cheeki, ek hoop van harte dat dit die profesie is wat in vervulling kom. Dit het ons baie jare gevat on SA op te bou, en een van die vooruitstrewende lande in die wereld te maak,en in net 20 jaar, is alles verwoes,met n beeswagter vir n president.
as dit die profisie is waarvan jy praat,gaan dinge eers erger raak, voor ons weer vryheid gaan beleef

Rooikop ·

Beslis vierkleur… En daai einste eeu oue voorspelling het ook genoem dat die liberale onder ons meer moeilikheid vir ons nog gaan maak as enige ander…en voor ons nie deur daai “smeltkroes” gaan om geskei te word van hulle nie… wel ja, ons ken die res. En as ek so kyk na al die kommentare op maroela gereeld, dan is dit darem maar waar…

Theo ·

Niks nuuts nie. Stam\Party gevegte kom al vir etlike dekades voor. Die wapens verskil egter deesdae. Ek onthou nog spiese en eiers.

John ·

Rustige parlementsittings? Ek wil nie voorspooksels maak nie, maar as hulle die parlement graag noord wil skuif, sal niemand moeite doen om die parlementsgebou te beveilig wanneer die donderweer dreun en blitse dalk iets kan raakslaan nie. Dit sal jammer wees. Dit wil lyk of die bedorwe kindertjies van die ANC die vuilwerk vir hul base wil doen. Moenie so rustig op die stoep sit en koffie drink nie. As onweer opsteek weet mens nooit wie se dakpkate mag dalk afwaai nie.

Magriet ·

Practise what you preach! Die een oomblik kan die hoofgesant van die ANC, ou Zuma, net sê wat hy wil en dit word onder die mat in gevee, Nou wil hulle vir Maine oor die vingers tik? KOMAAN! Die klomp interpreteer die grondwet net soos party ouens hulle Bybel lees – soos dit hulle pas!

neelsie ·

Hierdie outjies skreeu oorlog, oorlog …….hulle weet nie waarvan hulle praat nie!
Bloeddorstige gedagtes is van n bose oorsprong.
Die elende wat daarmee saamgaan tref ook ons vroue en kinders, met al die negatiewe gevolge .
Niemand gaan die oorlog wen nie.

Truth-Seeker ·

Die Afrika Jeug het nie ‘n idee waarvoor hulle vra wanneer hulle se “Bring die oorlog” nie.
Hulle is gewoond daaraan dat wanneer hulle baklei, dit met klippe en brandende bande gedoen word, en hulle word dan terug gedryf met rubber en gas.
Kom ons kyk hoe groot praat hulle wanneer die lood begin rond vlieg. Oorlog is nie speletjies nie EFF en ANC. Wanneer julle dit besef gaan dit te laat wees.

E ·

Stem saam Gert. Ons sal maar kyk en na die tyd net weer moet bou. Hulĺe sal dan nie aparteit en oom Jan kan blameer nie.

HEVW ·

Hoor wie is aan die woord. Kyk maar net na die vlag met die dolk in die hand dit simboliseer geweld vernietiging en dood. Geen begeerte na versoening.

Johann Marx ·

HEVW? Dolk? Lyk vir my meer na ‘n assegaai en ‘n skild in daai hand. Wat my egter verder opval van die vlag is die volgende: Die hand is WIT? En daar is ‘n WIEL op? Wie het die WIEL ontdek? Ek vra maar net…

John ·

Dr Chris Barnard het op ‘n keer gese, mens moet nooit daardie iets in jou wat jou waarsku, wat jou hare laat rys, ignoreer nie, want as jy dit begin doen is jy aan die verloorkant. Mens wonder soms oor die voorspellings van die ou garde; wat dit sou beteken. Die beeld van die witman van Johannesburg wat vroegaand op sy stoep uitloop en die stil, pragtige aandlug so aanskou, terwyl ‘n rustige, gelukkige, tevrede gevoel hom oorspoel, en kort voor lank breek die hel los, is meer as skrikwekkend. Woorde kan mens nie uiter oor hoe ontstellend so ‘n rampspoedige gebeurlikheid nie kan wees nie. Die waarskuwing is daar vir almal om te ignoreer of om tog hier en daar ‘n haartjie op die kop te laat rys. Weet altyd waar jou vrou, man, kinders is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.