ANC dring aan dat De Ruyter klag indien

André de Ruyter, voormalige hoof van Eskom. (Skermgreep: eNCA)

Die ANC het Sondag ʼn beroep op André de Ruyter gedoen om strafregtelike aanklagte in te dien in verband met die sistemiese korrupsie waaroor hy hom verlede week in ʼn televisieonderhoud uitgelaat het.

Die voormalige Eskom-hoof word ook versoek om die owerhede van “geverifieerde details” te voorsien sodat die wetstoepassingsowerhede sy opspraakwekkende onthullings kan ondersoek.

Indien De Ruyter versuim om dit te doen sal die ANC aanklagte van hul eie teen De Ruyter aanhangig maak.

Die regerende party het De Ruyter Sondag daaraan herinner dat dit ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupsie onwettig is as ʼn persoon in ʼn gesagsposisie nie korrupsie of misdadigheid aanmeld nie.

“Tot op hede is die ANC nie bewus van enige optrede wat deur meneer De Ruyter in hierdie opsig geneem is nie. Die ANC versoek meneer De Ruyter om sy grondwetlike en wetlike verpligtinge na te kom en enige daad van misdadigheid en/of onwettigheid waarvan hy bewus is binne die volgende sewe dae aan te meld.”

De Ruyter het verlede week ʼn opskudding veroorsaak met sy uitlatings dat ʼn senior politikus by die korrupsie by Eskom betrokke is.

De Ruyter het in die onderhoud met die joernalis Annika Larsen op e.tv onder meer gesê dat ʼn minister ingelig is oor ʼn spesifieke hoëvlak-politikus wat by korrupsie in Eskom betrokke is, en dat die betrokke minister toe na ʼn senior amptenaar gekyk en glo gesê het: ‘Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom’.

Die ANC het heftig op De Ruyter se bewerings gereageer en gedreig om hom hof toe te sleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Harley Davidson ·

Hy moes dit gedoen het die oomblik toe hy bewus geword het daarvan ,hoekom hy gewag het tot nou toe is seker debatteerbaar.

Fran ·

Hy hét dit gedoen deur ‘n ANC hooggeplaaste te laat weet van die korrupsie. Gaan kyk na die onderhoud.

SwartBees ·

Krap bietjie in die media rond dan kyk jy wat het met die vorige fluitjie blasers geword. En nie net fluitjie balsers nie, ondersoek beamptes ook.

Christine ·

Ek neem aan jy bedoel hoeveel inligting hy kon bymekaarkry as evidence?

Gerhard ·

Volgens Die Burger vanoggend, het Andre dit aan die polisie gerapporteer, maar daar het niks van gekom nie……

Genis ·

Daar was klagtes ingedien, nogals by polisie senior offisiere wat skelms laat vaar…

Nie Verbaas ·

ANC, wat gaan dit help? Julle is almal korrup. Nee, los hom om dit op sy manier te doen. Die impak gaan soveel groter wees. Die man is hoogs intelligent en hy sou nie sy mond oopmaak sonder dat hy bewyse in sy besit het om sy aantuigings te staaf nie.

Anon ·

Nou toe, wees julle dan die eerste om die saak te laat ondersoek ANC. Hou op vingers wys, neem inisiatief.

FM ·

Anon. Dit is deel van die ‘probleem’.
Daar is nie inisiatief nie.
Helle weet nie wat inisiatief is nie.

Elize ·

Hoeveel keer moet hy nog skree oor die korrupsie? Hulle soek ‘n verskoning om ontslae te raak van hom. Almal is mos nou onskuldig en wys Andrè vinger na die verkeerde wesens want hulle is so wit soos sneeu en het nog nooit iets verkeerd gedoen nie. Gee pad uit hierdie hool Andrè en vat jou gesin saam want hulle gaan jou bêre om “brothers and sisters” te beskerm

Grassie ·

Die ANC probeer die man se mond snoer. Sy opvolger is al jare lank betrokke by Eskom se finansies en sy plig sal seker ook wees om toe te smeer.

Errol ·

Dring aan, dring aan, dring aan; dit lyk asof dit is al wat die anc kan doen.

Theunis ·

Die Regering se reaksie sou geloofswaardig gewees het indien hulle etiese waardes gehad het ten opsigte van eerlikheid en wetlikke dissipline, in hierdie gaval reageer hulle juis om die alreeds bestaande korrupsie verder aan te wakker, ongeag die langdurige negatiewe effek wat dit alreeds op ons lewens kwaliteit het.

FM ·

Ek sou hulle ignoreer.
Dis ‘n skelm plan om André vir jare te pootjie.
Net iets om die aandag van hul horrupsie af te lei.

Truman Burbank ·

Net soos baie vra waarom dy tydelike “CEO” nie vrae gevra het oor ongeruimdhede nie, moet mens ook vra waarom DR nie n woord gese het sedert 2019. Inteendeel. Elke keer as fases verander is, het hy n storie gespin van onderhoud. Dit terwyl SA na sewe buurstate krag uitvoer en ons 1e graad steenkool uitvoer en 3e graad steenkool invoer?

SwartBees ·

Maklik. Hy is voor gesê wat om te sê. Sodat die beeld van die korruptes nie so skuldig lyk nie.

Kobus ·

SA se kragsentrales is gebou om ‘n sekere graad steenkool te benut – die res word uitgevoer.

Yvonne ·

O Genade…as die ANC reeds met kennis sit wat de Ruiter beweer niks gedoen het nie wat is die kanse….????? Speel alweer vir tyd…wat is nuut moet hy kom prentjies teken en hom dan stil maak…..

Lillian ·

Hoekom? Sodat julle als weer kan toesmeer? Los hom uit, hyt meer integriteit as die hele anc saam

Christine ·

Hoop Afriforum help hom om die staat privaat aan te vat.

Misky ·

Indien hulle enige waarde aan vervolging gehad het, sou ek saam stem. Maar ooooh nee, kyk maar waar sit Zuma na 20 jaar en die bewyse is oorweldigend. Sal net jare en jare se hofsake wees wat ons miljoene kos en niks sal inelkgeval gebeur nie, behalwe dat die man dalk sy lewe kan verloor. Ons weet mos wat gebeur met fluitjie blasers in ons land.

Koos 100 ·

Vergeet van Zuma. Dink aan Zondo komissie en hoeveel kriminele klagtes is gelê????

blia ·

In sy volledige onderhoud sê hy dat hy wel alle gevalle aangemeld het (ook met verduideliking dat hy wetlik verplig word om dit te doen). Die probleem is dat niks met die oortreders gebeur nadat hul rapporteer is nie.

SwartBees ·

Andre het net bevesitig wat ons almal weet en nou will hulle kamstig onskuldig lyk.. Ek dare die anc om hom verkeerd te bewys. Die anc weet presies wie se vingers is waar in die kas register.

George ·

Hier stem ek, hy se al dit vir jaar na jaar, maar gee geen naam of iets nie. Publish jou findings, doen n Wikileaks tipe leak. Talk is cheap.

anko ·

Hy was moontlik aangesê om nie name te noem nie. Die aandeelhouers wil nie pa staan nie.

Perdeby ·

En wat het van die minister geword by wie hy dit aangemeld het??? Vra maar net?

Theresa ·

André de Ruyter is nie n persoon wat bewerings sal maak as hy nie bewyse ter stawe het nie, hy het alles haarfyn beplan oor n tydperk, en sy tydsberekening was inderdaad perfek, n baie baie slim man…

Truman Burbank ·

Ek neem aan sedert 2019 het hy genoeg gemaak om nou die kraantjie toe te draai?

Truth2bfree ·

Doen julle EIE ondersoek ANC, kan dit nou regtig so moeilik wees?!!!

Laksman ·

Dis presies waar hulle dit wil he……in die hof, sodat daar niks van kan en sal kom nie. Zuma se saak sloer al 22 jaar.

CHRISTINE ·

Dit is tyd vir die ANC begin om net liewer stil te bly.

Veronika ·

Ja en tot nou het Ramaphosa en Zuma nog niks oorgekom so wat is die use??

Elize ·

Hierdie afduimpies – aan watter kant van die draad staan hulle?

Chris ·

Gee AR ‘n breek. Hy het nou klaar Pandora se dosie oopgemaak. Gee hom ‘n kans. Hy weet wat hy doen. Ek glo hy gaan alles op sy tyd aan die onuusmedia in die buiteland oordra, veral in die lig van die verkiesing aanstaande jaar. Die Europese lande is moeg van die ANC se askiestog ons is die onderdruktes. Kry ons jammer….. voorspoed Andre

anko ·

En die grys lys gaan ook nie juis voordelig wees met aanloop tot verkiesing nie…

Stofdonkie ·

Nou is die ANC nie bewus van enige optrede deur De Ruyter nie, maar elke keer as hy sy mond oopmaak moet hy eers ondersoek word vir rassisme. Die oortredeers is heel moontlik swart en daar is nou vir De Ruyter in soveel maniere moontlik al verduidelik hy mag nie iets sê oor korrupsie as die beskuldigde swart is nie.

Danie ·

Hy het misdaad gerapporteer onthou hy die CEO hy hoef nie persoonlik opgetree het nie hy het verantwoordelike veiligheids personeel gehad wat misdaad moes rapporteer.Hy dan self misdaad teenoor homself aangemeld wat soos n grap afgemaak is tipies polisie profesionele gedrag.

Hennie Biebouw ·

Ek stel voor André de Ruyter doen presies wat hul vra, so nie moet hy maar stil stil verdwyn.

Chris ·

Ek het een dag goeie raad van iemand gekry. Hy het vir my gese, wanneer jy in ‘n gat is, hou op grawe. Die anc se dae is getel, hulle weet dit maar besef dit nog nie. Hulle lei aan grootheidsverwaandheidswaansinnigewaansin wat hulle duur gaan te staan kom. Hier kom pret, en daar is niemand met ‘n groter vrees as ‘n “ryk man” wat sy skatte gaan verloor nie.

Jacobus ·

Dan moet die hele ANC kabinet insluitend Cyril Ramaphosa aangekla word want ALMAL van hulle weet op een of ander stadium van KOLEGAS wat korrupsie gepleeg het of selfs nog besig is met korrupte aktiwiteite.

TO ·

Korrupte regering en wat van die minister. Oeee aaaa wil ek nie n vlieg op die muur wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.