‘ANC dryf met opset wig tussen rassegroepe in’

Buthulezi spreek die skare toe. Foto: IVP

Buthulezi spreek die skare toe. Foto: IVP

Die ANC polariseer doelbewus die politieke debat ten einde enigiemand wat sy mag bedreig te probeer wegdryf, het IVP-leier Mangosuthu Buthelezi gesê.

Buthelezi het tydens die IVP se verkiesingsbyeenkoms in Ulundi in KwaZulu-Natal die ANC gekritiseer omdat hy die DA as ʼn rassistiese party uitkryt wat nie omgee oor swart Suid-Afrikaners se behoeftes nie.

“Maar deur die narratief te probeer bevorder het die ANC dit te ver gevat en rassisme in eie geledere ontbloot. Die ANC se president [Jacob Zuma] het ʼn beroep op swart mense gedoen om vir ʼn ‘swart party’ te stem. Wat het gekom van die multikulturele en nie-rassige boodskap van die bevrydingsbeweging?”

Buthulezi het gesê daar is al geruime tyd vrae oor die ANC se begrip van demokrasie. “Is daar plek vir Indiërs, bruin mense en wit mense as die ANC homself as ʼn ‘swart party’ sien? Toe pres. Zuma in die parlement opgestaan en gesê het demokrasie beteken die meerderheid het meer regte, is die stryd om gelykheid vermink. Ons land se Grondwet is gebou op die waardes van demokrasie, gelykheid, en nie-rassigheid. Tog het die ANC hierdie waardes verontagsaam in die hoop dat hy stemme sal wen.”

Volgens Buthulezi beweer die ANC hy sal werk skep en ontwikkeling bespoedig al het die party dit jaar na jaar wat hy aan bewind was nie gedoen nie. “Ons onthou nog hul leë beloftes in 1994 dat almal huise en werke sal kry. Maar hoeveel mense leef nog in uiterste armoede? Hoeveel werkgeleenthede het verlore gegaan in ʼn ekonomie wat misluk?”

Buthulezi het gesê die IVP sal hom vir die mense beywer indien hy die mag kry op 3 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lance ·

En dis presies wat Mandela nie wou he nie ….so hy sou nie anc meer gestem het nie maar eerder dalk al FV+…trouens ek dink hy draai in sy graf as hy weet watse wig die anc tussen rasse indryf ….bv jy moet hoor jy het jou grond gesteel ….alles is nou rasisties noem maar op. Snaaks hoe die wat hulle hele lewe bydae tot belasting nie eers n pension van die staat kry nie en die wat brand en afbreek kry pension en sosial grants …nog n rede tot n wig !

Otter ·

Die ANC terreurorganisasie het nog nooit geglo in ‘n multirassige Mandelatopia nie! Dis net ‘n feëverhaal wat hulle as ‘n alternstiewe teologie verkoop het aan mense wat hulle geloof in God verloor het., met hulle selfgemaakte mens-afgod , Mandela as sentrum. Ons verag die idee, wat in elkgeval teen menslike natuur ingaan.

Prit ·

Yip. Kommuniste sal enige iets uiter om hul sin te kry. Nelson Mandela was n kommunis en terroris. Ek verstom my aan mense se onkunde en hoe maklik mense gebreinspoel word. Dit is werklik skokkend.

John ·

Die wreedaardige reuse swart Adamastor-spookfiguur wat Dias op ‘n stormnag tydens sy seereis om die Kaap sien opdoem het oor Afrika en sy matrose vreesagtig wou omdraai, was ‘n vooruitskouing van wat kom. Dis nou hier.

Maria van Dieweeck ·

Ja Otter, hulle sal wel kry wat hul toekom. Die sterk wolf met die laaaang asem, gaan al die varkies se huise omblaas….

Jan maak n plan ·

Vir die ANC se top struktuur het dit nog altyd net gegaan oor self verryking. Oor die mense om en onder hulle het hulle nog nooit iets voor gevoel nie behalwe om hulle as trappe te gebruik.

hans brits ·

Op ons kniee voor God sal hulle verslaan word.Die einde wink vir hulle.

snoefie ·

give that man (buthelezi) a bells. vir die res, die oordeel kom ons nie toe nie.

tamboti ·

Snoefi, sommer een vir jou ook. Ja hy het ware geleerdheid en ‘n goeie skoot intelligensie, effens langdradig maar nie so propagandisties en grootbek soos die res.

m ·

As hulle dan nou beweer dat die DA nie omgee vir swartes nie dan gee die ANC ook mos ma niks om vir wittes nie………

Nita ·

Zuma weet goed op wie hy hom moet beroep in die land. Die wittes se stem sal hom niks help nie. Ons sal altyd n klein minderheid bly want ons weet wat die koste is om n kind groot en werkgereed te kry. Dus moet Zuma hom beroep op die massas wat net weet hoe om n kruisie op n papier te trek.

Piet ·

KOM ONS BLANKE VOLK GAAN OP ONS KNIEE EN BID TOT GOD VIR 3 DAE ELKE AAND EN EK BELOOF JULLE DAT ONS ALMAGTIG GOD DIE ANC SE KADERS EN PARTY SAL LAAT INMEKAAR VERKRIMEL.MY GELOOF IN MY GOD IS ROTSVAS HY SE TOG IN DIE BYBEL JULLE HULP IS NIE VAN MENSE.NIE MAAR VAN JULLE GOD IN DIE HEMEL WAT WIL JULLE MEER.HE OM JULLE TE OORTUIG DOEN DIT ASB

Maryna ·

Piet jy is reg, Gaan lees Joel in die bybel, al die goed gebeur met ons omdat ons nie meer ons God aanroep nie, omdat ons nie meer op ons knee staan nie. Kom ons doen wat Piet se en bid vir ons land, want wat vir ons onmoonlik is, is vir God moontlik. As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

Albert ·

Solank ons nie net passief bid nie maar ons Godgegewe talente, hardwerkendheid en vernuf om vooruit te beplan ook inspan om onsself op te bou.

KarooKlong ·

Ek wil graag hierdie met julle deel omdat dit vir my so waar klink.

Die regering wat van “Pieter” steel om vir “Paul” te betaal kan altyd op “Paul” se ondersteuning staatmaak. (George Bernard Shaw)

Joann ·

Lig nou die seile hoog,tuur met jou seemans oog,waar is die Kaap waar is die eindpunt van Afrika? Ja ou Dias sal as hy nou gelewe het maar verby gehou het,die land is nie meer wat hy was nie. Ons wittes moet hande vat en bid sonder ophou,ons het afvallig geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.