ANC, EFF reeds haaks oor NVG se nuwe hoof

Julius Malema. Foto: EFF

Die ANC en die EFF het hul eerste groot geveg van hierdie verkiesingsjaar begin, en dit handel oor die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolgings, adv. Shamila Batohi.

Die EFF-leier, Julius Malema, het Batohi se geloofwaardigheid Saterdag in Soshanguve, noord van Pretoria, skerp aangeval tydens die bekendstelling van die EFF se verkiesingsmanifes.

Die ANC het onmiddellik Malema se aanvalle op Batohi veroordeel en Malema behoorlik die kop gewas.

Hoewel Batohi nog maar enkele dae in haar amp is en nog geen noemenswaardige besluite moes neem nie, het Malema reeds aangevoer dat die EFF nie vertroue in haar het nie. Hy het aangevoer sy is in dieselfde politieke faksie as die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, wat een van die EFF se gunstelingteikens is en net mooi geen krediet kry van die party in rooi vir sy pogings om staatsbeheerde maatskappye reg te ruk nie.

Die EFF het al vantevore die mening uitgespreek dat Gordhan deel is van ʼn Indiërkartel wat mekaar bevoordeel en dat Gordhan se dogter op onaanvaarbare wyse sake doen met die staat. Gordhan het nou ʼn lastersaak oor die bewerings aanhangig gemaak.

In Batohi se geval beskik sy oor ʼn indrukwekkende loopbaangeskiedenis wat die posisie van provinsiale direkteur van openbare vervolgings in KwaZulu-Natal en meer onlangs ʼn tydperk verbonde aan die internasionale strafhof in Den Haag insluit.

Uit ʼn strategiese hoek is dit waar dat verskeie hofsake tans hangende is teen verskeie prominente EFF-lede, onder wie Malema. Die nasionale vervolgingsgesag, waarvan Batohi aan die hoof staan, sal oor die vervolging van daardie sake moet besluit, wat hulle per definisie teen daardie EFF-lede te staan sal laat kom.

In so ʼn geval is die verdelingslyne reeds vroeg getrek met die aftekening van Batohi as ʼn vennoot van Gordhan, teen wie die EFF reeds ʼn politieke stryd voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Meerkat ·

Maar Julius, jy was dan destyds direk daarvoor verantwoordelik dat Zuma as president gekies in, ook jy en jou EFF met die aanstelling van Busisiwe Mkhwebane. As mens dus na jou geskiedenis kyk, is dit maar die heel beste dat jy hoegenaamd nie by enige aanstellings betrokke moet raak, of selfs net insette gee nie.

Piet ·

Mense wat so direk met politieke leiers praat. Dink julle nou werklik dat hulle julle kommentaar sal lees? Eish!

Werner ·

Ek stem Piet, onthou hy is ‘n meerkat, hy weet nie van beter nie.

Manie ·

Nee hulle sal nie maar jy en ander lees dit, hopelik verander dit n paar da stemmers na VF+ stemmers

Meerkat ·

Kom ons probeer weer:
Maar Julius was dan destyds direk daarvoor verantwoordelik dat Zuma as president gekies is, ook hy en sy EFF met die aanstelling van Busisiwe Mkhwebane. As mens dus na sy geskiedenis kyk, is dit maar die heel beste dat hy hoegenaamd nie by enige aanstellings betrokke moet raak, of selfs net insette gee nie.

Maljan ·

Manie, jy moet van die pad af wees! Solidariteit, afriforum is weer vandag op die hoflik bedel uit. Almal se fone lui soos hulle nuwe lidmate probeer werf. Wie wil hulle en deur hulle die vf+ nou weer met lidmate ae geld gaan verdedig? Dalk shavamo of malema homself teen gordan?

Derick ·

Malema is bang vir haar, omdat sy eerlik en regverdig is, en nie sy nonsense sal vat nie.
Volle vertroue in haar.
You go girl.

Se maar net ·

Bybel se moet op prinse nie vertrou nie, dink jy is effe haastig. Kyk eers wat gebeur, die belofte is goed maaaar die eend le die eier. En dan moet die eier toegelaat word om uit te broei, iets waarvoor die land nie bekend is nie

Antoinette ·

Malema het ‘n groot anti-Indierprobleem. Dalk moet hy daaraan dink aan die Dokters-Sonder-Grense en Gift of teh Givers projekte wat deur lede van die Indier-gemeenskappe bedryf word. Ook is van die die beste mediese en tandheelkundige chirurge in die land ook van Indiese afkoms.
Sal Malema en sy trwante dalk vir onsd ‘n guns doen en verduidelik wat hulle vir die gemeenskap, ENIGE gemeenskap in die land doen? Al wat hulle hy kan doen is gil en skree en onmoontlike beloftes maak wat nooit sal kan realiseer nie. Hoe dink die arme drommel gaan hy beloftes van gratis opleiding, gratis water en e-lec-triii-city soos hy praat nakom? Gaan hy daarvoor betaal? Die swart gemeenskap is nie onnosel nie. hulle het baie uit die ANC se wind-beloftes geleer.

CW ·

Ja se maar net, die eend word gewoonlik van die nes afgejaag voor die eier kan uitbroei, Jakop is veral goed daarmee, ons sal moet sien wat cr doen as die dinge te naby aan sy lyf kom

Leon Stevens ·

Sy sal nie haar termyn kan volhou nie want haar ouderdom tel teen haar. Sy is amper 65 wat die afsnydatum is vir regeringsamptenare.

TINRsa ·

Waar kom jy daaraan? As sy amper 65 is lig ek my hoed vir haar. Sy lyk baie goed!!

HPV ·

So, 6% malema sê nou wie aangestel moet word. Ag aseblief, druk sy fopspeen terug in sy mond sodat hy ophou skree.

Irma ·

Ja nee keer ou maat, hierdie NVG hoof gaan julle uitsnuffel. Aanval was nog altyd jul enigste manier van verdediging. Dit behoort interressant te raak.

What a joke! ·

Albei partye soek iemand in die NVG in bestuur wat na hul eie vrot korrupte belange sal omsien punt!Soos n kat op n warm sink plaat…

Boet Fasie ·

Ek ” like ” haar oor ‘n honderd , dit lyk of daar nog vonke gaan spat op politieke grond, en die leiers bekommerd is oor wat uitgevind gaan word.

Maljan ·

Manie, jy moet van die pad af wees! Solidariteit, afriforum is weer vandag op die hoflik bedel uit. Almal se fone lui soos hulle nuwe lidmate probeer werf. Wie wil hulle en deur hulle die vf+ nou weer met lidmate ae geld gaan verdedig? Dalk shavamo of malema homself teen gordan?

Ramkat ·

Of dit kan gesien word dat as hy nou so hewig teen haar te velde trek, sy n wrok teen hom gaan koester en dus aandring dat die sake nie meriete het nie. Hy dink alweer hy is slim.

Schalk ·

Vandat aangeklagtes die reg ontvang het om in die publieke oog steun te werf teen n nie aangeklaagde persoon is ons in gemors.Aangeklagtes is aangekla omdat hul handels wyse teen die norm van die bree gemeenskap is.Hou dus jou bek totdat jy onskuldig verklaar word.Julle behoort aangekla te word crimen injuria n politieke figuur val nog steeds onder die lands wette.Cyril wat maak jy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.