ANC, EFF verskil in voorleggings oor grondonteiening

Julius Malema, EFF-leier, se party se benadering tot grondonteiening sonder vergoeding verskil van dié van die ANC. Foto: EFF via Facebook

Die ANC sowel as die EFF wil voorstel dat die Grondwet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding, maar op verskillende maniere.

Die ANC-voorstelle is aansienlik minder ingrypend as dié van die EFF.

Dit blyk uit die voorlopige weergawes van die voorleggings wat albei partye by die parlement se ad hoc-komitee oor die hersiening van die Grondwet gaan indien, wat Maroela Media onder oë gehad het.

Politieke partye het nog tot Maandag om 16:00 geleentheid om hul standpunte in te dien, en die verwagting is dat die DA, UDM, VF Plus, ACDP en Cope dit nader aan die spertyd sal doen.

Die ANC voer in sy aanbevelings aan dat artikel 25 van die Grondwet reeds implisiet voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, maar dat dit eksplisiet gestel moet word in ʼn grondwetwysiging, sodat die meerderheid Suid-Afrikaners die kans kan kry om deel te hê aan grondeienaarskap, voedselsekerheid, voedselproduksie en grondhervorming.

Die ANC se voorkeur is vir ʼn gemengde stelsel van grondbesit wat eintlik baie soos die huidige stelsel lyk. Dit sluit in private besit met titelaktes, staatsbesit van grond en kommunale grondbesit wat in trust gehou word deur tradisionele leiers.

Die ANC meen nietemin dat die parlement artikel 25 van die Grondwet dringend moet wysig, dat die parlement en die kabinet moet verseker dat alle wetgewing met betrekking tot grondhervorming dringend uitgevoer word en dat die verblyfreg van plaaswerkers en diegene wat op stamgrond woon, verseker moet word.

Die EFF wil hê dat grond, water en natuurlike hulpbronne genasionaliseer moet word om deur die staat beheer te word namens die bevolking.

Daarteenoor sluit die EFF se voorstelle ter verandering van die Grondwet weliswaar ook in dat onteiening sonder vergoeding eksplisiet as moontlikheid gestel word, maar dit bevat ook verdere en op die oog af teenstrydige voorstelle.

Die EFF wil hê dat grond, water en natuurlike hulpbronne genasionaliseer moet word om deur die staat beheer te word namens die bevolking.

Alle grond moet dus sonder vergoeding onteien word en onder staatsbeheer geplaas word.

Die staat moet volgens die EFF stappe doen om toegang tot grond te vergemaklik met inagneming van die voortgesette rasse-ongelykhede.

Geen huur mag vir grond gevra word nie – dit moet omgesit word in grondgebruikersregte wat oorgeërf kan word.

ʼn Wetsontwerp op Grondverdeling moet volgens die EFF aanvaar word om ʼn Staatsagentskap vir Grondbestuur te stig, en te verseker dat plafonne geplaas word op die hoeveelheid grond wat ʼn individu kan besit.

Die debat oor wat in die ad hoc-komitee se verslag gaan staan sal volgende Dinsdag, Woensdag en Donderdag in die komitee plaasvind, en die voorstelle behoort binne die volgende tien dae afgehandel te word, waarna die Nasionale Vergadering die voorstelle sal aanvaar of verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
frikkie

Ja nee EFF kyk hie mooi bestuur die STAAT dinge soos SAL, SABC, DENEL, ESKOM. Soos met al die ander goed as die STAAT beheer daaroor kry in die land is dit moertoe

Uiltjie

Ai! Ai! Julias! Julias! Julias! Bly weg van grondsake AF en bemoei jou met advertensies(nandos) of enige ander ding!

Andre

Kan iemand vir my se wat rook malema en sy skoot hondjies ek soek ook van dit asseblief

Alida

Ag wie steur hulle nog aan Julius. CR weet mos wie is die meerderheid?

Staak saam

Die vet weet alleen, ons kan skree “staan saam” en ons kan nog petiesies teken, ons kan selfs geld insamel vir Steve om vir Trump te gaan kuier en ons kan se, stem vir die of daai. Feit bly staan, die ANC en EFF het op hierdie pad geklim om op hom te bly. Is ek die enigste blanke wat kan sien dat die ding op n oorlig gaan uitloop, as jy dit ook raaksien gebruik dan hierdie tyd wat oorbly optimaal. Ek kan geen ander uitweg sien behalwe dat onskuldige bloed gaan loop nie. Kan die politieke partye dit… Lees meer »