ANC, EFF verskil in voorleggings oor grondonteiening

Julius Malema, EFF-leier, se party se benadering tot grondonteiening sonder vergoeding verskil van dié van die ANC. Foto: EFF via Facebook

Die ANC sowel as die EFF wil voorstel dat die Grondwet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding, maar op verskillende maniere.

Die ANC-voorstelle is aansienlik minder ingrypend as dié van die EFF.

Dit blyk uit die voorlopige weergawes van die voorleggings wat albei partye by die parlement se ad hoc-komitee oor die hersiening van die Grondwet gaan indien, wat Maroela Media onder oë gehad het.

Politieke partye het nog tot Maandag om 16:00 geleentheid om hul standpunte in te dien, en die verwagting is dat die DA, UDM, VF Plus, ACDP en Cope dit nader aan die spertyd sal doen.

Die ANC voer in sy aanbevelings aan dat artikel 25 van die Grondwet reeds implisiet voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, maar dat dit eksplisiet gestel moet word in ʼn grondwetwysiging, sodat die meerderheid Suid-Afrikaners die kans kan kry om deel te hê aan grondeienaarskap, voedselsekerheid, voedselproduksie en grondhervorming.

Die ANC se voorkeur is vir ʼn gemengde stelsel van grondbesit wat eintlik baie soos die huidige stelsel lyk. Dit sluit in private besit met titelaktes, staatsbesit van grond en kommunale grondbesit wat in trust gehou word deur tradisionele leiers.

Die ANC meen nietemin dat die parlement artikel 25 van die Grondwet dringend moet wysig, dat die parlement en die kabinet moet verseker dat alle wetgewing met betrekking tot grondhervorming dringend uitgevoer word en dat die verblyfreg van plaaswerkers en diegene wat op stamgrond woon, verseker moet word.

Die EFF wil hê dat grond, water en natuurlike hulpbronne genasionaliseer moet word om deur die staat beheer te word namens die bevolking.

Daarteenoor sluit die EFF se voorstelle ter verandering van die Grondwet weliswaar ook in dat onteiening sonder vergoeding eksplisiet as moontlikheid gestel word, maar dit bevat ook verdere en op die oog af teenstrydige voorstelle.

Die EFF wil hê dat grond, water en natuurlike hulpbronne genasionaliseer moet word om deur die staat beheer te word namens die bevolking.

Alle grond moet dus sonder vergoeding onteien word en onder staatsbeheer geplaas word.

Die staat moet volgens die EFF stappe doen om toegang tot grond te vergemaklik met inagneming van die voortgesette rasse-ongelykhede.

Geen huur mag vir grond gevra word nie – dit moet omgesit word in grondgebruikersregte wat oorgeërf kan word.

ʼn Wetsontwerp op Grondverdeling moet volgens die EFF aanvaar word om ʼn Staatsagentskap vir Grondbestuur te stig, en te verseker dat plafonne geplaas word op die hoeveelheid grond wat ʼn individu kan besit.

Die debat oor wat in die ad hoc-komitee se verslag gaan staan sal volgende Dinsdag, Woensdag en Donderdag in die komitee plaasvind, en die voorstelle behoort binne die volgende tien dae afgehandel te word, waarna die Nasionale Vergadering die voorstelle sal aanvaar of verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

frikkie ·

Ja nee EFF kyk hie mooi bestuur die STAAT dinge soos SAL, SABC, DENEL, ESKOM. Soos met al die ander goed as die STAAT beheer daaroor kry in die land is dit moertoe

Wdp ·

EFF wil dit juis so hê want hulle dink hulle gaan volgende jaar regeer. Wat is hulle nie dan backfire hulle planne en is alles in anc hande. Mooi vooruit gedink effersß

Uiltjie ·

Ai! Ai! Julias! Julias! Julias! Bly weg van grondsake AF en bemoei jou met advertensies(nandos) of enige ander ding!

Andre ·

Kan iemand vir my se wat rook malema en sy skoot hondjies ek soek ook van dit asseblief

Alida ·

Ag wie steur hulle nog aan Julius. CR weet mos wie is die meerderheid?

Jan ·

Alida jys veekeerd cr en eff werk nog al die jare saam hulle bluf jou…

Staak saam ·

Die vet weet alleen, ons kan skree “staan saam” en ons kan nog petiesies teken, ons kan selfs geld insamel vir Steve om vir Trump te gaan kuier en ons kan se, stem vir die of daai.
Feit bly staan, die ANC en EFF het op hierdie pad geklim om op hom te bly.
Is ek die enigste blanke wat kan sien dat die ding op n oorlig gaan uitloop, as jy dit ook raaksien gebruik dan hierdie tyd wat oorbly optimaal.
Ek kan geen ander uitweg sien behalwe dat onskuldige bloed gaan loop nie.
Kan die politieke partye dit nie raaksien nie, waarsku almal tot iemand luister maar moet net nie ophou waarsku nie.

Jan ·

Die politieke parye kan dit wel raaksien.jy is die een wat blind is.al die politici werk saam en hulle wil juis verarming en konflik he sodat alamal behalwe hulself arm kan wees.hulle weet alles wat jy se maar jy verstaan nie hulle agenda nie…

j ·

Is daar iets tussen die ore….of is dit net ‘n lugleegte? Enigiets juit die mond om stemme te werf….

Jan ·

As die afrikaners dink trump gaan hulle kant vat maak hulle n geweldige fout want trump is aan die kommuniste se kant hy steek dit net goed weg.trump bluf net die regses hy bedoel geen woord wat hy se nie.hy werk saam met china en ander diktators…

Piet ·

Staaf asb wat jy nou se met feite Jan. Trump is dan besig om bykans alle handel met China te verbreek terwyl die liberaliste omtrent stuipe daaroor kry. Wat het hy gedoen in die geheim dat jy se hy werk saam met China?

Gerhard ·

Almal kla oor die EFF, maar sien nie die nagevolge van die ANC se beleid raak nie. Binnekort sal plaaswerkers in elk geval reg tot jou grond hê as hulle hul sin kry. In werklikheid sal die verskil op grondvlak min van mekaar verskil. Die ANC neem net langer om daar uit te kom. ‘n Paddapot strategie.

Landsburger ·

Die manier hoe die ANC en EFF die wetswysiging vinnig deur die parlement wil stoomroller, is direk in teenstelling met wat Glynnis Breytenbach Woensdagaand op Kyknet Verslag gesê het nl. die portefeulje komitee oor grondbesit se finale bevinding sal beslis NIE voor die 2019 verkiesing voltooi wees nie.
Nietemin, volgens my, sal CR sy hande vol hê om die grondgryper populiste in toom te hou. Die golf van sosialisme wat oor die land spoel, is onkeerbaar.

Werner ·

ANC bluf net die buitelandse beleggers op ou end moet hulle die EFF se beleid volg anders verloor hulle die stemme vir die verkiessing moennie dat julle ook gebluf word nie

John ·

CR skuil al die pad onder die verflenterende Mandela-towermantel, reeds twee dekades oud. Hy het gou dik vriende geword met Saoedi-Arabie om ‘n magtige ondersteuningsnetwerk te bou. Jemen, wat baie mense uit Afrika huisves, word nie goed behandel deur hierdie selfde vriend nie weens die drang na groter grondgebied. Ons sal dalk baie verbaas wees om na baie jare ‘n beeld te kon kry wat toe in SA gebeur het… wie hier geseevier het en hoe dit hier lyk na al die baklei oor hierdie strategiese suidpunt veral as goud weer herwaardeer word.

John ·

CR skuil al die pad onder die verflenterende Mandela-towermantel, reeds twee dekades oud. Hy het gou dik vriende geword met Saoedi-Arabie om ‘n magtige ondersteuningsnetwerk te bou. Jemen, wat baie mense uit Afrika huisves, word nie goed behandel deur hierdie selfde vriend nie weens die drang na groter grondgebied. Ons sal dalk baie verbaas wees om na baie jare ‘n beeld te kon kry wat toe in SA gebeur het… wie hier geseevier het en hoe dit hier lyk na al die baklei oor hierdie strategiese suidpunt veral as goud herwaardeer word.

John ·

Die invloed van fopnuus en 007 het die breine van die pers en die wereld erger beskadig as dagga & kie. Films en berigte is propaganda, self kinderverhale dra ‘n boodskap. Ons word na ‘n nuwe paradigma verlei/bestuur. Versoening is die wagwoord: Gee jou hart vir Hillbrow; staan jou eiendom af; berus as jy/jou naaste aangerand word, smile net; aanvaar dit as jy/jou kind nie werk het nie.. Daar is ook ‘n woord in die ou woordboek, onversoenbaar. Die Bybel noem leuens, afgode, diefstal… en… lees die 10 gebooie. Die Vader versoen hom nie met die verkeerde nie… en daar le straf voor vir valse dwase…

Maljan ·

Hoekom is net die anc en eff se begeertes oor die saak van belang? Tel die ander, da, cope, acdp, vf+ ens se sieninge un die verband nie of is hulle almal teen grond diefstal?

Judge Dredd ·

Aan die EFF – hoe erf mens grond wat aan die staat behoort ?

bgj van der westhuizen ·

as dit so aan gaan sal ons binne kort plakkerskamp land wees ales vrvalle en dan stap groot broer china in om te help en neem die land oor

Katerina ·

En Dit is omtrent die beste wat ons blankes voor kan hoop.

LHS ·

Verbeel ek my of brand Julius se vlam nie meer so helder nie, almal wat hom wou omhels het dit nou klaar gedoen maar niemand vêrder lyk my stel in die nar belang nie.

Lance ·

Wag vir Cherokee se kommentaar,een van min persone met sinvolle kommentaar.Hy ken sy politiek.

Piet ·

Jip Lance, hy en Casper Labuschagne en ek dink John ook. Cherokee sou ek graag wou ontmoet want my pa is oorlede voor ek regtig met hom kon politiek praat. Ek sal nie verbaas wees as Cherokee ook al bietjie lank in die tand is nie. Hy en my pa sou waarskynlik oor baie goed saamstem, hoewel ek dink Cherokee kan bietjie wintie wees.

Cherokee ·

My dankie sê aan Lance is om een of ander onverstaanbare rede nie geplaas nie. Dankie Lance. MM is uitputtend.

Cherokee ·

Dankie Piet, vir raak raaiskote veral by die wintie raakvatting:-) Laat my dit toe in my jeugdigheid. Ek geniet hierdie forum en dit is lekker om maats te wees met skerp mense soos julle. Maar gaan nie toelaat dat onbevoegde webmeesters toelaat dat ek afgekraak word deur mense wat onder my naam skryf, nie. Ek het Maroela mees as een keer gevra wie skryf onder my naam en hulle ignoreer dit maar plaas dit steeds. Maroela Media is dus onbevoeg en onbetroubaar. Ek wil graag verantwoordbaar wees vir alles wat ek sê maar nie in ‘n forum waar elke jan rap en sy maat toegelaat word om my naam te gebruik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.