ANC, EFF wil hof nader oor mosie teen Solly

Lede van die EFF en ANC buite die Tshwane-raadsaal (30 Augustus 2018) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

ANC-raadslede het Donderdag uit die Tshwane-raadsaal gestap en onderneem om by die EFF in ʼn hofaansoek aan te sluit om speaker Rachel Mathebe te dwing om ʼn mosie van wantroue in beleërde burgemeester Solly Msimanga toe te laat.

Mathebe het aangekondig die mosie, wat deur die ANC-leier in die stadsraad, Mapiti Matsena, gebring is, bly op die agenda.

Lede van die EFF het vroeër ontstoke die raadsaal verlaat en gedreig om die hof te nader nadat Mathebe dié party se mosie van wantroue teen Msimanga van die hand gewys het. Maroela Media het vroeër berig die mosie van wantroue deur die EFF voldoen nie aan die reëls nie.

Msimanga, ʼn lid van die Demokratiese Alliansie, word deur die EFF en die ANC beskuldig dat hy nie optree teen korrupsie en wanadministrasie nie.

Streeksleier van die EFF in Tshwane, Benjamin Disoloane, het gesê hul mosie het “aan alles voldoen”. “Ons het selfs [die speaker] se kantoor genader sodat ons nie vandag moet ervaar wat jy nou sê nie.”

Disoloane het gesê as die speaker nie haar besluit terugtrek nie, sal die opposisieparty die hof nader. “Die gemeenskap van Tshwane moet weet dat dit wat met [Athol] Trollip gebeur het, ook hier gaan gebeur. Ons gaan nie opgee nie. Ons gaan bly baklei en seker maak dat Solly Msimanga nie die burgemeester van hierdie stad is nie.”

Trollip, DA-burgemeester van Nelson Mandelabaai, is vroeër vandeesweek onverwags uit sy kantoor geskop en vervang deur die UDM se Mongameli Bobani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DS ·

Ongeletterd weet nie eers hoe om die mosie reg te gedoen het nie. Go Speaker jy het hulle mooi op hulle plek gesit – vir nou….

Alida ·

Hulle vergiftig mens se siel. Solly gaan nerens heen nie. Beste wat ons nog gehad het.

Johann cb ·

Deesdae word alle besluite in ons howe geneem, veral as dit by politiek kom! En dit is die belastingbetaler wat daarvoor betaal! Nog ‘n vorm van staatskaping, so onder ons neuse…

Staak ·

En steeds glo mense dat hulleby die stembus sal kan wen.
Hulle gaan hulle sin kry op die een of ander manier, al moet hulle ook die stad afbrand.
Ek se dit weer, demokrasie werk net in n homogene samelewing en ons is dit nie!

lerato ·

‘ n Kennis vertel my dat hulle as PE inwoners bankvas gestaan het om ‘n gematigde regering te kry. Hy vertel ook hoe Trollip drasties teen korrupsie opgetree het.

So Pretorianers staan sterk. Elke vakante setel moet deur gematigdes gewen word

Daan ·

Was vandag in Pretoria. Gevoel ek is in die Kaap. Alles skoon en ordelik. Het op Radio Pretoria die volgende gehoor en dit is so waar.
Twee belangrike punte:
1. Die oorspronklike rede hoekom Solly daar beland het as Burgermeester was juis agv die anc se swak bestuur van Pretoria en Tswane se daaropvolgende bankrotskap. Nou wil hul weer oorneem omdat daar weer geld is. Om die geld onder andere te gebruik vir 2019 verkiesing?
2. eff groei nie in ledetal nie. Klim hul saam met anc in die bed is daar geen rede vir hul huidige lede om te bly in die party nie . Hul het juis eff aangesluit teen korrupsie.

My vraag?
Het Siener van Rensburg nie gepraat van tydperke wat “hul” gaan regeer nie? Is dit die einde van die tydperke?

PLP ·

Ag hel dans die ou rooi span al weer. Raak hulle nie moeg daarvan nie. As ons ontevrede is dans ons. As iemand iets leliks van ons se dans ons. Het die mense nie werk nie, of word hulle gehuur deur die EFF om te dans en nommers op te maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.