ANC eis ondersoek oor ‘rassisme’-video by Maties

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die ANC het Dinsdag in die parlement woedend gereageer op ʼn dokumentêre video waarin swart studente vertel hoe daar teen hulle gediskrimineer word by die Universiteit Stellenbosch (US).

Die 34-minute lang video genaamd “Luister” is op 20 Augustus op YouTube gelaai. In die video praat 32 studente van die US en die Elsenburg-landboukollege terwyl ʼn dosent hulle uitvra oor hul ervarings by die universiteit. Die studente vertel in die video van rassistiese gedrag teenoor hulle by die instansie waar die dominante onderrigtaal Afrikaans is.

Moloto Mothapo, hoofsweep van die ANC, het gesê die studente het hulle uitgespreek oor hul “skokkende persoonlike ervarings van geïnstitusionaliseerde rassisme, diskriminasie en teistering [waaronder] hulle steeds ly bloot weens hul velkleur”. Mothapo het gesê die dokumentêr bewys dat studente onwelkom voel in hierdie voorheen “slegs-blanke hoëronderriginstansie”.

“By hierdie universiteit het dit alledaags geraak vir wittes om na swart studente te verwys deur die k-woord te gebruik, vir swart studente om fisies en verbaal mishandel te word sonder enige ingryping van die universiteitbestuur, vir swart studente om te sukkel omdat hulle gedwing word om in lesings te sit wat in Afrikaans aangebied word wat hulle nie verstaan nie en vir swart studente om onwaardig te voel.”

Mothapo het gesê dit is onaanvaarbaar dat die US ná 20 jaar van demokrasie steeds “’n enklawe van wit heerskappy en apartheidkultuur is waar jongmense in die nuwe, vrye Suid-Afrika moet ly onder dieselfde vernedering wat hul voorsate moes verduur het”. Hy het gesê die ANC spreek onomwonde hul solidariteit met die swart US-studente uit.

Volgens Mothapo sal die ANC die voorvalle in die video ondersoek en verwag hulle dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die portefeuljekomitee vir hoër onderrig dringend die bewerings ondersoek en met al die relevante partye vergader.

“Die beweerde rassistiese praktyke by Universiteit Stellenbosch het geen plek in ons vry en demokratiese samelewing nie.”

Die video is deur die gebruiker Contraband Cape Town op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zahn ·

En nie een van die bewerings kon geboekstaaf word nie. Weereens ‘n eenogige weergawe. Ek sal laaik om te weet, as jy voor die tyd weet dit is ‘n hoofsaklik Afrikaanse instituut, en jy nie die taal magtig is nie, wat gaan soek jy daar? Maar nou ja, die nuwe baas het mos met sy aanvaarding gesê, Stellenbosch is nog steeds te Afrikaans, nog steeds te wit. Ek sou skaam gewees het om so openlik te sit en lieg voor ‘n kamera.

Kaspaas ·

Ek wonder hoe hulle die Afrikaanse aansoekvorms van ‘n Afrikaanse instituut ingevul het as hulle nie Afrikaans verstaan nie.

Hennie ·

Hoekom word die blankes altyd as die skuldiges uitgewys. Wat van omgekeerde rassisme. Ons moet maar net slegs stilbly en alles gelate aanvaar. Wat sal gebeur sodra ons elke woord wat hulle gebruik om die blanke Suid Afrikaner te beskryf (boer, whity…..) ‘n ophef oor maak en dan kla dat dit rassisties is? Ek het nie die video gekyk nie en stel ook nie belang nie omdat ander etniese groepe altyd die “martelare” of die “agtergeblewenis” is. Indien jy vooruit wil gaan moet jy nie bly terugkyk nie. Word deel van die oplossing en bly nie deel van die probleem nie!!!!!!!

pop ·

Ne!!!! Nou moet die storietjies wat sommer uitgedink kan wees ondersoek word. Maar die parlement sal nie een keer ingryp as ons wittes sleggese en behandel word nie. Nie een keer is dit gevra die swart kinders wat ons standbeelde so gruwelik onsentitief behandel het moet ondersoek word nie. So dit tel net vir ons, die rassisme aantygings. Mooi mnr Zuma, dis demokrasie op sy beste. Hiers n wenk. Daars BAIE universiteite vir swart kinders (en daar voel ons kinders baie onwelkom) so bly uit die OU universiteite van die afrikaanssprekendes. Gun ons ook darem n plek om te leer.

anet ·

‘n regte klomp “cry babies” kan nie so bietjie van hulle eie medisyne hanteer nie.

Sharon Anderson ·

Dit is ‘n demokratiese land, gebruik jou demokratiese reg en kies ‘n universiteit waar jy tuis voel!

anne ·

Dit moet darem verskriklik erg wees om na twintig jaar waar hulle alles gekry het steeds ongeletterd te wees.

Manie ·

Uitstekende georkestreerde opname met die hoofdoelwit om mense teen Afrikaans op te staan.
Enige een kan dit doen, en dit is baie laag en gemeen om dit op die wyse te doen.
van die Deelnemers ksn nie eers Engels behoorlik praat nie!

CHRISTA ·

Ek hoop dat die ANC ook EIS dat die rassistiese aanval en behandeling van Douglasdale se SWART polisiemanne teen BLANKE manne gepleeg is!!! ANC ONTHOU: ons is veronderstel om ALMAL dieselfde regte te hê!!!!!

kloekie ·

Komplot om nog n afrikaner bastion af te breek. Hul kan niks opbou nie. Net afbreek.

Martin ·

Ek is jammer om dit te se maar die vidoe wat hier speel is net ‘n klomp leuns en op gemaakte stories om van die wittes ontslae te raak .Die punt is hoe is jy op unversiteit met ‘n matriek sertifikaat , as jy op universteit is moet jy afrikaans engels Zuli Xhosa gemagtig wees as hulle rerig hard gewerk het sou die afrikaans nie n probleem gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.