ANC en DA kop aan kop in Pretoria

verkiesing ovk uitslagsentrum pretoriaDaar heers Donderdag teen middagete nog ʼn verbete stryd tussen die ANC en die DA om in Pretoria aan bewind te wees, gebaseer op die stemme wat reeds in vanjaar se algemene verkiesing getel is.

Uit die 35 719 stemme wat reeds getel is, loop die ANC voor met 15 765 stemme (44.14%) en die DA is kort op sy hakke met 14 659 stemme (41.04%).

Die Vryheidsfront Plus was derde met 2 248 of 6.29% van die stemme, terwyl die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) 1 881 stemme verwerf het.

In die nasionale verkiesing van 2009 het die ANC koning gekraai met 61.07% van die stemme, en het hulle 59.95% in Gauteng verwerf. Die DA was nasionaal tweede met 24.90% en tweede met 25.06% in die provinsie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DARIO ·

Die ANC loop nie voor asgevolg van korupsie nie die ANC loop voor in die verkiesing omdat kiesers in alle provinsies glo die ANC is die nog die party wat die land en sy mense vorentoe vat, julle wat dink die kiesers is stupid dink weer 64% van die kiesers kan nie so verkeerd wees nie hoekom kan die 24% nie stupid wees nie, alweer n swart en wit storie as jy vir n wit party stem is jy reg en as jy vir n swart party stem is jy verkeerd of stupid. bog LONG LIVE THE ANC

Martihus ·

Dario
Hier gaan dit nie om wit of swart nie, ek is bly jy en 64% van die land se kiesers stem nog vir die droom, goed vir jou, besef jy dat jou stem soos die massas aan n president wat duidelik korrup is, die vryheid en goedkeuring gee om jou belastingeld verder te mors. Hy is per hoeveelheid inwoners by verre die duurste president in die wereld, ek kyk nie na ras nie, ek kyk na paaie tussen Lydenburg en Waterval Boven wat na 20 jaar nie meer bestaan nie, ek kyk na genoeg geld gesteel uit parlement dat elke inwoner van SA n baie goeie huis kon kry, ek kyk na skole waar kinders in putte val in die Limpopo en daar doodgaan, noem jy dit menswaardig? Noem jy dit goeie diens? Hoe vergelyk ons met ander Afrika lande? In die laaste paar jaar het Nigerie ons verby gesteek as die ekonomiese mag in Afrika en is ons nie ver van nog terugval nie, werkloosheid – as jy die syfers vat van die wat nie meer werk soek nie saam met die amptelike syfers – was in 20 jaar nie so hoog soos nou nie, daar is onder Zuma minder werk, swakker infrastruktuur, swakker ekonomiese groei, skole sonder handboeke, en die lys gaan aan, ek was onlangs vir n toer deur die Kaap en dit is n ander land as Gauteng, so ek kan sien dat die DA beter regeer, haal jy jou rasklappe af en besef die wat teen die ANC stem besef die land kan baie beter af wees, net omdat die meerderheid destyds geglo het die aarde was plat, was hulle reg? Suid Afrika besef nie dat ons elke 5 jaar n totaal nuwe korrupsie vrye regering kan kry nie, as een nie baie goed doen nie, kies n ander een, maar moenie vir my se dat ons tans die mees effektiefste regering in die wereld het met die minste korrupsie nie, want ons het nie, en as ons nie gereeld ons regering verander en hulle op hul tone hou nie, gee ons vir die ANC die groen lig. So jy weet jy mag nie n woord se oor Nkandla, E-tolls en ek neem aan jy het jou skuifie, swak paaie, beurtkrag, of enige ander swak dienslewering nie, want jy staan agter die party verandwoordelik en se vir hulle dat hulle fantasties is en moet aangaan soos hulle aangaan, jy is die een wat duidelik nie tot logiese denke kan oorgaan nie, ek het al ANC gestem maar besef dat hulle pateties geword het en ons land verdien baie meer, maar 65% van ons land kan nie dit raaksien en besef dat verkiesings om die land se welstand gaan nie… Ek weet nie hoekom ek jou antwoord nie, want jy verstaan sekerlik ook nie wat ek se nie, en gee duidelik niks vir jou land om nie. Moenie te ver op die see vaar nie, jy gaan van die aarde val as jy oor die rant gaan, die aarde is nog plat vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.