‘ANC en EFF lieg vir die mense oor grondkwessie,’ sê DA

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Die DA het gesê dit is hoogs immoreel van die ANC en EFF om valse hoop te skep by desperate Suid-Afrikaners dat hulle eendag sal grond besit.

“Dit is hoogs onstellend dat die ANC en die EFF hierdie grondverhore wat tans plaasvind gebruik om reg oor die land aan te hou om vir mense te lieg oor die besit van grond,” het Thandeka Mbabama, woordvoerder van die DA gesê.

Die DA meen die waarheid is eenvoudig. “Die ANC en die EFF glo die staat moet die alleeneienaar van die grond wees en mense moet dit by die staat huur. Dit beteken dat die mense wat hierdie verhore bywoon met die hoop dat hulle binnekort grondeienaars gaan word geen huursekerheid sal hê nie, hulle sal net huurders wees en die ANC en sy korrupte netwerk dien,” het Mbabama gesê.

Die DA het gevra hoeveel mense regtig verstaan dat die voorgestelde veranderinge aan die grondwet om die regering toe te laat om grond sonder vergoeding te onteien die teenoorgestelde uitwerking sal hê.

Die DA meen mense het gely onder ʼn geskiedenis van die ontkenning van grondeienaarskap. “Die DA glo dit is nie die grondwet wat die mense in die steek gelaat het nie, maar die ANC.”

“Ons boodskap aan Suid-Afrikaners wat die verhore bywoon sal steeds wees dat as die DA se plan vir grondhervorming ʼn dekade gelede geïmplementeer is, honderde duisende Suid-Afrikaners nou al trotse grondeienaars sou gewees het.”

Mbabama het gesê dat ʼn DA-regering gesamentlike grond sou gee vir dié wat daarop woon en titelaktes aan stedelike behuisingsbegunstigdes gegee sou word. “Vrywillige aansporingsooreenkomste sal dit vir plaaswerkers moontlik maak om aandele in die plase waarop hulle werk te besit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Paul ·

Dit is wat almal wat hier op Maroela al vir baie lank rubrieke en artikels skryf van meet af gesê het, ook diegene wat onderaan daardie skrywes kommentare gelewer het. Miskien is daar tog aan die einde van die tonnel ‘n liggie, maar moenie daarop reken nie, die ANC sal met alle mag daai kers probeer doof … of ‘n ander storie spin.

Wouter ·

Dis reg as hulle aandele in my grond kry maar dan moet hulle ook dieselfde persentasie aan wins en verlies deel. Maw alle inkomste en uitgawes.

Paul ·

Hulle sal net aandele kan kry as daar opbrengste was, maar niks as daar verliese was, en dit aan die einde van die finansiële jaar. Sal dit hulle geval? Die DA en almal wat altyd van aandele praat vir werkers is baie wys omdat dit mooi klink, maar dis nie prakties vir die werker nie. Plaas dat hulle eers met die werkers gesels voor hulle sulke uitlatings maak.

Al ·

As daar aandele gegee moet word, en dis ñ lui plaaswerker of ñ skollie, hoe gaan dit die res van die aandeelhouers beskerm?

Gerhard ·

“DA sê….”. Ewe skielik het hierdié opportunistiese nar ook begin praat. Bly liewers stil, want ‘n stem uit die kombuis geniet geen aandag nie.

Dafer ·

DA, as julle erns het met hierdie saak, vat dit na die ANC toe en sort dit uit – VOOR DIE VERKIESING!!!! Moet dit nie belowe as julle platform nie want dan lieg julle ook.

Wilma ·

Hu kan ek van my werkgewer verwag om mede eienaar van sy besigheid te word sonder dat ek n sent betaal. Dis verregaande

Johann ·

My gedagtes presies. Hierdie uitsprake van grond skep doelbewus die verwagting by mense dat hul gratis grond gaan kry. Bloot propaganda om stemme te werf want die ANC is maar benoud oor die volgende algemene verkiesing.

Ek voorspel egter die hoopvolles gaan kort na die verkiesing besef dat hul ‘n rat voor die oë gedraai is. Hul gaan woedend wees indien die oordra van grond nie vinnig genoeg of op die wyse geskied wat hul verwag het nie… Twee raaie wat gebeur dán…. Absolute chaos.

Sieg ·

Baie mense gaan nog honger gaan slaap in die land as die ANC die boere weg jaag, maak julle gereed vir brood pryse van R1000, kg mieliemeel R500 en dit is maar net die minste. Maar gaan voort ANC julle gaan die nasie skade berokken.

Sarel ·

En raai wie gaan beskuldig word vir die nie praktiese uitvoerbaarheid van die opportunities planne, natuurlik die grondeienaars . Dan sal jy grondgrype en nog meer moorde sien gebeur .

Hendrik UAE ·

En die beste is dat ons belasting aangewend word om ons mense te onderdruk en verarm.

Riaan ·

Hoekom vesprei die D A nie fotos van SPOG PLASE wat aan die GROND EISERS gegee is nie aan die al die LANDE nie.Dan kan die al die LANDE sien wat besig is om met ons PRAGTIGE LAND SUID AFRIKA gebeur.

Dup ·

Die DA het nou gesnap wat Bennie van Zyl van TLU lank terug al gesê het.

Ray ·

Ek sien die nuutste storie wat selfs aan die Zulu koning vertel word is, moenie worry ons gaan al die grond vat, en dan gaan ons dit weer vir jou teruggee.

Sjoe klink so na ‘n verhaal uit die 90’s. Is daar nie maar sulke dinge belowe oor die onderhandelingstafel deur die ANC daai tyd ook nie.

Wat is die verskil nou?

marous ·

Gaan hulle erfbelasting betaal ? Gaan hulle akte fooie betaal ?

Hennie ·

‘n Kommunistiese beginsel, met ‘n president wat in die kapitaal rol. CR het beheer oor verskeie maatskappye en sakebelange, MacDonalds in SA behoort aan hom.

JSO ·

@Hennie – McDonalds SA behoort al vanaf 2016 aan MSA Holdings, ‘n maatskappy gebaseer in United Arab Emirates.

Jef ·

CR het nie beheer oor maatskapye nie, niks behoort aan hom nie en al sou hy aandele of ander bemoeienisse in maatskapye in SA he behoort dit nog nie aan hom nie.
CR is jammer genoeg president van SA wel aangewys maar nie verkies nie.
CR stem saam met die grondgrypkwessie want dis hoe hy immers ook aan sy grond gekom het, maar hy jaag sy eie mense weg wat sy onregmatige grond onregmatig betree.

Jef ·

Hi Jef, ek maak n punt om alle kommentaar te lees om n gevoel te kry van ons situasie (by ander mense). Ek verstaan jou egter nie. Wat meen jy CR besit niks? Hy is een van die rykste persone in Afrika. Hy het wel baie eindom op sy naam, of het jy informasie wat, wat my tot ander insigte sal bring?

Andre ·

Die DA besef hulle is in die moeilikheid, so nou wil hulle ook iets se. Bly eerder stil want julle lieg ook vir almal.

Lou ·

Ek het onlangs ‘n goeie slagspreuk gesien.
“Giving land to a homeless person is the same is giving a cook book to a starving person…..”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.