ANC erken verliese is ‘eie toedoen’

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het Dinsdag gesê die party se verliese tydens die afgelope munisipale verkiesing, was deur hul eie toedoen.

Mthembu het gepraat tydens die debat in die Nasionale Vergadering oor die belangrikheid van die 2016-verkiesing. “Die verliese wat ons gelei het, is nie omdat enige ander party beter is as die ANC nie. Die verliese en terugslae in hierdie verkiesing was self toegedien,” het Mthembu gesê.

“Die boodskap wat ons mense vir ons gestuur het, deur nie die meerderheid in te stem nie of buite stemming te bly, was hard en duidelik en ons het dit gehoor. Ons sal beslis ons optrede en houding verander, soos die persepsie dat ons afsydig, selfsugtig, selfdienend en arrogant is.”

Mthembu het gesê hoewel die ANC meer as 78% van die wyke regoor die land gewen het, betreur die party die feit dat hy sleutelmetro’s verloor het weens koalisies tussen opposisiepartye. Die Tshwane-metro in die hoofstad Pretoria, die ekonomiese kern in Johannesburg en die Nelson Mandelbaai-metro in die Oos-Kaap, word nou deur die DA gelei.

“Hierdie metro’s is ongetwyfeld van kritiese belang vir die land se ekonomie aangesien hulle beduidende begrotings beheer,” het Mthembu gesê.

Hy het ook na die EFF gekap, wat teen die ANC gestem het in die groot metro’s en sodoende verseker het die ANC kan nie daar regeer nie. “Ek wil beklemtoon dat, aangesien die ANC nie ten alle koste wil regeer en nie ons siele aan die duiwel sal verkoop om dit te doen nie, ons die EFF se versoek vir ons om weg te breek van die ANC se grondbeginsels en die EFF se ekstremisme te aanvaar as voorwaarde om die metro’s te lei, verwerp het,” het hy gesê.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het tydens sy toespraak aan die ANC gesê die les wat hulle uit die verkiesing moet leer, is om nooit die kiesers se ondersteuning as vanselfsprekend te aanvaar nie. “Die kiesers hou ons dop en hulle sal ons uit ons amp gooi as ons hulle nie respekteer nie,” het Maimane gesê.

Hy het gesê die verkiesing was ʼn keerpunt in die Suid-Afrikaanse politiek en die era van ʼn arrogante dominante party is verby. “In hierdie verkiesing het ons die saad vir oorwinning oor ons vyande in die toekoms geplant. Wanneer ek sê vyande, verwys ek nie na ʼn spesifieke party of persoon nie, want vir ons het politiek nog nooit daaroor gegaan nie,” het hy gesê.

“Wanneer ek sê vyande, verwys ek na die monster met die drie koppe, genaamd armoede, ongelykheid en korrupsie. Dit is ons doodsvyande en ons sal aanhou baklei totdat ons hulle oorwin het. Laat ons nooit meeding om mag vir ons eie onthalwe nie. Die DA sal altyd onthou dat mag ʼn middel tot ʼn doel is, ʼn instrument wat, as dit verstandig en met nederigheid gebruik word, werklik kan lei tot ʼn beter lewe vir almal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

En so sing almal nou die liedjie met die drie verse. Eerste vers: belowe belowe ons sal ABCDEFGHI…. Twede vers: Ons het nou w wat belowe????? Derde vers: Oopsi doopsi wat was nou w die eerste vers se woorde? Ons wil w die liedhie sung!

Kobus ·

Hoe moet ons hulle glo, hulle het dan nou so pas, na Jackson gegorrel het Zuma aangestel wat ‘n organisasie gaan lei wat vir besluite oor staatsinstellings verantwoordelik gaan wees, wat volgens berigte teen die wet is.

Die een dag beduie die ANC/Jackson, hulle gaan nou ‘n nuwe blaadjie omslaan, en waaragtag, net die volgende dag, knoei hulle weer. En dit is nie die eerrste keer nie, dit gebeur aanmekaar.

Kerneels ·

ANC het 54 % van stemme in land. Om ‘n wyk te wen beteken net jy het meeste in daardie wyk. Dit kan 30% ook wees as daar baie partye is.Beteken glad nie meederheid stem vir jou nie.En Demarkasie raad sny Wyke so dat dit altyd ANC bewoordeel.

KarooKlong ·

Kerneels, goeie antwoord, jou laaste sin het ek gesien gebeur. Dit het hier en daar gehelp maar ook gefaal.

My opinie ·

Die groot probleem binne die anc is aekf verryking en verryking van familie en vriende ten koste van die belastingbetaker en elke landsburger. Voeg daarby al die korrupsie, traak-my-nie-agtigheid tov misdaad, swak dienslewering en weiering om zuma

alida ·

Laat dit nou vir die ANC ‘n les wees. Hulle het gedink al hulle lede is dom en onnosel en weet nie van beter nie. Nou het hulle gesien dit is nie die geval nie en die agtergeblewenes word groot en slim en kan deur al hulle valse beloftes sien. Kry vir julle.

Columbiana ·

En tog stoomroller hulle net voort. Kyk nou net weer na die Pravin sage. Geen ontsag vir die land nie. Hulle voel ‘n veer vir die land en sy mense.

TM ·

Ag sies tog ek voel so jammer vir julle. Dit is julle eie presidentjie wat julle so swak maak. As hy sy mond oopmaak dan breek iets. So sterkte hierdie is die begin van die einde…..

jo-anli ·

ANC moet hulle meer op kiesers se mening rig, en wat vir ons belangrik is. Nie hulle eie selfverreikking nie. Paaie sypaadjies wat as openbare toiletgeriewe gebruik word. Ek skaam my vir die ANC regering.

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as ‘n “struggle organization” aan die einde van sy lewe kom….hy struggle om vir oulaas nog iets te breek of te verpletter of in ‘n struggle te omskep. In 22 jaar van ANC “rule”…nie “leierskap” nie….is hordes tjommies en boeties verreik met miljarde Rande se goue handrukke. Elke instelling waar die “staat” die septer swaai is die geldkas leeg, die waarborge opgebruik, en is hulle op omtrent die 13de “omkeer strategie”…wat tot op hede nog NIKS omgekeer het nie. Solank die ANC en sy kaders kan “struggle” is hulle gelukkig….bly net weg van woorde af soos “potensiaal, presteer, behaal, slaag, handhaaf, ontwikkel, leier-eienskappe, verbetering, groeie, beheer of produktiwiteit”. Die oomblik wat jy daai woorde uiter, val die “struggle-mentaliteit” deur die vloer.

Alida ·

Julle vergeet gou. Dit is Jan v Riebeeck en apartheid se skuld dat hulle eie mense teen hulle draai. Oe wat n grap!!

Jcwf ·

Wel, mnr Mthembu, u erken dit? Is dit regtig? Beteken dit dat u nie saamstem met die ander ANC mense wat die media (soos the Sowetan), die blankes, die CIA of die tokoloshes die skuld wil gee nie?

Weet Jakob Zuma reeds watter verraaier u is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.