ANC: Etiekkomitee-klagtes ‘bisar’

Die Nasionale Vergadering

Die Nasionale Vergadering

Die ANC sê die DA se besluit om die speaker en ANC-LP’s wat pres. Jacob Zuma verdedig het tydens ʼn stemming in ʼn mosie om hom uit sy amp te laat verwyder by die parlement se etiekkomitee te verkla, is ʼn ‘bisarre publisiteitsfoefie’.

“Dit is te verwagte dat iemand soos die DA sal poog om soveel as moontlik politieke munt te slaan uit die uitspraak van die konstitusionele hof deur absurde publisiteitsfoefies, waarvan sommige nie net grens aan selfparodie nie, maar ook ʼn bespotting van verskeie parlementêre komitees maak,” het die ANC se hoofsweep in ʼn verklaring gesê.

Volgens die ANC is dit ongehoord dat LP’s gestraf word omdat hulle hul parlementêre pligte uitvoer .  “Indien die DA se bisarre logika geglo word, sou die geskiedenis deurspek wees met duisende LP’s van verskeie partye, wat as deel van die parlement, wetgewing of ander, besluite deurgevoer het,   wat later omgekeer is deur die howe.”

John Steenhuizen, die DA se hoofsweep, het Donderdag in ʼn verklaring gesê aangesien die ANC-koukus en die speaker die president “gehelp en bygestaan het om die Grondwet te verontagsaam”, die DA ʼn formele klag by die etiekkomitee ingedien het teen dié LP’s se betreurenswaardige rol in die parlement.

“Die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, het gister ʼn mediakonferensie gehou om die blaam vir die Nasionale Vergadering se swak besluite oor die OB se Nkandla-verslag op die parlement se regsadviseurs te plaas en te beweer dat dit bloot ʼn algehele ‘misverstand’ was,” het Steenhuisen gesê.

Volgens Steenhuisen is dit belangrik om te onthou die parlement se regsadviseurs is nie die mense wat in Augustus verlede jaar in die Nasionale Vergadering gesit het toe die ANC-LP’s hul meerderheidstemme gebruik het om die OB se bevindinge en regstellende stappe ter syde te stel nie. “Daardie besluit is nou deur die konstitusionele hof as ongeldig bewys en tersyde gestel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Nee kyk. Ek dog ons word regeer deur die wêreld se beste grondwet. Nou hoor ons dit is die politiek wat moet ontslae raak van die president. Al wat ek aflei hieruit is dat ons nie regeer word deur die “Rule of Law” nie. Ons word regeer deur die politici = feilbare mense. Daar is dus geen verskil tussen ons land se “demokratiese grondwet” en enige ander land nie. Nou moet ons die irriterende retoriese vraag aan die Kodesa onderhandelaars vra: “Wat van die wigte en teenwigte wat julle ons van verseker het, teen politieke magsvergryp?” Het julle dalk die onderhandelinge gevoer terwyl julle geglo het aan die Humanistiese leuen: “Alle mense is inherent goed.” Was dit nie dalk julle teenwigte nie? Politici is mos nie sondaars nie? Hulle is mos inherent goed en nie in staat tot kwaad as hulle nie uitgelok word nie? Dit was hierdie naïewe humanisme in die etiek waarteen konserwatiewe denkers gewaarsku het. Die mens is inherent sleg. POLITIKUSTE OOK. Hulle moet deur wetgewing in toom gehou kan word anders gaan die land in ‘n verskriklike oorlog ingaan. Dit is wanneer’ n land eties in ‘n moras opeindig…

My opinie ·

Dis die soeajer se plíg om toe te sien dat die grondwet eerbiedig en uitgevoer word, nié om haar baas te beskerm nie. Óns, die Suid Aftikaanse belastingbetalers, landsburgers is haar en zuma se wekgewers. Dis met óns geld wat hul buitensporige salarisse betaal word ten kiste van ons eie gesinne en familues wat moet spartel om kop bo water te hou. Hulke het nie ‘n idee wat plíg en integriteit teenoor die uitvoering vd grondwet is nie?

My opinie ·

Dis die speaker se plíg om toe te sien dat die grondwet eerbiedig en uitgevoer word, nié om haar baas te beskerm nie. Óns, die hardwerkende, eerlike-hardwerkende belastingbetalende SA landsburgers is haar en zuma se wekgewers. Dis met óns geld wat hul buitensporige salarisse betaal word ten koste van ons eie gesinne en families wat moet spartel om kop bo water te hou. Hulle het nie ‘n idee wat plíg en integriteit teenoor die uitvoering vd grondwet is nie?

Jan maak n Plan ·

Die ANC is vinnig besig om ‘n verleentheid vir hulle self te word.

alida ·

Alles wat reg, eerlik en regverdig is, is volgens die ANC “bisar”. Hulle sal gou agterkom daar is mense in SA met verstand wat hulle sal gas gee. Die DA moet net nie los nie!!!! Hulle moet die een hofbevel na die ander kry. Maar JZ se soustreinryers het net so min integriteit soos hy. Die man het geen selfrespek nie. As hy gehad het sou hy op ‘n menswaardige manier bedank het en verdwyn het.

Theresa B ·

Ek stem saam met Jan-maak-n-plan. Maar hulle staar hulself blind en sien (of wil) niks raaksien nie. Hulle is die laastes wat kan praat van foefies – publisiteit of te not!

Eilram ·

Jy kan nie die verontagsaming van die Grondwet op verkeerde advies van ‘n derde blameer nie. Dit is en bly jou verantwoordelikheid as LP om die Grondwet en al sy beginsels te handhaaf en jou besluite in lyn hiermee te maak.

Jy kan nie die kar blameer as jy te vinnig ry nie, jy kry ‘n boete of word toegesluit. As jy die Grondwet oortree, moet jy uit jou amp onthef word. Dit is ongelukkig maar soms slegs om vir die mense te werk, en met so groot werk is daar meer verantwoordelikheid (soos jou salaris sal reflekteer), maar dit was jou keuse om daar te gaan sit en dit is jou keuse om jouself bloot te stel aan die kritiek van die mense. Jy het die keuse gemaak om ‘n werk te doen waar jy teen die Grondwet gemeet word, die hoogste gesag in die land kyk of jy jou werk doen, en daarom moet jy aan al die vereistes van die Grondwet voldoen.

Jy as LP werk vir die mense, nie vir Zuma, die ANC of die Guptas nie. Of dit ‘n publisiteitsfoefie is of nie, ten minste probeer die DA en sommige ander partye iets. Dit is net eintlik skrikwekkend hoe nommer 1 kan wegkom met al hierdie goed wat hy doen en sê.

Slegs belastingbetalers moet toegelaat word om te stem, maar o ja, die Grondwet bepaal dat almal mag stem. Hierdie vereistes in die Grondwet word sterk afgedwing. Selektiewe geregtigheid op sy beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.