ANC gaan geld vir vlug na Zim terugbetaal

Die ANC-afvaardiging het glo ‘n saamrygeleentheid saam met die minister gekry. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die ANC gaan die geld wat die lugmag bestee het om ʼn afvaardiging van die regerende party na Zimbabwe te karwei, terugbetaal.

ʼn Herrie het losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat verskeie ANC-amptenare verlede week met ʼn Falcon 900 van die lugmag na Zimbabwe gereis het. Die afvaardiging is na Harare om met Zanu-PF te vergader.

Aan boord van die vliegtuig was die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, haar eweknie by maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, asook ANC-lede Tony Yengeni en Enoch Godongwana.

Nadat dit geblyk het dat die belastingbetaler moes opdok vir die ANC se partypolitieke reis, het die departement van verdediging gesê die ANC-afvaardiging het bloot ʼn saamrygeleentheid saam met Mapisa-Nqakula – wat op ʼn staatsbesoek aan Zimbabwe was – gekry.

Pres. Cyril Ramaphosa het egter beveel dat Mapisa-Nqakula ʼn verslag oor die omstrede vlug aan hom voorlê – en daar word asem opgehou of dit haar moontlik haar pos as minister kan kos.

Die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe, het Dinsdag gesê die ANC onderneem om die koste wat vir sy afvaardiging aangegaan is, terug te betaal.

“In  ons strewe na ʼn suksesvolle sending het ons op ʼn ongewone manier gereis. Ons is jammer vir die fout tydens die afsonderingstydperk en sal die regering terugbetaal vir die koste wat namens ons afvaardiging aangegaan is.

“Ons afvaardiging is tans in kwarantyn in ooreenstemming met afsonderingsregulasies,” het Mabe gesê.

Maroela Media het vroeër berig wetgewing bepaal dat die weermag verantwoordelik is vir die vervoer van die minister van verdediging. Daar is egter geen aanduiding dat daar enige noodsaak was vir Mapisa-Nqakula om na Harare te gaan nie en daar is inteendeel aanduiding dat sy bloot gevlieg het as deel van ’n slap plan om die afsonderingsregulasies se voorskrifte oor internasionale reis te omseil.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, het vroeër gesê dit is duidelik dat die ANC-afvaardiging verskeie afsonderingsmaatreëls verbreek het, dat daar geen sosiale afstandhandhawing was nie en ook geen toestemming om die land te verlaat nie. Die DA het gesê ingevolge die Wet op Verdediging kan burgerlikes net toegelaat word om oorsee te reis ná konsultasie met die minister van finansies, Tito Mboweni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Marius ·

So belastingbetalers gaan twee keer betaal vir een vlug , lekker man . Net in Suid Afrika .

Persheks Adri ·

Jy sê net jammer? Ekskuus tog verskoon my hoor. Julle foute raak te veel en jammer werk nie vir als nie! Korrupte spul

#Tsek ANC tsek

Pieter ·

Haha asb sit daai bewys van betaling in die koerant ons wil dit sien. VOETSEK ANC

Kokerboom ·

En as hul nie uitgevang was?????Dank die Minister af CR. Sy het absoluut onverantwoordelik opgetree. Verseker asb dat ALLE vermorste belastingbetalersgeld verhaal word!!

Dirk Mostert ·

Dan sal daar genoeg geld wees om alle belasting af te skaf!

Belinda ·

Nou is hul nog in kwarentyn ook, weereens op die belasting betaler se gelde!!!!

Johanncb ·

Dit gaan nie slegs oor die geld nie, maar die beginsel van die saak! Wette is oortree, en watter voorbeeld stel dit vir die res van die wêreld?!

Jan ·

Presies. Hulle moet strafregtelik vervolg word. Dis eenvoudig nie goed genoeg om jammer te wees as jy ‘n misdaad gepleeg het nie.

Androclus ·

Hulle voel nie eers daardie geld wat terug betaal gaan word nie dit moet van hulle se salaris afgetrek word.

Adam Adriaan ·

Wonder waar gaan hulle die geld vandaan kry. Gehoor hulle het nie eers geld om hulle kaders in Lithuli huis te betaal nie. Wel iemand weet seker waar daar weer ‘n paar los randjies rond lê; wat plek soek om aangewend te word, sonder die nodige magtiging.

Johann ·

O e e e e e…we ars sorri for bejing cauted out. We ars gouwing to pay seventi one hundrid and eigty rants when our cigret selling comrades payj us ouwr munni.

4ntj13 ·

Hulle hoort almal in die tronk vir korrupsie. En oortreding van die grendel-wette. Dís hoe mens die publiek vir so ʼn gemors terugbetaal! Sies!

4ntj13 ·

En, o ja! Hoop hulle kwarantyn in een van daai “spesiale” plekke waar ander vir dae sonder kos in onhigiëniese toestande moes bly! Die media kan gerus daagliks onderhoude gaan voer!

Piet ·

Ja en as niemand gekla het nie, het die spul weer weggekom met die skelmstreke. Ons soek optrede teen die skuldiges nie net verskoninkies nie.

Suzette ·

En wie gaan opvolg om te sien of die geld wel terugbetaal is??

Nie Verbaas ·

Voetsek ANC. Waar gaan julle die geld kry om terug te betaal? Wie probeer julle flous?

MrMagic ·

Dit is noodsaaklik dat daar nuwe staande reëlings gemaak moet word. Suid Afrika het nie geld om rond te gooi nie. Waarom kan daar nie met Skype, Zoom of ander tegnologie vergaderings gehou word nie? Enige ander land wat persoonlike ontmoetings wil hê kan op hul eie kostes hiernatoe kom.

koos10 ·

Nog ‘n bewys dat CR nie in beheer is nie. Tydens inperking deur hom afgekondig, foeter een van sy ministers oorsee met sy vliegtuig, en hy dank haar nie af nie. CR bedank eerder, hoe langer jy president bly, hoe groter word jou verleendheid.

Ria ·

Submit vir ons die bewys van betaling julle skelms. Sien is glo.

Sanet ·

Selfs vir daardie bewys het hulle n skelmstreek. Hierdie anc regering is so skelm, glo niks meer wat hulle se en doen nie.

Pieter ·

Het die ANC geld om te betaal?
Kon onlangs nie salarisse betaal nie.
Gaan seker weer transitorooftogte pleeg om geld te kry.
Daar is mos ‘n werknemer van die ANC al aangekeer vir hierdie daad.

Moedeloos ·

Die DA moet maar n saak maak teen die Minister. Daar is 2 wette oortree. Inperkingswet en reis sonder toestemming.

Willem ·

En wat gaan word van al daai lede wat die afsonderings reëls oortree het. As dit ek was is ek toegesluit

Jaco ·

Dit gaan nie oor die geld. As die regering so n oordeels fout begaan. Watter ander foute maak hulle nie.

Thelsa ·

Soos met die Tresemme sjampoe-advertensie, dring die publiek daarop aan die name te weet van i) wie het die vlug gereël; ii) wie het dit goedgekeur; iii) waar die faktuur vir die huurvlug beskou word; iv) waar kan die kwitansie beskou word vir die betaling v) waar die res van die papierspoor besigtig word vi) wat is die markverwante koste van so ‘n vlug met ‘n soortgelyke straler.

Danie ·

Nee moenie verbaas wees nie, hulle het die geld.
Ons lees dat vet donnasies word blykbaar op ‘n gereelde grondslag ontvang van Charlise Theron.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.