ANC gaan Gupta-bewerings ondersoek

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondagaand aan verslaggewers gesê die party sal “ernstige bewerings” oor die Gupta-familie en hul invloed op die party ondersoek.

Mantashe het aan die einde van die drie dag lange nasionale uitvoerende komitee (NUK)- vergadering van die ANC in Pretoria aan verslaggewers gesê die beweerde invloed van die welgestelde Gupta-familie op Zuma sal nou deeglik ondersoek word deur die party. “Die ANC-NUK het ʼn openlike en robuuste gesprek gehad oor ernstige bewerings wat die Gupta-familie betref en die beweerde invloed in die aanstelling van ministers, adjunkministers en ander poste in sleutel staatsbeheerde entiteite in hul belang.”

Mantashe het gesê sulke dade het geen plek in die ANC of sy regering nie, “aangesien dit die moontlikheid het om die geloofwaardigheid en vertroue van ons mense in die leierskap van hul organisasie, die ANC en sy regering, kan ondermyn”. “Ons verwerp die idee van enige onderneming of familie wat só tipe invloed oor die ANC soek, terwyl ons ook die behoefte besef dat ons moet optree om die integriteit van ons regering en ons organisasie te beskerm.”

Hy het gesê die NUK het partybeamptes en die nasionale werkkomitee aangesê om alle betrokke inligting oor die bewerings in te samel om die ANC in staat te stel om behoorlik op te tree. “Die ANC versoek al sy lede wat inligting het, om in verbinding te tree met die kantoor van die sekretaris-generaal.”

Mantashe het gesê die ANC wil hê sy lede moet voorvalle aanmeld waar hulle deur die omstrede Gupta-familie beïnvloed is, maar gewaarsku dat fluitjieblasers nie immuun is teen ʼn geskommel in die parlement nie.

Hy het bygevoeg die persone sal beskerm word, en dit is waarom hulle na vore moet kom, maar hy wil die sluier lig oor die feit dat persone wat na vore kom, immuun sal wees van enige stappe in die organisasie. “Ons kan nie toelaat dat onthullings gebruik word as beskerming nie.”

Mantashe het gesê die ANC word altyd geraadpleeg wanneer pres. Jacob Zuma sy kabinet skommel. “Ek weet nie wie in die ANC nie geraadpleeg word nie. Sedert hy [Zuma] in 2009 in sy amp aangestel is, het die president seker gemaak dat hy die top ses [ANC-beamptes] raadpleeg, voor hy sy kabinet saamstel.

“Wanneer hy die lede van die kabinet roep, sit ek langs die president,” het Mantashe gesê. “Die rede waarom ek langs hom sit, is nie simbolies nie. Ek sit daar as ʼn duidelike teken dat jy deur die ANC ontplooi word in die verantwoordelikheid [van die amp]. Dit het nie verander nie. Ons word op verskeie maniere geraadpleeg wanneer die kabinet geskommel word.”

Mantashe het gesê indien skommelinge in die kabinet bespreek moes word by strukture soos die NUK, sou daar “chaos” wees. Hy het gesê die ANC-NUK het opnuut sy onwrikbare steun aan Zuma bevestig.

“Die aanstelling van ministers en adjunkministers is die uitsluitlike prerogatief van die president van die republiek, kragtens die Grondwet. Die ANC bevestig gevolglik steeds sy volle steun aan ons president,” het hy bygevoeg.

Die NUK-vergadering het Vrydag begin ná ʼn onstuimige week vir die ANC. Adjunkminister Mcebisi Jonas het Woensdag onthul dat die Gupta-familie hom genader het om oor te neem as minister van finansies, ʼn paar dae voor Zuma Nhlanhla Nene uit die pos verwyder het. Zuma het Donderdag aan die parlement gesê die Gupta-familie het nog nooit enige kabinetminister aangestel nie. Die Sunday Times het verlede Sondag berig Vytjie Mentor het gesê Zuma was ʼn paar jaar gelede teenwoordig toe die Guptas vir haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied het, terwyl Barbara Hogan in die amp gestaan het.

Daar is intussen ook berig die voormalige uitvoerende hoof van die regering se kommunikasiediens, GCIS, Themba Maseko, het Zuma direk geïmpliseer om die Gupta-familie by te staan. Die Sunday Times het berig Zuma het Maseko ontbied voor ʼn vergadering met die Guptas in Saxonwold, Johannesburg, en versoek dat hy “hulle sal help”.

Ajay Gupta het na bewering tydens die vergadering versoek dat regeringsadvertensies na die New Age-koerant gekanaliseer moet word. Gupta het glo gesê: “Vertel ons waar die geld is, en vertel die departemente om vir julle geld te gee. As hulle weier, sal ons hulle hanteer. As jy ʼn probleem het met enige departement, sal ons die ministers ontbied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gert ·

Ag asseblief. Asof zuma en sy ministers enigiets sal doen of erken om die laaste druppels uit te wurg uit enige oord. Hulle het gewys wie en wat hulle is. Dink hulle regtig almal weet dit nie. Hulle het hulself gebrandmerk as dit wat hul per implikasie is. Daarvoor gaan hulle duur betaal op d lang duur. Dit behoort hul aanhangers bevrees te maak vir wat voorle

GES ·

Gert ek stem saam. Die ANC is so korrup dat as hulle die dag die waarheid praat niemand hulle gaan glo nie.

Pieter dp ·

Hoe gaan die uwe die beweringe ondersoek as hy self deul is van die probleem. Die heele ANC gardis het ge sè ANC eerste die land en sy inwooners laaste.

Michael ·

Mantashe verspreek hom so baie ek glo nie eers hy weet meer wat die waarheid is nie hy moet net in gedagte hou ons het nie dieselfde skool kwalifikasies as sy president nie

Mariette ·

Sterkte SA.Hoop ondersteuners weet vir wie en wat hul stem in plaaslike verkiesings.

Erns ·

ANC is besig om weer lekker te spin… kan dit sien in ander media dekkings ook.

Dawie ·

En wat gaan hulle vind , sweet blou boggerol want die ANC ondersoek dit hulself.Nog n kommitee nog geld nog KFC wat gevreet word dit raak nou sieklik.Hulle dink ons is pholle

PJ ·

Ek verstaan nie nou lekker nie as hy sy top 6 inlig oor skommeling in sy kabinet hoe het dit dan gebeur met die van rooyen /nehne debakel dat hulle dan nie teenwoordig was nie want niemand het glo van die skommeling geweet nie

Johann ·

Niemand sal vir niemand ondersoek nie – jy byt nie die hand wat jou “kos” gee nie!

Oom Kalahari ·

Wel die NUK verblyf, voertuie, partytjie en drankies was darem nou seker nie te goedkoop nie, waar miljoene mense en bejaardes ‘n sukkelbestaan voer. Mnr Mantashe, wat wil jul nou regtig ondersoek en weer ‘n pane of Kommisie van ondersoek saamstel wat maande gaan neem en miljoene Rande gaan kos uit die belasting betaler se sak as onsalreeds weet die uitslag gaan bepaal dat alles uitverband geruk was en daar geensins enige Gupta invloed was of is nie. Ons weet al met Mnr Mantashe se invloed en sy Jok diploma wat hy altyd swaai oor alle gebeure sê wel alles. Soms is dit moeilik om die waarheid te openbaar, maar almal is nie so blind oor gebeure nie en ‘n mens se trots, waardigheid en integriteit volg jou hele lewe deur en daarom vir foutiewe erkenning is daar nie plek by cANCer al gaan dit ‘n land en mense se ondergang beteken. NUK was nie werklik suksesvol om na die lands belange om te sien nie.

Garath ·

As die ANC wil hê dat die mense enige waarde aan die ondersoek heg, moet die swepe van ten minste 3 ander partye deel was daarvan. Die inligting wat met Mantashe gedeel word moet so aan die ander partye beskikbaar gestel word. ‘n Regter moet die voorsitter van die ondersoek span wees. En die uitslag bekend gemaak word.

Johann Marx ·

Met ander woorde, die ANC se “top ses” het almal geweet dat Minister Nene “vervang” gaan word met Des/David/Don van Rooyen? Net verlede maand het almal ontken dat hulle van JZ se planne bewus was? Gaan JZ en die top ses nou saam verantwoordelikheid vat vir die R500 biljoen wat daai stuiptrekking die land gekos het, en saam begin terug betaal? Hoe weet jy ‘n politikus lieg? Sy lippe beweeg…

JB ·

Zuma en ander ANC-heiliges is onaantasbaar, terwyl ons terugsit en als net met ongeloof aanstaar. Die Guptas en hul handlangers speel ons soos marionette, want ons is gewillig. Die somtotaal van ons reaksie is kerm soos gewoonlik en die gewag vir beter dae. SA wag al van 1994 vir beter dae…dit is tog duidelik dat dit net geld vir ‘n klein groepie.

Marous ·

Gister het jy gese bring die bewyse…vandag wil jy help ondersoek? Los dit vir bevoegde onpartydige mense Meneer die Ad Junk…

Andre K ·

Daar gaan absoluut niks van die “ondersoek” kom nie. Maar laat jy of ek net ‘n woordjie laat uitglip dan is die hel behoorlik los..

Nollies ·

Dis ook nou nie dat ek n koor daar uit Indië hoor dat hierdie vernuftige sakemanne moet terugkeer na hulle “roots”toe

Wim Smit ·

zuma is 100% reg as hy sê dat die zuptas nog nooi ‘n kabinetaanstelling gemaak het nie.

Hulle is regkens nie in staat om dit te doen nie, maar hulle skryf wel vir zuma voor wat om te doen.

Dan ·

Zuma het al weer die naweek gal afgegaan teenoor die blankes, hy moet eers die balk in sy eie oe uithaal. Dit was alweer om die aandag van homself af te hou.

Yolie ·

Ag hier kom Ndlandla no2. Noemand is ooit skuldig nie. En dir ANC se gunstrling cilprit agter die “storie” gaan “a third force” wees. Dink hulle regtig ons gaan hulle ondersoek uitkoms glo? Saterdag hier naby ons het ‘n nedersetting die ANC outjirs gejaag met klippe, pangas en knop kieries. Daai geel hempies mey zuma op het gehol soos vlak hase. Oor paaie en voor karre in. Net om weg te kom van die massas was gatvol is vir die leuns.

Johan ·

Wonder of Mantash ook langs Jakop gesit het toe hy twee ministers van finansies binne vier dae gefire, en ander in hulle plek aangestel het. Wie lieg? Mantash of die skrywer van die berig? Baie van ons het st 3 geslaag en dit blyk of die ANC onbewus is van die feit.

Elizabeth ·

Gwede Mantashe lieg homself vas. Die top 6 moet dan so onnosel soos Zuma wees en die ANC weet ALLES van die Guptas se manier van doen. Maar hulle almal ontvang seker hul tiendes van die gespuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.