ANC gaan Mashaba, koerant aankla ná twiet

Herman Mashaba, oudburgemeester van Johannesburg en nou ook leier van The People’s Dialogue. (Foto: Twitter)

Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Gauteng gaan strafregtelike klagte teen Herman Mashaba en The Citizen aanhangig maak oor ʼn twiet van Mashaba en die koerant wat daaroor berig het.

Mashaba het op 21 Julie ʼn video op sy Twitter-rekening geplaas en beweer die video is geneem tydens die begrafnis van Mapiti Matsena, ʼn ANC-LPW in Gauteng en voorsitter van die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid. Matsena is die aand van 15 Julie in sy huis in Doornpoort doodgeskiet.

Volgens die ANC wys die video egter beeldmateriaal van ANC-lede wat sing en dans tydens die ANC in Gauteng se provinsiale konferensie in 2018.

Die ANC in Gauteng het Mashaba toe versoek om in die openbaar aan die ANC en die Matsena-familie om verskoning te vra vir sy verspreiding van fopnuus.

Mashaba het dieselfde dag wat die video geplaas is, dit verwyder en gesê hy het opgetree met die inligting tot sy beskikking en dat dit ʼn eerlike fout was.

“Dit is nou duidelik dat die leier van The People’s Dialogue ʼn man is sonder eer en integriteit,” het Bones Modise, woordvoerder van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Gauteng, gesê.

Mashaba het die video verwyder en gesê dit was ‘n eerlike fout. Foto: Skermskoot/Twitter

The Citizen het tot op datum ook nog nie in die openbaar om verskoning gevra vir feit dat hulle daaroor berig het sonder om die ANC geleentheid te gee om sy kant van die saak te stel nie.”

Die strafregtelike aanklagte sal Woensdagmiddag by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak word.

Jacob Khawe, sekretaris van die ANC in Gauteng, het vroeër erg teen Mashaba uitgevaar oor die twiet en gesê dit het daartoe gelei dat mense onder die indruk is dat die ANC onverantwoordelik optree tydens die Covid-19-pandemie.

“Hy het dit gedoen om die ANC uit te beeld as ʼn organisasie wat nie behoorlik ag slaan op die nasionale afsonderingsregulasies wat deur president Cyril Ramaphosa en die nasionale Covid-19-bevelsraad aangekondig is nie.”

Die ANC in Gauteng het ook vroeër gesê hy sal ʼn amptelike klag by die persombudsman indien as The Citizen nie om verskoning vir die beriggewing vra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Magda ·

ANC plaas julle straf rgtelike klagtes teen Malema le wat Chaos in die land aanhits. Weereens net n bewys van waar julle opregtheid werklik le. Die was n eerlike en OPREGTE fout, maar julle sal kom krap hier waar dit nie nodig is nie. Die land moet met deur so n breinlose regering regeer word, geen wonder die land is waar dit is nie – BREINLOOS, KORRUPT TOT OP DIE BEEN TOE, en tog mors julle tyd en geld vir onbenullighede soos die aanklag. Geen salf te smeer en niemand so blind soos die 1 wat NIE wil sien nie.

Andre ·

En die ANC weet natuurlik wat integriteit is en is ‘n goeie voorbeeld daarvan vir almal om hulle.Los dit maar eerder ANC.Skaamte en integriteit gaan hand aan hand.Julle het nie een van die twee nie.

gatgogga ·

Ag shame !
Die ANC hou nie daarvan as sy eie medisyne teen hom gebruik word nie.
Dit is die ANC wat oor byna alles lieg, en nou eenmaal voel hulle gekrenk as leuens teen hulle gebruik word. Al was dit ook ‘n fout, wat erken is. Hoe verontwaardig is die spul nou kamtig.
ANC, julle naam is vrot en julle sal nooit herstel nie.

Fedup ·

Good for you mashaba. Now you see the muffin pan’s real colors.
They don’t know the meaning of integrity.
Let alone spell it.

Misky ·

Mors en spoeg ek koffie oor my hele lessenaar toe ek lees van “integriteit”….. asse-flippen-blief!!!!! Ek is 100% agter Mashaba

Isabella ·

N MAN SONDER EER EN INTEGRITEIT NOU is ek dronk geslaan !!!!hoe kan ANC en kaders dt van enige persoon se ….????

Adeline ·

Die voos vrot korrupte anc regering en sy president sien ek as ‘n appel (wat nogal ‘n goeie vrug is – en jammer moet die beeld gebruik) Die appel lyk lekker om te eet maar een hap om te proe is seker die onaangenaamste ondervinding wat ‘n mens kan beleef. Buite om (die skil) gee ‘n baie mooi gesonde beeld wat deur korrupsie toegesmeer word en dit word opgevryf deur leuens (en dreigemente) sodat die ander anc ondersteuners (wat deur die anc gebruik word deur hulle blind te hou vir die waarheid). In die stuk wat uit die (appel) gebyt is (blootstelling en openbaarmaking) sien ‘n mens vanuit die hoogste vlak van die vvk anc hoe die wurms van korrupsie besig is om op elke area en vlak te krioel om ‘n stukkie of plekkie in die vrot vrug te behou. Toesmeer van ongeregtigheid in nie een van die vvk anc president se toesprake sal hy enige departement se korrupte name noem, erken of optree daarteen oor nie. Hy is graf stil daaroor en so ook oor die plaas en (nuwenaam) landgoed aanvalle en moorde

Ou gees ·

Waar is die aanklag teen cyril? Hy het blatant en sonder integriteit gelieg oor plaasmoorde. Die enigste manier wat die kanker integriteit kan wys is om leisels oor te gee en geld deur korrupsie terug te betaal. Die hele ANC oor hulle hele bestaan. Hulle kan tog nie dienste lewer terugwerkend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.