ANC gaan met veterane vergader

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC het Dinsdag gesê hy gaan ʼn afvaardiging aanstel om met ontevrede partyveterane te vergader oor hul kommer ná onlangse uitsprake.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party neem kennis van uitlatings wat die ANC-veterane in die publiek gemaak het oor hul kommer oor ontwikkelings in die land en die regerende party.

“Die ANC benadruk ons toewyding tot oop en konstruktiewe gesprekke met alle partye en individue wat graag in gesprek wil tree en met ons wil saamwerk om die organisasie te versterk,” het hy tydens ʼn perskonferensie gesê ná ʼn twee dag lange vergadering van die ANC se nasionale werkskomitee. “Die komitee sal self ʼn afvaardiging stuur om met die veterane te gesels.”

Altesaam 101 ANC-veterane, insluitend Ahmed Kathrada, Andrew Mlangeni, Cheryl Carolus, Frene Ginwala en Frank Chikane, het verlede week gesê hulle is besorg oor die rigting wat die land inslaan ná die staatskapingsverslag bekend gemaak is. Hulle het ook gekla dat hulle nie met partyleiers kon vergader om hul besware te bespreek nie.

Mantashe het gesê die komitee het ʼn verslag ontvang dat die Demokratiese Alliansie Donderdag ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma gaan indien. Hy het dit ʼn “ligsinnige mosie” genoem en ʼn beroep op ANC-verteenwoordigers in die parlement gedoen om dit ook as sulks te hanteer.

“Die DA maak dit nou ʼn jaarlikse en ligsinnige ritueel wat vinnig betekenis verloor. Minstens een maal per jaar moet die parlement onderwerp word om die mosie van wantroue te bespreek wat geen vooruitsig het om suksesvol te wees nie. Die ANC respekteer die reg van enige party om hom te beroep op artikel 89, maar ons beskou dit as ʼn teken van toenemende arrogansie aan die kant van die opposisie, dat hulle glo hulle kan ANC-LP’s opdrag gee om teen die president van die ANC en die republiek te stem.”

Mantashe het gesê die komitee het versoeke verwerp dat Zuma moet bedank nadat die openbare beskermer haar staatskapingsverslag bekend gemaak het. “Die versoeke is voortydig en ongegrond.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Ja shure. Die ANC wiele kom af a.g.v een los wielmoer..ZUMANIA…maar dis die gesprek en daai verskoning en hierdie cover up…neem kennis: the peiple are speaking!!!!!

Lance ·

Gaan dit nou iets verander …ignoreer die hoogste hof …maak en breek en steel soos hulle wil ….SA is n gemors agv die anc se gesteel en onkunde …verdien loshande rommel status ….wat n groot mislukking is die anc nie

jaco ·

ongelukkig is van dié veterane se “credentials” nie heeltemal reg nie. Kathrada is ‘n Indiër en Carolus in ‘n Kleurling, so hulle is “nie swart genoeg nie”. So die ANC sal doodeenvoudig nie na hulle luister nie.

Boetman ·

Een ding is seker, die ANC hou van vergaderings.
Wat daarvan kom maak nie saak vir hulle nie – gratis KFC!

John ·

‘Mense as julle ‘n probleem het, moet tog nie in die openbaar kla of briewe skryf wat onderskep kan word nie. Kom in die geheim, soos toe ons nog ge’struggle’ het. Julle onthou mos hoe diegene wat opstandig geraak het ge…. is. Ons het so ‘n paar geskenkies saamgebring. Dis mos amper Kersfees en die lewenskoste hoog agv swak regerings elders. Bly nou soos soet kinders tjoepstil en maak soos ons se. Mooi so! Skink maar die sjampanje M… eerste vir G!’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.