ANC gaan nie ‘bykomende koste’ van Zim-vlug betaal

Die ANC-afvaardiging het glo ‘n saamrygeleentheid saam met die minister gekry. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die ANC se studiegroep oor verdediging het die DA se beroep verwerp dat hy die bykomende koste vir die omstrede vlug na Zimbabwe moet betaal.

Die studiegroep het gesê hy verwerp die beroep aangesien die vliegtuig in elk geval op pad was na Zimbabwe. “Die reis was reeds geskeduleer, ongeag of die ANC-afvaardiging aan boord was of nie. Die vliegtuig was op pad vir die ministers se bilaterale vergadering,” het Pemmy Majodina, hoofsweep van die ANC, gesê.

Volgens die studiegroep het die ANC-afvaardiging “belangrike werk gedoen ter ondersteuning van menseregte”. Die ANC-afvaardiging het met ʼn Falcon 900-straler gevlieg wat vir die vervoer van BBP’s gebruik word.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en millitêre veterane, het Vrydagaand aan die studiegroep verslag gedoen oor haar onlangse omstrede amptelike besoek aan Zimbabwe. Die minister het toestemming gehad om na Zimbabwe te vlieg en met haar eweknie te vergader, maar ʼn senior ANC-afvaardiging het saam met die minister op ʼn straler van die lugmag na Harare gevlieg om met die regerende Zanu-PF te vergader.

ʼn Herrie het hieroor losgebars en pres. Cyril Ramaphosa het Mapisa-Nqakula 48 uur tyd gegee om ʼn gedetailleerde verslag aan hom te gee oor die reis. Die ANC het kort hierna erken hy het ʼn fout gemaak en onderneem om tot die koste van die vlug by te dra.

Majodina het bevestig dat die openbare beskermer nou die minister se besoek aan Harare ondersoek en dat haar kantoor sy samewerking gee.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Argieffoto: GCIS)

Kobus Marais, DA-woordvoerder oor verdediging, gaan egter die speaker van die Nasionale Vergadering versoek om ʼn dringende buitengewone vergadering van die portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane te skeduleer.

Volgens Marais moet verteenwoordigers van die weermag, rekenmeesters van die departement van verdediging en sy finansiële hoof en verteenwoordigers van die nasionale tesourie by die vergadering wees om die bedrag te bepaal wat die ANC moet terugbetaal vir die gebruik van die lugmagstraler.

“Die terugbetaling van die geld onthef die ANC egter nie van die misdadigheid van hul optrede nie. Die realiteit is dat die minister en die ANC-afvaardiging skaamteloos staatshulpbronne misbruik en die land se nasionale veiligheid moontlik in gedrang gestel het.”

Die DA het strafregtelike klagte teen die ANC-afvaardiging aanhangig gemaak vir hul misbruik van ʼn staatsvliegtuig sowel as die verontagsaming van die Covid-19-regulasies.

Marais het intussen ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die brief te onderteken wat hy aan Ramaphosa gaan stuur. In die brief versoek hy dat Ramaphosa stappe doen teen die minister en ANC-lede wat op die vlug was.

“Terwyl gewone Suid-Afrikaners moet sukkel om die Covid-19-pandemie en die ANC se korrupsie en gevoelloosheid te oorleef, lei die ANC-regering ʼn ver verwyderde lewe in ’n utopie waar ’n ander stel reëls geld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Rentia ·

Was “reeds” geskeduleer… So inperking beteken nie veel nie? Die ANC is verhewe bo die wet? Die res van die land word opgesluit, maar die ANC kan maak nes hulle wil? So waar is hulle in kwarantyn? (Dit was gedoen steeds in vlak 2 waar geen buitelandse reise toegelaat is nie?) Waar is die bewys dat hulle wel die verpligte 10 dae in kwarantyn was? Skaam jou ANC!

Sobymykoolkop ·

Met hulle terugkeer, NADAT hulle uitgevang is het hulle gou kamstig afgesonder.

Wondermaarnet ·

Ongelukkig kan ek net dink wat ek wil, maar nie sê wat ek wil nie.

Stefan ·

Nie meer vir lank nie Wondermaarnet.
Een van die daë gaan hulle ‘veronderstel wat jy waarskynlik gedink het’ en jou daarvolgens straf.
En ons gaan dit maar weer aanvaar ook.

Anoniem ·

“Belangrike werk ter ondersteuning van menseregte” die ANC het dan mos gesê daar is geen humanitere en ander probleme in Zim nie. So watse belangrike werk het hulle gaan doen?

Pieter ·

Enigiemand verbaas dat anc bo alle wette verhewe is en net vir hulself omgee???

Diva ·

nou weet ons waar kom al die moeilikheid vandaan, het nog altyd gedink iewers en iemand se hulle wat om te doen, maar te onnossel om te besef ons reeds in 2de zim????????????????????????????????????????????

Adeline ·

ek Sê want ek het die vryheid as ‘n wettige gebore Suid-Afrikaner en het die wettige reg om te beoordeel en sê – Die Voos Vrot Korrupte cANCer en die se leier IS BOKANT DIE WETTE WAT HULLE VIR ONS LANDSBURGERS STEL -PUNT – Verwyder die cANCer en die probleem is opgelos.

Hoekom ·

“Ter ondersteuning van mense regte”. Soos die reg om nie die mense se belasting geld te gebruik vir die ANC cartel se eie gewin nie…

Scalla ·

Miskruier, so ook die kopdoeke, het seker Tresemme shampoo gaan koop aangesien dit hier van die rak verwyder is.

Louis ·

Nog ‘n kopdoek, vader tog behoede ons land met so ‘n minister van verdediging. Eens was die Suid-afrikaaanse weermag die 9 de op die wereldranglys. As ons nou aangeval word, is ons in ons peetjie in. Waar het die ANC aan haar gekom en watter agtergrond het sy om so ‘n pos te beklee. Dis mos totaal lagwekkend.

Sobymykoolkop ·

Kom ek vertel julle. Die vlug vir die minister is gereël NADAT die anc besluit het hulle wil in ń ander bankrot land se sake gaan inmeng. In effek het die minister ñ saamrygeleentheid gekry, nie anders om nie.

MakersMark ·

Almal ken die storie van wat gebeur hoe hoër bobbejaan teen ‘n krans uitklim.

Persheks Adri ·

ANC julle kan nie eers ons mense regte beskerm nie so wat wil daar gaan doen? Pateties verby om te dink ons is ook stupid! Julle is mos bo die wet en our people se president doen sweet blow niks. Korrup en kriminele SHAME ON YOU CYRIL SHAME ON YOU!

#Tsek ANC tsek!!!

Termiet ·

Met al daai extra gewig moes daai vliegtuig baie meer brandstof gebruik het….

Jakes ·

Die SAW is net so verdag en vrot soos die ANC regering. Voeg daarby nog die teenwoordigheid van Ace dan het jy n groot blik vol wurms. Die kamtige besoek om oor menseregte te praat is bog aangesien die ANC liewer aandag moet gee oor menseregte in SA en daarvoor sal hulle almal eers opleiding moet ontvang.

Dirk Mostert ·

Hulle het nie van die boom van kennis van goed en kwaad geeet nie.

Johan ·

Die “studiegroep” hoef nie te betaal nie want “die vliegtuig was in elk geval op pad na Zimbabwe”. So niemand hoef dan te betaal vir enige vliegtuig, bus en trein nie want dit is mos in elk geval op pad iewers heen.

Frans ·

Wanneer ‘n bevrydingsorganisasie soos die ANC aanbewind gestel word verdwyn alle skeidslyne tussen party en staat en word hul een en is die een daar tot ondersteuning van die ander.Daarom is dit feitlik onmoontlik om hul in ‘n demokratiese verkiesing hul uit die saal te lig want hul steun is geleê in die enorme sosiale stelsel waar tans 18 miljoen van dit afhanklik is asook 20 % van alle huishoudings.

Ondersteun dan veldtogte soos BLM en gebruik die media en howe om alle misdade deur blankes onder die soeklig te plaas en jy besef jy lewe in ‘n tipies beheerde Afrika staat wat selfs nie skroom om
veiligheidsmagte in te span om die bevolking te beheer terwyl misdaad hoogty vier.

gatgogga ·

Die ANC wys weer die middelvinger.
Mooi, die getuienis gaar op – ons het dit nodig om ons saak te maak vir afstigting.

Jaco ·

Die ANC is heeltemal uit gevoel met die burgers van die land.

Toktokkie ·

My vraag is: As regerings daar is om wet en order te handhaaf en basiese dienste te verskaf soos water, sanitasie, krag en munisipale dienste, en hulle faal in daardie taak, dan is die regering mos niks werd nie. Regerings is nie daar om geld van belasting betalers te vat om te misbruik en hulself te verryk nie. So indien hulle dus faal in hul taak en ons slegs betaal om hulle sakke vol te maak, hoekom het ons dan even nog regerings nodig?? Ons het reeds in so baie basiese behoeftes van onsself voorsien. As ons die gravy trein aan die gang kan hou asook self betaal vir baie basiese dienste, kan ons so veel beter doen om net onsself te regeer. As ek die regering is, sal ek baie bang wees dat jan publiek net eendag sal opstaan en sê, weg met regerings! Ons kan alle dienste privatiseer en verteenwoordigers aanstel om ons belange te verteenwoordig – dalk tyd vir herstruktuering in regerings……

Kokerboom ·

Hierdie is ‘n toetssaak vir CR. Sal graag sy oordeel/opinie wil hoor!

Jaco ·

In die ou SA het PW Botha gereeld weermagvervoer gebruik om te gaan jag. Dan het hy ook gejag op plekke waar niemand anders mag jag nie. Toe sy seun militêre diensplig gedoen het, het hy sommer gou allerhande voorregte gekry. Die nadraai van ‘n motorongeluk waarin hy tydens diensplig betrokke was, is ook netjies toegesmeer.
Vreemd dat omtrent niemand toe gekla het nie. En aan die bietjie klagtes wat daar wel was, is niks gedoen nie.
Dan ook: vandag se kaderontplooiing is maar dieselfde as die ou dae se lekker jobs vir Broederbonders.
So van ons regering se huidige nonsens het hulle maar net by die ou SA gekeer…

Jacobus ·

Klink baie soos “Boetie is gat vol”. Was self maar deel van nie-Broeder gemeenskap – tog geleer gekry en daarna gedompel in “old school tie” omgewing en is gelukkig nie oud Matie. Tog erkenning gee aan die bekwaamhede van ou – Broeders. Daar is sekerlik misbruik gemaak van voordele maar ‘n Engelse term wat hier van toepassing is, is “orders of magnitude”. Hunker slegs terug na die tyd van nie-plundering.

JohanEtz ·

Daar is soveel staatsvoertuie wat ons land byna leeg deurkruis. Presedent word geskep = kom almal kry saamry geleenthede – vervoer is mos beskikbaar!

Piet ·

In daardie geval het hulle seker per ongeluk nie n groot genoeg vliegtuig gekry nie. Met daardie tipe denkwyse sal dit nou aangepas word en die grootste moontlike vliegtuie gekry word om die politieke partye rond te rits op belasting geld. Man dis lekker in Afrika.

Blikkies ·

Gatvol……..’n saamry geleentheid. Watse Bog….. So goed ek klim in ‘n vliegtuig op na Kaapstad en betaal nie, hy was mos klaar geskeduleer om Kaap toe te vlieg. Dit maak my naar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.