ANC gaan nié staatsinstellings privatiseer – Mashatile

Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC. (Foto: ANC/Twitter)

Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC, het die vakbond NUM die versekering gegee dat die ANC geensins van voorneme is om staatsbates te privatiseer nie.

Mashatile het die ANC se boodskap by die NUM se spesiale konferensie in Boksburg gelewer.

“Ons benadruk dat die ANC nie ten gunste van die privatisering van sleutel- staatsbeheerde ondernemings is nie,” sê hy.

Mashatile het egter terselfdertyd verwys na derdepartytoegang tot die land se vragspoornetwerk, terwyl daar gewerk word om mededingendheid te verhoog, logistieke koste te verlaag en belegging in die sektor aan te moedig.

Transnet het in ʼn verrassende wending aan die einde van Januarie bekend gemaak dat hy ʼn 20 jaar-konsessie aan ʼn private vennoot gaan beskikbaar stel om sy vraghouerroete tussen Johannesburg en Durban te bedryf. Die spoorlyn is een van die land se besigste – en kan heelwat geld laat inrol. Kenners het die beskikbaarstelling van die konsessie verwelkom, maar ook teen verskeie haakplekke gewaarsku.

Mashatile sê vennootskappe tussen die private en staatsektor word ook by Durban se Pier 2 en die Ngqura-vraghouerterminale in werking gestel en die Transnet-haweowerheid is gekorporatiseer. Dit is belangrike stappe om die mededingendheid en doeltreffendheid van die land se hawens te verbeter.

“Uiteindelik is die doel om te verseker dat ons staatsbeheerde ondernemings, in dié geval Transnet, ʼn volhoubare sakemodel het en sy verpligtinge kan nakom sonder voortgesette staatshulp of reddingsboeie,” sê Mashatile.

Volgens hom sal enige herstrukturering van staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) op ʼn individuele grondslag hanteer word en is daar nie ʼn pasgemaakte oplossing vir SBO’s nie.

Kragkrisis

Terwyl Suid-Afrikaners steeds wag op die aankondiging oor wie die land se eerste minister van elektrisiteit gaan wees, sê Mashatile die ANC bly vasbeslote om beurtkrag vroeër as verwag te beëindig.

Die regering se benadering berus op die verbetering van Eskom se bedryfsdoeltreffendheid, bykomende netwerkkapasiteit en maniere om meer mense onafhanklik van Eskom te maak.

Die regering gaan ʼn groot gedeelte van Eskom se R400 miljard-skuld oorneem in ʼn poging om Eskom se ontbondeling lewensvatbaar te maak. Mashatile sê ʼn span onafhanklike kenners is saamgestel om Eskom te help om probleme by sy swak presterende kragsentrales te identifiseer en stappe te doen om prestasie te verbeter.

“As die ANC verwelkom ons die boogde daarstelling van die departement van elektrisiteit,” sê Mashatile.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Casper ·

Hulle kan begin deur onbevoegde kragstasiebestuurders af te dank en korrupsie aanspreek.Identifiseer die saboteurs laat hulle oranje pakkie kry en die politici wat betrokke is.Die moordbendes en Mabuza spook by my.

Anel ·

Wonder waar gaan die geld vandaan kom? Seker ons staatspensioenfonds. Hulle al lankal hul oog op daai geld van ons!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

GEPF verkwis reeds miljarde rande van julle geld…

Althes ·

Onthou om jou beswaar teen pensioen geld wat gebruik word om Eskom te help na [email protected] te stuur. Ek het geweet hul gaan hul gierige oë op dit gerig hê.

Johan ·

Begin by die ontbondeling van die cANCer, dit sal beslis n posetiewe uitwerking hê.

Vrede & vreugde

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee, begin by die ontbondeling van die land.

Pietertjie ·

Ek dag die Regering moet sulke besluite neem, en nie ‘n politieke party nie. Die aasvoël lewer bewys dat die ANC nie kan onderskei tussen hulleself en die Regering nie.

Prikkie ·

Hulle was nog nooit ‘n regering nie. Hulle is ‘n “bevrydingsorganisasie” en het nog nooit geweet hoe om te regeer en sal ook nooit weet nie.

Die mense wat wel weet hoe word uit die pad gevee deur kader ontplooïng.

Jacobus ·

Hulle was nog nooit n regering nie maar n klomp skelm korrupte rowerbende.

annie ·

Oorywerigheid en alwetendheid en te veel glimlag en en net te veel van dieselfde planne wat geen vooruitsigte vir verbetering bied nie maar groot verwagtinge skep vir groot paleise en klomp motors en gratis krag, water, studiegeld en vlugte op SAL vir die hele familie en lekker eet en nog baie glimlagte van voldoening… SA is ‘n uitputtende plekkie.

Johanna ·

Hul sal dit nooit doen NIE want Dan Gaan soustrein NIE meer loop NIE. Slu spul

Nicky ·

Dis waar jy verkeerd is gaan luister vir Willem Petzer oor privatisering, dan sal jy verstaan wat is eindelik hul agenda op privatisering

Ronel ·

Natuurlik nie – dan droog die geldfonteine mos op. Duh….

Danie ·

Nou ja my vriend waarvoor wag julle vrot spul maak reg wat julle opgevreet het by die trog.

Kokerboom ·

‘n Staat se funksie is inisiering en ondersteuning NIE deelname! Die “saameet” regering kan net nie hul marxistiese ideologiee prysgee en moet geleenthede onderhou om by krip te bly! Die Luthuli huis regering maak my naar!

Althes ·

Natuurlik sal julle nie. Want dan het jul nie ñ trog om uit te vreet nie. Jul vreet die land arm, sies! Jul
Met jul siening is die werklooosheidsyfer hoog.
Met jul wellustige begeerte na rykdom en gerief en dit ñ afgod maak, sal karma jul aan die hakskene kry.

JohanR ·

Na 2024 ou sal dit nie meer die ANC se besluit wees nie! Iemand met breins sal hopelik dan in bevel wees?

Marcello ·

Ek lag vir hulle om te dink, hulle gaan die Kragkrisis sommer net oplos, dit is 29 jaar se agterlosigheid wat hulle oornag wil regmaak. Ek wil nou sien, nou dat Andrê de Ruyter (kamstig) die probleem was, hoe hulle dit gaan regkry. En dan moet hulle ook maar sommer die positiewe gesindheid wat deur Andrè by die personeel aangemoedig is, behou. HA ! HA !

Prikkie ·

“maniere om meer mense onafhanklik van Eskom te maak” – knip die onwettige verbindings aan die netwerk af, gereeld!

marius ·

Nee hulle sal nie want dan kan die vuil kloue nie ingeslaan word nie .

Carel ·

Natuurlik gaan die ANC nie privatiseer nie??
Die ANC se mantra is mos: “The Comrades . . . she must Eat !!”

Boatsie ·

Verkiesingsfoefie.

Glo nie ‘n dooie woord wat hulle praat nie.

pestilensie ·

Fantasties plan , moenie privatiseer , maak mense net onafhanklik van staatinstellings en onderhoud dan die instellings met belastinggeld, ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.