ANC gaan optree teen Nkandla-oortreders

Jessie Duarte (Argieffoto: ANA)

Die ANC gaan die kantoor van sy sekretaris-generaal versoek om ’n dringende ondersoek te gelas na die afgelope naweek se gebeure buite oudpres. Jacob Zuma se woning by Nkandla in KwaZulu-Natal.

Die regerende party gaan ook versoek dat dissiplinêre stappe gedoen word teen die organiseerders wat geweld aangehits het, sowel as diegene wat afsonderingsregulasies verontagsaam en ANC-kentekens aan die brand gesteek het.

Só het waarnemende sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, Dinsdag gesê nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) Maandag vergader het oor die situasie in KwaZulu-Natal.

Talle van Zuma se ondersteuners het na Nkandla opgeruk nadat Zuma 15 maande tronkstraf opgelê is vir minagting van die hof.

Volgens Duarte het die NUK op sy vergadering besluit om die onmiddellike ontbinding van Umkhonto weSizwe se veteranevereniging (MKMVA), sowel as dié van die MK-raad te bekragtig. Die NUK het ook sy fundamentele verbintenis tot die hernuwing van die ANC herbevestig en onderneem om die leierskap van die ANC in KwaZulu-Natal te ondersteun.

Duarte het vanoggend gesê die MKMVA se dreigemente na afloop van Zuma se vonnis is daarop gemik om demokrasie te ondermyn en is soortgelyk aan die optrede van ekstreme verregses.

Oudpres. Jacob Zuma tydens die naweek se mediakonferensie in Nkandla. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Maroela Media het vroeër berig Carl Niehaus, woordvoerder van die MKMVA, het verlede week gesê dat Suid-Afrika deur groot geweld in die gesig gestaar sal word indien Zuma tronk toe gaan.

“Ons land sal uitmekaar geskeur word. Daar sal onstabiliteit en oproer wees,” het Niehaus Vrydag tydens ’n konferensie in Nkandla gesê.

Die NUK ondersteun ook die polisie se optrede by Nkandla om moontlike bloedvergieting te vermy. Die komitee het volgens Duarte juis om dié rede sy vergadering wat vir Saterdag tot Maandag beplan was, opgeskort om moontlike verlies van lewe te verhoed.

Die NUK moes belangrike kwessies tydens die vergadering bespreek en komiteelede se aandag sou net deur die situasie in Nkandla afgelei word, het sy gesê.

Steun vir Zuma

Duarte het gesê hoewel die ANC in dié stadium nog nie met Zuma oor die naweek se gebeure gesels het nie, senior lede van die regerende party, insluitend lede van die NUK, binnekort met hom in gesprek sal tree.

“Hy is ʼn oudste in die ANC. Ons is lief vir hom. Ons respekteer hom en daar is geen rede om nie met hom in gesprek te tree nie.”

Duarte het voorts gesê die ANC hoop dat dit “goed sal gaan” met Zuma se dringende aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, hoewel die party geen sê in die regbank se bevindinge het nie.

Die waarnemende ANC-sekretaris-generaal het ook vanoggend daarop gewys dat die regerende party die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se werk sowel as die oppergesag van die reg ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

JohanR ·

Ou Jessie Duarte gaan hulle seker van ‘n kant vloek en skel…..’n bek vol GEEN tande!

Anton ·

Hy gaan later claim dat hy Covid het en dus te siek vir die tjoekie :-)

Marius ·

Vervolging sal seker nie in my leeftyd wees nie . Die mense werk mos volgens n kalender en nie n horlosie nie .

Nie Verbaas ·

Nee Niehaus, die land sal nie uitmekaar geskeur word nie maar die ANC wel. Dit is miskien net waarvoor wetsgehoorsame burgers wag. Watter aksies die ANC gaan neem? Laat ons maar in spanning wag en sien.

Sobymykoolkop ·

Ons sal maar moet wag en sien hoever die anc se demokrasie gaan die dag AS hulle by stembus verslaan word( ek weet ek droom net) dan sal hulle presies en erger doen as zuma

Anoniem ·

Die ANC ken nog steeds nie die verskil tussen die party en die staat nie. Dis nie ‘n ANC party aangeleentheid nie, maar ‘n polisie aangeleentheid omrede inperking maatreëls oortree is. Arresteer asb vir Carl Niehaus en sy ontbinde Camo agterryers vir die rig van ‘n dreigement.

koos10 ·

In wese word die MK en die MKMVA se lede dan nou “free agents” wat aan niemand hoef te rapporteer nie?

Elize ·

op die ou einde gaan Zuma amnestie toegestaan word. Wag en sien.

Danie ·

Hoekom word daar versoek dat die polisie moet optree, hoekom was daar nie onmiddelik opgetree met die selfde ywer as wat hul gedoen het toe Jan Publiek op die strande rond geloop het.

Suzette ·

Gaan seker vir elkeen ‘n T-shirt gee – Ek glo al lankal nie meer ‘n woord wat uit julle monde kom nie. Ek wil bewyse sien.

Pietertjie ·

Hoekom te hulle nie eerder teen Zuma op nie? Hy het die oproer veroorsaak!

Willem ·

JA Nè…en dit is daardie liefde wat maak dat NIKS gebeur nie .AGTERBAKS..LEUENAARS!..DEURTRAPTE SKELMS!!

Elmarie ·

‘n Paar weke gelede was daar ‘n berig van ‘n Prof en sy vrou wat vir hul kinders gaan kuier het om nuwe kleinkind te sien. Hulle het in buurt gestap sonder maskers (ingedagte glo ek) niemand was naby maar toe word hul op die plek gearresteer en moes oornag in die tronk. Net so. Nou sien mens heeltyd op nuus en veral die spul springende jillende klomp by Nkandla wat sonder maskers rondloop NADAT Ramaphosa by nuutste inperking reëls gesê het mense sal gearresteer word en boete/tronkstraf kry. Maar niks gebeur en nou kammig gaan iets gedoen word. Hoekom is witmens (ouer mense) onmiddellik in die tronk gegooi en daagliks sien mens erger oortredings van inperkingsreels?

marius ·

Korrek . Hulle is wit en geen bedreiging nie . Dis hoekom .

Spyker ·

Broeders in misdaad, korrupsie. Julle is n grap in die oē van die demokratiese wêreld.

Nie Verbaas ·

Watter straf gaan hulle kry? Bevordering tot diplomaat wat dan in buiteland sy verblyf gaan verwoes soos sekere ander kaders?

Francois ·

Ag sies tog. As ek vuurwerke afvuur by my huis word ek gearisteer maar hulle mag wapens afvuur sonder arristasie. Dubbele standaarde. En polisie was te bang en slapgat om mense vas te trek oor regulasie

Alex ·

Mmmm… aangepasrer reel weereens. Some are more equal than others. THE ANIMAL FARM boek. ANC het nou begin waker skrik nadat hulle hoor dat nie almal in die land saamstem met die leierskap besluite nie. Cele is deel van die komplot en ondermyn die reels solank dit hom pas en sy vriende wat Zuma insluit. Een komunistiese regering stelsel.

Dup ·

Die A EN C gaan ook optree teen die maanmannetjies wie in 1852 op Venus geland het…..

Riaan ·

Ag asb. Die ANC kan nie eers ‘n doeltreffende soektog gelas tydens ‘n wegkuipertjie speletjie nie

Dawie ·

Ja Sobymy, as hierdie spul gelyk is aan die ekstreme verregses, hoekom is net laasgenoemde dan in die tronk?

Jakes ·

Noem asb een rede hoekom n mens enige iets denkbaar kan glo wat uit die monde van ANC lede of bestuur kom? Die wette van die land word na willekeur deur hulle verkrag en afgelag. Het ons nie die afgelope 26 jaar geleer van watter stofasie hulle gemaak is nie?

Samuel ·

Jesse, vir wie probeer jy bluf? Die ANC sal nooit as te nimmer teen Zuma optree nie. Julle is te lief vir JZ en korrupsie. In my leeftyd sal Zuma nooit vervolg word nie. Pffft

Rian ·

Beteken dit kareltjie sit nou sonder werk? Ek wed zuma gaan nie sy salaris betaal nie.

Arthur ·

Nou behandel hulle soos julle die verregses behandel, hulle word vir jare toegesluit. Wat van Malema wat so opstook en polisie dreig om hulle te beveg by hulle huise, voor hul families?

Kokkie ·

“ANC gaan optree teen Nkandla-oortreders”. Ek lag nooit eintlik vir die ANC se flou grappe nie. Maar hierdie een van Jessie laat my lag dat die trane loop. Sa ! Vat hom, Fluffy (Jessie).

voor ek vergeet ... ·

Hoop daar word sommer ook dissiplinêre stappe geneem teen Cele, wat die hoogste hof in ons land se bevel verontagsaam het, en boonop hulle voorsê hoe dinge gaan werk rondom Zuma.

… Hy is ʼn oudste in die ANC. Ons is bang vir hom. Ons vrees hom want daar is versteekte redes om met hom in gesprek te tree … moes die sin eerder gelees het.

Deon ·

“Die waarnemende……” Hoeveel waarnemendes is daar al nou in die regering en anc? En hoekom? En as die “hoekom” geantwoord word, dan kan mens mos nou duidelik sien dat van julle hogere leiers n lot skelms is…. Vir watter rede moet ons u nou glo me Duarte? U wie se naam so paar maande terug ook amper aan korrupsie gekoppel was?

Jackie ·

Maar nog steeds geen veroordeling van minagting van vele hofbevele nie.

fransdutoit3 ·

“The proof is in the pudding” wat enige optrede teen die kaders betref..

DIABLO ·

Ek het lanklaas so lekker gelag! Wat n grap. Die ANC gaan “optree” maar in dieselfde berig is hulle “lief vir oudstes” HaHaHaHaHa

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.