Die ANC sal die begrafniskoste dek van die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi.
“Die party het met die familie ooreengekom om comrade Selebi, wat ʼn groot gedeelte van sy lewe deel was van die kern van die organisasie se leierskap, ter ruste te lê,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Die ANC sal al die kostes dek wat met sy gedenkdiens en begrafnis verband hou.”
Selebi is Vrydag in die ouderdom van 64 oorlede. Hy het diabetes en nierversaking gehad.
Hy is op 3 Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy omkoopgeld van die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti aanvaar het. Die voormalige hoof van Interpol het in 2011 sy vonnis begin uitdien, maar is binne een jaar vrygelaat op mediese parool.
Selebi se gedenkdiens word Vrydag om 17:00 by die Tshwane Events Centre in Pretoria gehou. Hy word Sondag om 08:00 uit die NG Kerk in Pretoria begrawe.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Hulle bedoel DIE BELASTINGBETALER gaan vir die begrafnis betaal.
N veroordeelde krimeneel, dit is die ANC se hero,(of verskil die voel se vere nie?)
Wel, iemand sal moet bydra, want daar sal seker ‘n XXXXXXXL kis benodig word. As ek reg onthou was Jackie gebou soos ‘n rysmier. Dis jammer die kis sal seker nie gedra word op die skouers soos in party lande nie, want dan sou jy nou ‘n paar soustreinryers sien knor het!
Die ANC is bankrot – het geen geld nie – die belastingbetaler betaal om al die terroriste en skelms te begrawe.
Ja nee – so sal ons vir alles betaal. Daar is mense/kinders wat nie eers kos of slaapplek het nie. Nog altyd geweet diè spul het nie prioriteite nie. Solank hulle kan lekker lewe/eet is die saak 100. Daardie dag sal daar ook nie beurtkrag wees vir die gejol na die tyd nie.