ANC gaan voort met aanklag teen Steve

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die ANC het Sondag gesê hy sal vandag voortgaan om die strafregtelike aanklagte teen Steve Hofmeyr aanhangig te maak wat die party verlede week onderneem het om te doen.

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, sê ʼn aanklag van crimen injuria sal vandag om 13:00 by die Johannesburg-polisiestasie aanhangig gemaak word. “Hierdie aanklagte sal ʼn sterk boodskap stuur dat daar geen plek vir rassiste in ons demokratiese samelewing is nie,” het Mabe gesê.

Die aanklagte volg op Hofmeyr se twiets in reaksie op ʼn tirade wat Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, op Twitter afgesteek het. Mandela het in ʼn reeks verdelende twiets onder die hutsmerk #OurLand teen wit mense uitgevaar en onder meer na wit mense verwys as lafaards en stelende verkragter-afstammelinge van Jan van Riebeeck.

Steve Hofmeyr het Dinsdag (18 Junie 2019) dié twiet op Twitter geplaas. (Skermskoot: Twitter)

Intussen het DA-LP Phumzile van Damme, nadat sy die Waterfront besoek het, haar ook tot Twitter gewend en geskryf oor ʼn rassistiese voorval wat sy daar beleef het.

Hofmeyr het later aan Mandela en Van Damme getwiet dat hy ʼn Suid-Afrikaanse belastingbetaler is en dus in werklikheid hulle “baas is”.

“Julle SAL spring wanneer ek so sê en julle SAL vra hoe hoog. En wanneer julle kom om ons lewe en grond te vat, SAL julle doodgaan. Ons kontrak is so eenvoudig soos dit. En moet dit nie vergeet nie,” het hy getwiet.

Volgens Mabe sien die ANC dié twiet as ʼn doodsdreigement en een van Hofmeyr se “onmenslike tirades op sosiale media wat getuig van barbaarsheid, wit heerskappy en giftige manlikheid”.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder. Foto: Facebook

“Sy reeks sosialemediaplasings is minagtend teenoor Mandela-Hlongwane en Van Damme en hunker terug na die kru apartheidverlede – en dit is iets wat geen Suid-Afrikaner behoort te duld nie. Na ons mening is dit aanduidend van wit arrogansie en by uitstek ʼn kenmerkende voorbeeld van wit bevoorregting wat in die kiem gesmoor moet word,” het hy gesê.

Hofmeyr het op sy beurt gesê hy het gereageer soos enige landsburger moet. Hy meen die politieke leierskap se houding teenoor wit belastingbetalende burgers “is presies die paspoort wat misdadigers nodig het om te breek, te betree en dood te maak en te vat soos hulle wil en waarom ons die mees ongelukkige en verdeelde land in die wêreld is”.

Volgens Hofmeyr wil staatsamptenare nie dien nie, maar gedien word. “Hulle maak ʼn groot fout as hulle dink dit is waarvoor ons belasting betaal. Die res van my twiet is maar ʼn aanspraak op selfverdediging en my belofte om my gesin tot die dood te verdedig teen enige moordenaar of gronddief wat oor my heining klim.”

Verlede week het die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, gesê sy het Mandela oor die twiets aangespreek. “Ek het vir haar gesê sy is ʼn diplomaat en ek verwag diplomatiese optrede van haar,” het Pandor gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Ian ·

Dis miskien goed dat hierdie ding na ‘n punt gedryf word. Sou hy skuldig bevind word skep dit ‘n goeie regspresedent waarmee die Malemas en Mngxitamas in die toekoms aangevat kan word vir hulle haatspraak. Word hy onskuldig bevind, trek dit ‘n bruikbare streep in die sand as maatstaf van die begrensing van haatspraak in die naam van vryheid van spraak/opinie.

Riaan ·

Ons almal weet dat hierdie land het twee stelle wette. Steve word aangekla ,Mandela word aangespreek.Ek dink nog steeds dat elke blanke man wat onskuldig is aan verkragting moet n klag teen Mandela indien. Waar is haar bewyse dat ek,jy of Koos of Piet iemand verkrag het. Ek is so gatvol vir hierdie”Julle skuld ons” houding dat ek kan slange vang. Die plakkerskampe bars uit hulle nate,want die helfde wat daar rondle,hoort nie eers in die land nie.

Andreas ·

Ian, ek lees gisteroggend Rapport wat regskenners daaroor te sê het … 10 vir Steve … 0 vir die ANC, Me Mandela en die DA se Van Damme. Hulle het nie ‘n kat se kans in die hof oor sy twiet nie ….
You go Steve … twiet – twiet – twiet!

James ·

Well hy gaan nie op fingers getil raak soos van n minister nie. Verkeerde kleur. Wereens hulle mag se wat hulle wil en ons mag nie eers iets se nie.

Natasha ·

Your time will come that you have to admit all your crimes and you won’t be able to hide or run from it. It will be the day of reconciliation.

Natan ·

Steve se kommentaar is glad nie rassisties nie, eerder realisties. Om Steve aan te kla en nie die ambassadeur nie dui daarop dat haar uitsprake geduld word en selfverdediging nie. Die ANC/EFF kan maar amptelik verder droom, hul tyd raak min vanweë hul boosheid. Die Kommunistiese handves maak duidelik voorsiening vir selfbeskikking, hoekom gun hulle dit nie vir ons belastingbetalers nie?

Sterkte Steve. Laat jou nie mislei deur Ronald die nar van McDonalds nie.

KP ·

Mooi gese Steve, ek is wit boer (wat ek nie skaam is on te herken, met lang reguit hare) staan agter jou.

Yvonne ·

Dubbel standaarde. Steve is braaf. Hy moet nie eers sy tyd mors want ons wit Suid Afrikaners is so bang vir die ANC en EFF. Ek kry skaam.

Swartwolf ·

Steve hoef nie die aanmerkings te gemaak het nie. Dit was eintlik onnodig. Maar of dit crimen injuria is gaan interressant wees. Dink die ANC gaan 2 de beste hiervan afkom. Dan gaan baie vir hulle lag. Wonder wanneer gaan Ace hof toe oor “Gangster State”? Hy is al hoeveel keer openlik uitgedaag.

sweis ·

Ek kyk na n vidio die naweek van de klerk en hernus kriel waar hulle sê vertrou ons ons gaan onderhandel sodat niemand verdruk of teen gediskrimineer word nie,die nar nou se hy niks ,hierdie is niks anders as n mages vertoon nie die mandela vrou word net oor die vingers getik en Steve word sy reg van vryheid van spraak geweier.

Irma ·

‘N Jong swart gegradueerde meganiese ingenieur het ons vertel van die rasisme tussen etniese groepe bv. xhosa, venda, zulu ens. Sy mening is dat politici wit/swart rasisme opblaas en by tye self opmaak maar abdoluut geen melding maak van rasisme in eie geledere nie.

Natascha ·

Vat al die ander ook hof toe wat snert en rasistiese opmerkings maak oor die wittes, nou dat Steve antw op n twiet is hy in die moeilikheid. NEE SA KOM BY. As jul kan doen en se wat jul wil en ons nie daarop mag antw nie, wat maak dit van ons?????? On s is nie lafaards nie. het ook n reg tot spraak.
Wens net dat almal kan hande vat en saam staan, wit en swart en al die dinge van die verlede los.

tom ·

Laat die anc maar n saak maak daar is geen meriete vir vervolging ,Want hy het die waarheid gepraat

Diefie ·

Nou wat het jy eintlik verkeerd gesê Steve? Jy het net vir ons almal mooi uitgespel as jy moeilikheid soek gaan jy dit kry.

AndrewL ·

Diefie, of bedoel jy eintlik selfverdediging mag nooit ‘n opsie wees nie?

Vince ·

What a joke of a government….they can threaten but not be threatened…

Skerpioen ·

Die ANC is n joke: Dubbel standaarde. Net blankes is rassiste. Die ANC blammeer apartheid vir al hulle (ANC) se foute en korrupsie. Plaasmoorde bestaan nie in Suid Afrika nie. Blah blah blah… kom ons kyk hoe ver julle met hierdie klag kom!

Yvonne ·

Dubbel standaarde. Steve is braaf. Hy moet nie eers sy tyd mors want ons wit Suid Afrikaners is so bang vir die ANC en EFF. Ek kry skaam.

Hendrik ferreira ·

Net soos die land nie vorentoe kon gaan in die apartheidsjare nie net so is hierdie land gedoem sonder die ondersteuning en samewerking van die huidige benaadeelde minderhede.

SjN ·

Oud pres Mbeki sê self dat Mandela se optrede nie reg is nie en teen haar opgetree moet word, 2 stelle reëls geld volgens eff.

danie ·

Ai die jaloesie op ons wit mans is onmeetbaar hoog. Wat doen ons dan wat dit veroorsaak?

Jannie van Niekerk ·

Ons kan en wil werk en die meerderheid van ons wat ouer is as 48 jaar is hoogs opgeleide soldate in een van die paraatste weermagte ter wêrelds tot en met 1989 se bloedlose staatsgreep deur De Klerk en sy a.. Baie goeie rede om vreesbevange te wees vir blanke mans.

Ander Koos ·

Situasie in SA raak net meer absurd by die dag Dubbel standaarde en apartheidspook sal vir ewig met ons wees en dan word dit “ demokrasie” genoem. Verby belaglik

CallieL ·

Die ruggraatlose, kruipende wittes begin klaar kop uitsteek. Steve ek sal jou ondersteun. My niggie se man is by sy huis vermoor en sy is verkrag. My broer is in sy huis geskiet. Hy leef gelukkig en het een doodgeskiet. My oudste broer se kleinseun is op 8 jarige ouderdom so aangerand hy was dae in hospitaal. Ek was deur 3 gewapende rowe. Hoe lank wil julle wittes nog stilbly en nog erger ander vra om stil te bly. Hy is reg, ons betaal hulle salarisse.

Tokkie ·

Whats good for the goose is good for the gander dan moet mandela ook aangekla word

Hennie ·

Dit moet eintlik lees: “What is good for the Gander is good for the Goose” Mandela!

sweis ·

Die probleem is mabe weet nie wat rasisme is nie en as hy dink dit wat Steve gesê het rasisme is dan is sa vol my self ingesluit rassiste

Melanie ·

Het die ANC niks beters om tedoen as om tekyk waar hul blankes kan vervolg?Hoekom nie regte kriminele vervolg en hul aandag plaas op die dinge wat besig is om tengronde gegaan nl skole,hospitale,ensomeer

JV ·

As Steve aangekla word, kla Mandela aan, sy was erg met haar twiets.

Piet kokewiet ·

Jv ek stem saam jou.. en wat van Malema en BLF die goed wat hulle se is erger. Oms moet opstaan vir onself Rassisme is nou erger as ooit.

Albatros ·

@ekke. Het jy al ooit gedink dis juis oor sy vrou en kinders dat hy dit doen?

piet piet ·

Mense doen aan jou wat jy hulle toelaat verskil is sommige wit mense het te bang geword om asem te haal en praat net om iets te sê om jou te antwoord weet jy van n kriminele wet wat sê as jy wit is mag jy nie sê wat jy wil nie of is dit net n asumtion een waarop mense soos mabe floreer.?

Hans Richardt ·

Ek wonder darem of politieke party as organisasie in robuuste omgewing, enige dignitas het wat aangetas kan word?
Tweede vraag, onderskryf die ANC nou as politieke party, Zindsi Mandela se belesigings van wittes, met lê van basislose krimibele klagte?
Alhoewel ek nie met Steve Hofmeyr se openbare tirades oor doodslag vir lewe en eiendom saamstem nie, is dit my beskeie opinie dat Zindsi Mandela se twitter uitsprake teen wittes, as kollektief, crimen injuria was.

Gert ·

Weet nie waar sien hulle dat hy terugverlang na die verlede in daardie twiets nie, maar in elk geval dink ek almal in die land gaan begin terugverlang soos ons al hoe verder in die afgrond in bestuur word.

Lia ·

Jammer “ekke” maar vlug en laag lê was nog nooit die antwoord om konflik te hanteer nie. Steve kon seker sy misnoë beter verwoord het, maar hy neem tenminste verantwoordelikheid vir wat hy gesê het. Mandela se verweer was dat sy oor “maande uitgelok was”. Dit kan seker vir Steve ook geld. Hy het my ondersteuning..

Hans Richardt ·

Wat is definisie van crimen injuria en beginsels van selfverdediging?
Eerstens moet ‘n persoon dignitas hê wat aangetas moet word in openbaar.
Tweedens, is iets ‘n misdaad as dit nog op onbepaalde tyd in toekoms moet gebeur?

Madaleine ·

Steve vat jou gesin trek oorsee hier is nie n toekoms nie afrikaners kani saamstaan nie. Dalk kan jy van daardie kant af verandering teweeg bring hier gaan jy geboelie word en jou gesin verdien dit nie

Skoolgeld ·

Ag asb! Klink of hulle ñ afspraak gemaak het by die stasie om 13h00! Hoe laat begin hulle op Maandae werk “Lunchtime” ? Dankie Steve ek glo hier gan niks van kom nie!

George in Bloem ·

Daar is nerens enige iets in Steve se twiet wat enige soort klag enigsins regverdig nie. Die ANC gryp na strooihalmpies hier en gaan doodeenvoudig net weer die belastingbetaler se geld mors,maar ons is dit mos nou al gewoond of hoe? Pleks vee die narre van die ANC sirkus bietjie voor hulle eie deur aangaande rassisme.Daar is oorgenoeg werk vir die nuttelose bevooroordeelde MRK en hulle kan sommer by die Mandela vrou begin.

Verdedig ·

So eintlik wat Steve se ons betaal Tax so die staat moet luister na die man op straat en jy het die reg om jou te verdedig as jou lewe in gevaar is nou wat is verkeerd met dit hy het nie enige kleur genoem (as ‘n mens jou lewe verdedig kies jy nie kleur jy kyk na die omstandighede van aanval op jou en ander persoon)

George in Bloem ·

Dabkie tog. Ek stem 100% saam. En eintlik is die ANC ou se kommentaar heelwat nader aan laster as enige iets wat Steve gese het.Die belaglike dubbele standaarde is weer hard aan die werk soos gewoonlik.

sonnetjie ·

Ek verstaan nie….dalk is ek net stupid!!!
Die Mandela dame mag van ons blanke mens praat soos sy wil ens. Wat het met haar gebeur niks!!! Nou sê Steve sy sê op en hy is rasisties ens ens ens. Nee ANC julle is nou bietjie verkeerd.
Generaal Steve ek staan bank vas agter jou!!!
Terloops as iemand jou goed wil kom vat gaan jy net toekyk lede van die ANC? Nee ek dink nie so nie!!!
Hoekom moet ons blanke mense toekyk hoe julle wat ANC is ons goed net vat. Ek sal nie.
Mag ons Hemelse Vader met al die burgers in Suid-Afrika wees wat so onregverdig behandel word soos Steve en al die ander onskuldiges wat vervolg word!!!
God seën julle!!

Dries Moolman ·

“Giftige manlikheid”? Ag gee my krag! Die hele regerende meerderheid is DEURTREK daarvan.

ano ·

Ek ondervind dat ek deesdae meer haat in my ronddra as ooit tevore.

**anoniem** ·

Lyk my demokrasie swaai net eenkant toe in die land!! Steve word aangekla vir crimen injuria, maar Me. Mandela word net aangespreek…SIESTOG! Waar is Afriforum en VF+? Hoekom stel julle nie dieselfde klag teen Me. Mandela ook in nie? Dit wat sy kwyt geraak het was net so rassisties en boonop blaas dit rassegeweld aan.

Siener van Melbourne ·

Ek is nou wel nie n regter nie maar soos ek dit sien is dit slegs n dreigement as jy voldoen aan die kondisies soos Steve dit uiteen gesit het. Ek sal die saak uitgooi as ek n regter was en dan die ANC laat regs kostes betaal omdat hulle die hof se tyd gemors het. Dit is nou buiten die feit dat wat Zindzi en van Damme kwyt geraak het eerder kwalifiseer as haatspraak. Die klomp is n sirkus en n half, die kaartjies is egter verniet.

Kiewiet ·

Kry vir Gerrie Nel om jou te verdeedig . Laat hy die EFF die BLF die ANC ook aankla vir haatspraak. Zindzi en die res se haatspraak sal ook in die Hof onder die vergrootglas kom. Dan sal ons nou sien wat die Hof se besluit gaan wees oor wie se haatspraak die ergste is. Hoopenlik word hierdie Hofsaak ook in ander lande oorsee uitgesaai en kan die wereld dan sien hoe daar teen die Blankes gediskrimineer word.

o ·

Dit gaan nie oor bang of ‘papperts’ wees nie. Dit gaan hier oor die gevolge van sulke uitlatings. Blykbaar dink niemand aan die rippel effek van hierdie tipe uitlatings nie. Soms moet mens ‘n wag voor jou mond plaas…..

piet piet ·

Ek stem nie saam as jy elke dag n klap kry en jy los dit oor die rippel effek wat dit kan veroorsaak as jy iets daaromtrent doen gaan jy oor n paar weke simpel geklap wees.

nannie ·

Steve moet dan vir Mandela en Van Damme ook aankla.
Waarvoor wag tot hy aangekla word doen dit sommer nou.

KrokodilBotha ·

Persoonlik het ek nog nooit n probleem gehad as mens reguit die waarheid vertel nie. ANC soek brownie points.

Johann cb ·

Wat die ANC doen is 100% reg! Steve is besig om die lewe vir ons net nóg ondraagliker te maak! Hou op om hom slaafs te volg mense, hy doen niks konstruktief vir ons nie! Hy sorg vir homself!

piet piet ·

Dit is jammer ek kan nie sê wat ek wil nie maar ek gaan dit probeer sagkens stel ,TWAK.

Chrisjan ·

My kaartjies is geboek in die voorste sitplekke. Hier kom sports! En ek het nie DStv nodig nie.

Adam ·

Steve se opmerkings kan nooit crimen injuria daarstel nie. Die “you will die” gedeelte kan wel lei tot ‘n klag van aanranding gewoon. Alhoewel ek dink dit is tyd dat Hofmeyr hom van “politieke” uitsprake weerhou, kan ek nie verstaan hoekom daar nie klagtes deur blankes aanhangig gemaak word teen Mandela nie. Haar twiet voldoen onbetwisbaar daaraan om haar krimineel te vervolg.

Linda ·

Waarom n saak teen Steve maak as Zindzi Mandela se Ambassadeurstermyn die einde van Junie 2019 verskryk. Minuster Pandor het dit hierdie naweek duidelik gestel dat haar termyn NIE hernu sal word NIE !!!!

Flaffie ·

CallieL, jy kon dit nie beter gesê het nie…………..100% waar! Dankie

Philip ·

Elke wit man in SA moet na die hulle polisie stasie toe gaan en n klag teen Mandela gaan indien, sy het elk een van ons vals beskuldig as diewe en verkragters, as n paar miljoen wit mans so n saak gaan oopmaak en sy kan nie haar beskuldigings bewys nie sal hulle teen haar moet optree.

piet piet ·

Ek gaan net môre uitvind of dit n kriminele saak of n siviele eis is maar kla gaan ek kla wil sien hoe bewys sy dat ek n verkragter is.

Jan ·

Nou kom one stig n fonds en maak n gesaamentlike klag oop teen hulle.
NOU DIE VRAAG WIE GAAN HELP MET DIT ?

Thinus ·

Skep ‘n petisie vir Steve ondersteuners eerder as om hier kommentaar te lewer, wat moontlik nog uitgevee gaan word as jy dit waag om kommentaar te lewer en nie die regte persone bereik nie.

marous ·

Daar is geen Injuria is sy opmerking ne . Net feite . Wie is die klaer ?

Hein ·

Nou kan die res van die wereld die dubbel standaarde aanskou

Nico Willemse ·

Ek voel soos Steve,en stem saam met sy skrywe.Waarom moet ons stilbly? Ons het lank genoeg gesit en toegelaat dat daar oor ons geloop word.Ons moet nie toelaat dat ander ons boelie nie.Dis ons reg om vir onsself op te staan.

Emma ·

Steve sluit aan by n politieke party of skep jou eie dan kan jy se net wat jy wil en die anc opdraande gee ek hoop die dag wat jy moet voorkom in die hof sal daar duisende wittes opdaag om jou te ondersteun

Magda ·

Mooi Steve, nou kan jy ook begin met aanklagte teen EFF / BLF en ANC staan 100% agter jou – Sterkte

Outoppie ·

Ons Blanke Afrikanermans het ‘n saak teen me. Mandela. Iemand moet dit net reel en as ‘n Klasaksie klag aanhangig maak.Ons sal almal teken.

Dirk ·

Of Steve reg is of nie, die ANC/eff gaan vir hom en sy ondersteuners buite die hof wag. Maak seker dat julle die fight buite die hof ook wen anders kan julle maar net sowel noual begin vlug!

Victor ·

Jammer Steve. Jy gaan alleen in die hof staan met bitter min, of indien enige, blanke/boer/Afrikaner ondersteuning op daardie dag. Dit is ‘n waarborg en vergeet die sms ondersteuning.want daardie dag sal jy alleen in die kryt baklei. Ons mans gaan al die verskonings in die boek gebruik om daardie dag nie daar te wees terwyl jy alleen sal moet teen die EFF massas staan. Want, ons mans het laaaankal te slapg,t geraak om die EEF te konfronteer maar, ons kan mekaar natuurlik altyd aanvat! Ongelukkig gaan EFF in hulle honderde daar wees om jou en al die Afrikaner blankes te verneder. Jy is ‘n dapoer held en sal hopelik eendag onthou word as die man wat nie net op braaie braaf is, maar wel opgestaan het. Jammer dat ek ook een van die slapgatte is wat my rustige lewe verkies voor Blanke Afrikaner regte. My broers is baie, joune min. Jy gaan sien vir wie jy so baklei wanneer jy alleen deur die media, jou eie volk en EFF massas verneder word.

sweis ·

Victor praat net namens jouself hoe weet jy wat ek gaan doen.

victor ·

Sweis. Sal graag wil sien wat jy gaan doen. Laat weet asb.

Jannie van Niekerk ·

Dit is jammer dat Pule Mabe nie Maroela Media kan (of wil) lees nie.
Indien ek nuusbergite oor die radio reg verstaan, het mrtr Mabe gesê nie wit OF SWART mense mag haatspraak lewer nie of vra dat iemand doodgemaak word nie.
‘n Uitdaging aan mnr Pule Mabe: Terwyl u ‘n klag lê teen Steve Hofnmeyer, lê sommer terselfdertyd ook klagtes teen Andile Mngxitama en Lindsay Maasdorp (BLF) asook Julius Malema (EFF) . Hulle bepleit dan die uitwissing van wit mense. Dis mos ook om iemand dood te maak of geld die reel net vir wit rassiste en nie vir swart witmenshaters nie?

Magdalena Coetzee ·

Wonder net wat beteken “Kill the Boer”………..

Rina Kotze ·

Hier is soos ons almal weet te veel dubbel standaarde in die land!

Die ambassadeur se pa het blankes ook ‘n regverdige kans gegee.

Hy draai in sy graf om as hy sien wat nou gebeur.

Steve was geensins rasisties nie. En ons almal weet wie die werklike rassiste in hierdie land is.

Mag die wiel van geregtigheid vinnig draai en die wat eerste haat aanblaas, eerste aan die pen ry. Onthou, wat julle saai, sal julle maai!

Dan sal sal ons sien wie huil en smeek die hardste!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.