ANC Gauteng teleurgesteld oor Ramaphosa en e-tol

Outa, Cosatu, ANC en ander organisasies betoog teen e-tol by die Uniegebou in Pretoria (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

Die ANC in Gauteng het Sondag sy teleurstelling uitgespreek oor pres. Cyril Ramaphosa se standpunt wat betref e-tol op Gauteng se snelweë.

Jacob Khawe het in ‘n ope brief aan die president gesê die ANC in Gauteng is teleurgesteld dat hy nie enige verwysing in sy staatsrede gemaak het dat e-tol in dié provinsie geskrap sal word nie. “Die e-tolstelsel werk nie in ons provinsie nie en die meerderheid van Gautengse motoriste weier steeds om te betaal. E-tol, saam met gereelde verhogings in die petrolprys, lei daartoe dat die koste om handel te dryf buite verhouding toeneem en verminder die inkomste van die middelklas en arm huishoudings,” het Khawe verduidelik.

Die Gautengse struktuur het onlangs by ‘n vergadering van sy provinsiale uitvoerende komitee besluit om weer met Ramaphosa en staatsdepartemente in gesprek te tree “oor die idees en strategieë wat ontwikkel is om alternatiewe finansiering te bekom om die skuld te delg”.

David Makhura, Gautengse premier en provinsiale ANC-voorsitter, het in November verlede jaar gesê e-tol het “geen toekoms nie”, so lank as wat die ANC aan bewind bly in die provinsie.

Makhura het duisende ANC-lede, saam met lede van die vakbondfederasie Cosatu, die SAKP, burgerlike organisasies soos Outa en lede van die publiek gelei in ‘n optog na die Uniegebou om te eis dat e-tol geskrap moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hennie ·

So die ANC betoog teen die ANC. Selfde met munisipaliteite wat nie hul Eskom rekeninge vereffen nie… ANC betaal nie die ANC nie. Op hierdie wyse word landsburgers verarm en erg nadelig beïnvloed.

Me Too ·

Een groot stap wat hulle kan neem om geld te spaar, is om van die korrupte en geldgierige politici ontslae te raak en plundering en vernietiging van eiendom (hetsy privaat- of staats besit) te bekamp. O ja, en om ontslae te raak van die al die duisende politieke partye. Ontspoor die soustrein!

Gemaskerde Sopbeen ·

Volgende maand se petrol prysverhoging gaan die regering R2 miljard per dag verskaf…….want Eskom moet betaal word……..want die munisipale rekening-betalers se geldjies is gebruik vir bonuses, pret en fancy karre en klere…. Die enigste “cookie jar” met nog ‘n bietjie geld in is ons pensioenfondse……….watch this space!!

Dries du Toit ·

Watter een van die ANC partye regeer ons eintlik. Zuma se ondergrondse ANC met Mabuza, Magasule, ens. Die Guptas, die korruptes of Makura nou. Ai toggie

lewies ·

Kry mense in die strukture wat nie net vir die hier en nou lewe nie. Raak ontslae van individue wat nie volhoubaarheid verstaan nie. As die ANC hierdie dinge gaan doen, sal die party outomaties skoongemaak word van ongewenste elemente wat geen of baie min integriteit besit of selfs nie eers verstaan wat die woord beteken nie.

‘N LEWENSBEGINSEL “‘N HUIS OF KONINKRYK WAT IN HOMSELF VERDEELD IS STORT INEEN” Dit is my voorspelling.

Marinda ·

Kom ons staan net langs die kantlyn en hou die spel dop. Die uurglas is besig om leeg te loop.

Maljan ·

Gaan stem weer vir julle geliefde anc. Hulle sal soos rotte vlug die dag sat die lans en sy mense droog gebloei is.

Hanna Hoekom ·

Verfris asb my geheue: WIE het met die idee en implimentering van die e-tol stelsel opgekom? WIE het teen alle koste (en goeie raad) die e-tol stelsel op almal kom afforseer? Die cANCer natuurlik! En nou is hulle “teleurgesteld” in die einste stelsel? Wat n sirkus het ons land nie geword nie…

Jung ·

Die ANC gaan ‘n kommissie van ondersoek loods na die ANC se kommissie van ondersoek; hulle gaan bevind die ANC het ‘n gesplete persoonlikheid en is ‘n patologiese leuenaar wat kleptomaniese neigings het en aan narsisisme ly met defnitiewe psigopatiese afwykings…..

Koos wk ·

So kry ek die week n rekening van e-tol om te se ek moet my agterstalige rekening betaal!!! Dink hulle ek is regtig so dom soos die ANC!!! Plaas hulle daai papier gebruik vir toilet papier om hulle allies af te vee!!

Annamarie ·

Ek kry self ‘n rekening van ‘n BMW motor wat ek nie besit nie, se rekening op my naam en adres. Ek het in my lewe nog nooit eers ‘n BMW besit nie!!

Ag ·

Kom daar een goeie ding uit die ANC? Kyk na ons land. Het dit verbeter sinds 1994. NEE! Dit gaan net al hoe slegter. Hoe dan ook? Hulle het AL die bekwame mense afgedank en onkundiges aangestel. Hulle maak bose planne om hulle self te verryk. Gee ons asb die ou stelsel terug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.