ANC Gauteng veroordeel toename in grondgrype

Argieffoto (6 Augustus 2018) (Foto: Verskaf)

Die ANC-koukus in die Gautengse wetgewer het Woensdag ʼn toename in gevalle waar grond onwettig verkoop word in verskeie dele van die provinsie, veral in Pretoria, veroordeel.

“Hierdie kriminele sindikate beroof nie net mense van hul swaarverdiende geld nie, maar ontwrig ook die ontwikkeling en implementering van nedersettingsprojekte wat die uitdagings van ʼn gebrek aan behuising aanspreek. Ons doen dus ʼn beroep op lede van die publiek om enigiemand, insluitend raadslede, wat betrokke is by die onwettige verkope van erwe, te rapporteer,” het Mzi Khumalo, hoofsweep van die ANC in Gauteng, gesê.

“Daar is bewese vordering in mega- menslikenedersettingsprojekte en ons erken die volgehoue uitdagings weens ʼn gebrek aan behuising. Ons maan ons mense om bedagsaam te wees en nie die slagoffers te word van slenters nie.”

Die ANC het ook ander politieke partye veroordeel wat gemeenskappe aanmoedig om grond te beset.

“Ons veroordeel die onverantwoordelike en opportunistiese optrede deur populistiese politieke partye wat mense aanmoedig om grond onwettig te beset. Informele nedersettings wat nie goedgekeur of beplan is nie, het ʼn negatiewe impak op die verskaffing van basiese dienste soos water en elektrisiteit. Onwettige elektrisiteitsverbindings is gevaarlik en beskadig infrastruktuur en dit lei tot kragonderbrekings,” het Khumalo bygevoeg.

Gemeenskappe word aangemoedig om dié slenters by wetstoepassers aan te meld. “Elke onwettige grondtransaksie en grondbesetting veroorsaak ʼn ontwrigting en vertraging in behuisingsontwikkelings wat so dringend nodig is.”

Inwoners van Erasmuskloof in Pretoria het verlede maand gepoog om ongeveer 300 persone te verwyder wat onwettig ʼn onbewoonde stuk grond in die buurt beset het.

Pretoria News het berig die huiseienaars het ʼn petisie van stapel gestuur as deel van die poging om druk op Stad Tshwane se hoofadministrateur, Mpho Nawa, te sit om teen die grondbesetters op te tree.

Sommige lede van die Demokratiese Alliansie, onder leiding van voormalige raadslede Francois Bekker en Daryl Johnston, het na Tshwane House opgeruk om die petisie met 3 000 handtekeninge aan Nawa te oorhandig. Nawa was nie beskikbaar nie. Hulle het aangevoer verskeie pogings om Nawa te versoek om teen die grondbesetters op te tree, was tevergeefs. Stad Tshwane en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) besit die grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Oor dieselfde gemors wat in die Wes Kaap gebeur swyg die anc rowerbende soos die graf.

Persheks Adri ·

Snaaks hulle (ANC) hits dit nie aan nie, want ons is mos wreed as ons mense weg jaag in die koue volgens kopdoek! Hulle soek dan ons grond free gratis verniet…

Elméne ·

WOW – tipies ANC, verander hulle storie elke 5 minute, lieg en bedrieg sovêr hulle gaan en reik vals media verklarings uit om die wêreld te sus!!

Antoinette ·

Nou maar gee vir die dakloses van julle grond sodat hulle in vrede hulle gehuggies daar kan opsit. Help nie om te veroordeel nie. Dis die regering se skuld. Hulle voel niks vir hulle eie armes nie.

Jakes ·

Die dag as daar 2 m sneeu in die Namib woestyn val sal ek dit oorweeg om enige uitsprake van die ANC as geloofwaardig te ag.

Stella ·

Soos ramaphosa sê..maak di water geleidelik warm anders spring di padda uit..ek het nuus vir hom. Hierdi padda gani gekook word ni en het klaar uitgespring. My huis is inni mark ..oor n jaar trek ons sak en pak Namibië tu. Skip skop skip skop..pak jou goedjies op jou kop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.