ANC Gauteng: Zuma moet ‘besin’, ‘die regte ding doen’

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

Die ANC in Gauteng het in ʼn verklaring gesê pres. Jacob Zuma moet “diep nadink” en “die regte ding doen” om die ongeëwenaarde krisis, wat tans deur die ANC in die gesig gestaar word, op te los.

Die provinsiale uitvoerende komitee het Maandag vergader en gesê hulle neem kennis van en aanvaar die openbare verskoning wat pres. Jacob Zuma op 1 April gelewer het. “Die komitee glo egter die verskoning is net die begin om die politieke skade en wantroue te hanteer wat deur die wanbestuur van die Nkandla-saak veroorsaak is,” het Hope Mankwana Papo, provinsiale sekretaris van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

“Die party het reeds tydens die verkiesing in 2014 ʼn prys betaal, weens, onder andere, die woede van die kiesers oor die saak,” het Papo bygevoeg. “As die ANC moet ons introspeksie hou en besluite neem wat verreikende gevolge kan hê om die skade te herstel wat aan ons beeld gedoen is, sodat ons die vertroue van ons mense kan behou en geniet.”

Volgens die verklaring het die ANC “nog nooit die ondersteuning van kiesers as vanselfsprekend aanvaar nie”. “[Die party] is gestig om die regte van ons mense te beskerm en te bevorder.”

Papo het verduidelik die komitee het vergader oor ʼn gedetailleerde verslag oor die besluite van die ANC se nasionale werkskomitee wat betref die konstitusionele hof se uitspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jakes ·

‘N vis vrot van sy kop af? En binne magstryde verwoes hul intern. Dis die ideaal- nié mosies en hofsake.

JanPierewiet2 ·

…”die party is gestig om HULLE mense te beskerm en bevorder”… ai jai jai…

Johan ·

Ek wonder hoekom daar nou gewag gemaak word dat Zuma die regte ding te doen? Hy kan nie…
Dit laat my wonder of die regte is dat hy moet bedank? Dit laat my verder wonder oor gesag. Is daar regtig geen manier om van ‘n korrupte leier, of dit in die politiek is of in besigheid is, ontslae te raak nie, behalwe dat hy moet besef hy moet bedank nie? Lyk my geen grondwet het mag oor leiers wat hulle nie daaraan steur nie. Lyk my ‘n leier maak die grondwet nie die grondwet die leier nie.

Johann Marx ·

Johan, dis waar die fout ingesluip het in ons mags-oorgawe in 1992. Suid Afrika het nie ‘n “deelnemende demokrasie” nie, daarom sal daar nooit ‘n referendum oor enige iets gehou word nie. Suid Afrika het ‘n “verteenwoordigende demokrasie”….waar jou enigste demokratiese reg die trek van ‘n kruisie op ‘n stembrief is…en daarna sal die persoon of party waarvoor jy gestem het, jou verteenwoordig, en het jy geen verdere insette nie. Daarom kan hulle maak soos hulle wil…..en die enigste “teenvoeter” wat jy daarteen het, is om met die volgende verkiesing NIE vir hulle te stem nie.

Rupert Ashford ·

Dit is ANC diplomatieke taal dat hy moet gaan. Omdat hulle eintlik maar ver onder die nasionale liggaam is moet hulle egter hulle woorde tel. Die hele NUK is deurspek van Zuma kaders en dit is hoekom hierdie probleem nie opgelos sal wees as hy weg is nie. Daar is nog baie soos hy.

Johann ·

Ja shure…Zuma gaan seker nòù sy Doktorale insig toepas in Gespesialiseerde bokwagtery…in reaksie op die geblêr van die bokke rondom hom?

iffie ·

high hopes. die and het mbeki in die pad gesteek. maar Zuma ken hulle geheime. hulle is bang vir hom.

Stefaans ·

Dit is onredelik om van hierdie man te verwag om te dink

Pieter ·

Ja kyk hoe is mens afbetaal by prase ,eskom munisipaliteite en so kan jy aangaan maar zumpie bly so korrupsie bly

Josua Keys ·

Ons as mensdom wil hê dat dinge oornag moet gebeur maar in onse Vader se oë werk dit ongelukkig nie so nie, ek het lankal gesê dat die grootste fout wat Zuma gemaak het was om te sê dat die ANC sal regeer tot Jesus kom, alles wat besig is om te gebeur in die ANC is ‘n stelselmatige manier van onse Vader om te wys wie is werklik die oplosser en verlosser van ons land se probleme, ons moet net bly bid om Sy werke hierin te ondersteun en die sepe dophou, ek glo wonderlike dinge is aan die kom vir ons land maar dit gaan beteken ons moet op ons kniee bly en God se wil ondersteun.

Piet Piper ·

Zuma is en sal ‘n swak onbevoegde President bly………….een van die dae sal dit wees:” Zuma WAS een van die swakste Presidente ooit in ‘n land”. Kyk wie sit saam hom as Uitvoerende lede in die ANC banke…….Hoekom ?
“Birds of a feather, flocks together.”

Theuns ·

Ek dink dit is tyd om weer na Jacob Zuma se verlede te kyk en ek bedoel nie sy biografie soos in amptelike dokumente nie. As daar iemand van die Media is wat die berig lees vra ek dat die feite weer ondersoek word en aan die publiek bekend gemaak word. As ‘n begin na ‘n deeglike ondersoek lees die berig wat in die Sunday Times van 22 Feb. 2009 geskryf is deur David Beresford.( web link thetimes.co.za. Die berig vewys na “The Missing Years of Jacob Zuma” en beweer dat hy tweede in bevel was van n Kamp in Angola met die naam “MBOKODO” of Quadro. Mbokodo beteken ” The grindstone” . In Afrikaans die MEULSTEUN. Daar word ook beweer dat Zuma en sy hoof(Joe Nhlanhla) betrokke was by moord ?(Thami Zullu is vergiftig en Ben Langa is doodgeskiet? Ben Langa was die broer van Hoofregter Puis Langa. Zuma was, word beweer ook betrokke by onwettige diamant handel, geldwasery, prostitusie en ander kriminele dade. Zuma en Joe Nhlanhla het hulle glo ook nie gesteur aan hoer gesag in die ANC nie maar was n wet op hulle eie! Zuma het sy opleiding by Oos Duitse Stasi en die KGB ontvang. Vandaar sy vriendskap met Putin. Op n stadium was Zuma ook lid van die SAKP en is nog steeds ‘n ingeskrewe lid . Baie min mense weet dat Zuma vlot russies kan praat!

Wonder net ·

Ek wonder rustig by myself….

Word die begrip en beginsel van AANSPREEKLIKHEID en TOEREKENINGSVATBAARHEID [vir die gevolg en/ of nagevolg van jou eie dade/ woorde/ aktiwiteite] werklik verstaan en desvolgens toegepas?

Om bloot “jammer” te sê [en dit dalk moontlik selfs te bedoel], maak verseker nie alles in ‘n oogwink reg of ongedaan nie.
‘n Mens besef mos immers wat die gevolge/ nagevolge kan wees [of oorweeg dit immers van die staanspoor af] of besef mos immers dat daar dalk moontlik gevolge/ nagevolge vir jou eie dade/ aksies/ woorde/ aktiwiteit SAL wees. En nieteenstaande daardie moontlikheid dat daar wel gevolge/ nagevolge SAL wees…besluit jy self om steeds voort te gaan met jou beplande optrede/ dade/ aksies.

En dan, wanneer alles bietjie suur raak en jy uitgevang word, wil jy bloot jou skouers optrek en net bietjie “jammer” sê….???
Jy het immers willens-en-wetens opgetree.
Dus, myns insiens, is dit 110% jou eie perssonlike “skuld” en moet jy alleen die aanspreeklikheid aanvaar vir die gevolge/ nagevolge.

GERRIT ·

Kan hy dit bekostig om tuig neer te le. As hy more loop gaan hul verseker probeer om hom krimineel te vervolg. Keer hy nie maar daarvoor nie. Wonder maar net.

alida ·

Hy weet voor sy siel as hy bedank gaan hy vervolg word en tronkstraf kry. Dit is hoekom hy klou soos ‘n neet !!!1

Theresa B ·

Ha ha – En al die lekker prysgee. Dit wil ek nog sien……………………….

Rynhardt ·

Zuma weet nie wat die regte ding is om te doen nie, nog minder die Anc! Almal wil he Zuma moet bedank, maar niemand wil he Anc moet ook ontbind nie! Gister op RSG het ekonome bekend gemaak dat voor die einde van die jaar kan groei op 0% staan.Vir die eerste keer se ekonome iets sinvol.Zuma en Anc weet hul het n taak om uit te voer terwyl die meeste mense te blind is en in ontkenning leef!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.