‘ANC gebruik apartheid as verskoning’

EFF-ondersteuners Sondag (24 Julie 2016) tydens 'n verkiesingsveldtog in Sasolburg in die Vrystaat. Foto: ANA

EFF-ondersteuners Sondag (24 Julie 2016) tydens ‘n verkiesingsveldtog in Sasolburg in die Vrystaat. Foto: ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het Sondag gesê die ANC moet ophou om die nalatenskap van apartheid te gebruik as ʼn rede om nie dienste aan Suid-Afrikaners te lewer nie.

Malema het by die party se verkiesingsveldtog in aanloop tot die munisipale verkiesing in die Zamdela-stadion in Sasolburg gepraat. Hy het die ANC-leierskap oor die kole gehaal en gesê die regerende party gebruik apartheid se nalatenskap om “hul onbevoegdheid mee weg te steek”. Malema het gesê die ANC “gee nie om vir swart mense nie”.

“Daar is nie ʼn wit mens wat swak dienslewering aan mense gebring het nie; dit is die ANC en hulle hou aan om apartheid te blameer selfs nadat hulle al die afgelope 22 jaar aan bewind is,” het hy gesê. Hy het pres. Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy nie leierskapvaardighede het nie en daarom nie gemeenskappe se probleme kan oplos nie.

“Zuma is nie ʼn leier nie, maar ʼn rolmodel vir korrupsie. As ons van hom ontslae kan raak, het ons die stryd gewen,” het Malema aan die EFF-ondersteuners gesê.

“Wit mense se lewenstandaard word nie in gedrang gebring nie en hulle het toegang tot alles, maar die ANC hou aan om die regte van swart mense te skend deur toegang tot elektrisiteit, water en sanitasie van hulle te weerhou. Selfs die HOP-huise word nie behoorlik beplan nie. Julle verdien beter as wat die korrupte ANC-regering julle bied,” het hy gesê.

Malema het bygevoeg die EFF sal klinieke bou wat 24 uur per dag oop sal wees asook staatskleuterskole in elke munisipale wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Frederik ·

Juluis, dit gaan ook nie help as die klinieke 24 uur per dag oop gaan wees en daar is geen opgeleide personeel en voorraad binne nie.

Lance ·

Gaan altyd as verskooning gebruik word ….hy gaan ook as dit hom pas …hetval menigmale gedoen …se enife iets nou vir stemme …die ou is n groot gevaar …wil na niemand en niks luister as jy nie saamstem met waarin hy glo ….zim 2 met die man

Joann ·

Ek nou al dinges vol vir die verkiesings foefies. Kommin met n K

Cherokee ·

Die DA gaan buitendien met die EFF koaliseer en dan hoop om ‘n beter greep te kry.

Hein ·

Ek hoor tussen die lyne dat die DA klaar met die EFF begin onderhandel het in Pretoria om ‘n koalisie te vestig. Vreesaanjaend om te dink dat die EFF gaan die kitaar slaan in die koalisie as ‘n “kingsmaker” . Die senario sal so gaan: EFF, “Ontwikkel in elke oop area in Pretoria laekoste behuising of jy verloor die koalisie DA en ons sluit aan by die ANC”. DA, “Goed so, kom ons doen dit want die wit minderheid sal verstaan en weer ‘n keer stem vir ons in die 2019 nasionale verkiesing. “

Drieks ·

Onder Zuma is die tax geld op gesteel. Onder Malema gaan al ons kos, klere, motors en huise gesteel word. Weereens gaan die werkloosheid styg Malema.

Ander Koos ·

Hy raak gewoonlik ‘n klomp snert kwyt, maar hierdie keer is hy reg met die anc se apartheid verskoning. Wanneer dit hom pas sal hy egter dieselfde as anc doen. Bly maar vinkel en koljander, die een net erger as die ander!!

Arno ·

Malema verdraai ook maar die waarheid soos dit hom pas…

Witmense se lewenstandaard kom ook in die gedrang as dienslewering swak is en geen instandhouding gedoen word nie: Rou riool wat in strate afloop, woonbuurte vir dae sonder skoon water, onwettige koppelings wat veroorsaak dat substasies ontplof en mense dan sit sonder krag; slaggate wat nie herstel word nie – ‘n ongeluk wat wag om te gebeur vra nie wat is jou velkleur nie.

Malema moet besef dit is nie altyd maanskyn en rose in ‘n wit woonbuurt nie.

PMB ·

As dit nie was vir ons SA se kleurvolle geskiedenis nie dan was ons ook nou waar Zimbabwe is. Ons is wel oppad! Ek is moeg daarvoor dat wit mense se geskiedenis gebruik word vir hulle onbevoegdheid. Hou op om ander te blameer en kyk vir n slag in die spieel.

Gideon ·

Malema jy praat onsin!! Wat bedoel jy blankes se lewens standaard word nie geraak nie!! Vuil dorpe, paaie vol slaggate en poskantore wat nie meer bestaan nie maak my as iemand wat se standaard daal!

Johanna Botha ·

Hy verteenwoordig arm mense met Armani dit en Rolex dat ….as ek na die verteenwoordigers kyk lyk hulle almal kwaad vir iemand …die ene op kyknet vanaand wil selfs die Voortrekker monument se naam verander ….sy dink net haar gesiedenis moet bewaar word en geld ….geen agting of respek vir niks of niemand nie net die eie ek wat geld ..wil ook niks luister na rede nie

Ernst ·

Maroela, daar is nog n aanval deur n Syrian jongman in duitsland en een persoon dood en 2 beseer. Die media wereld het besluit dit is nie noemenswaardig nie, maar julle kan daaroor gerus berig.

Ben ·

Julius is erg maar hy is duidelik ook agter die witstem aan – die derde paragraaf. More wen hy dalk net en dan moet ek jy weer uitgeroei word. Hierdie ou kan nie vertrou word nie. Hy sal my nooit oortuig nie.

Veritas ·

Amper reg Jones. Jy maak net een groot fout deur te dink dat die Boere sal opgee. Ons is te dom om op te gee. Vir ons is dit tweede natuur om te veg wat vir ons kosbaar is. Vra maar die Ingelse. Hulle het ook eenkeer gedink dat die Boere sal opgee maar ons het nog nie. Solank ons asemhaal sal ons aanhou veg vir dít wat vir ons dierbaar is.

Sarie ·

Dan vra ek jou Julius watter kleur is Afriforum wat slaggate regmaak vir almal. Die verskil is dat as ons sien ons mense kry swaar dan spring ons in soos met Helpende Hand. Ons dink altyd ‘n plan B uit weg van die staatskas. Die townships hoef ook nie so te lyk as elkeen wat ‘n toelae kry net om hulle skoonmaak uit dankbaarheid in plaas van om doel loos in die strate rond te dwaal vir kwaadgeld.

Koos ·

Geldmors Sarie.Hulle moet die geld gebruik om instansies soos skole,universiteite,hospitale en sekuriteit vir die huidige benadeelde minderheid te skep want die regering doen niks

Esmay ·

Dankie Veritas. Dit is hoe ons boere is, almal dink ons het al opgegee, maar wag , ons wag net vir die regte oomblik dan gaan dinge gebeur. En ek wens ou Jones wil van die komentaar afklim. Ek het al v hom gesè hy is besig om mens te irriteer. Gaan lees jou eie koerant!!!

Anti-Haas ·

Ja Jones….
Al wat ek nog met trots kan sê:” Ek is WIT en ‘n BOER.”
Kan jy dieselfde sê?????

Jan maak n Plan ·

Ja Jones dis agv sulke twee gat jakkalse soos jy wat hierdie land is soos wat hy tans is. Maar jy moet mooi kyk in die geskiedenis wat gebeur met ouens soos jy op die ou einde.

snoefie ·

ai Julius, ai. wit mense kry en hulle lewenstandaarde verander nie, volgens jou. vee asb die slaap uit jou oe en gebruik dan jou skoon oe om die waarheid te sien. witmense BETAAL en betaal ten duurste om vuilis vewyder te kry. witmense BETAAL en betaal ten duurste om lopende water te he. witmense BETAAL en betaal ten duurste om (stukkende) teerstrate te he. Julius, maak dit sommer noual deel van jou verkiesingsmanifes: ALMAL IS GEREGTIG AAN NET WAARVOOR HULLE KAN BETAAL. NIKS IN DIE LEWE IS GRATIS NIE. moenie verwagtinge onder swartmense kweek wat hulle nie voor kan betaal nie. ons is agter almal geregtigheid op
1. vryheid van spraak.
2. om veilig te wees ongeag waar ons is.
3. om te behou wat ons voor betaal het.
4. op dieselfde respek as wat jy vir jouself wil toeeien.
5. om te kry wat ons voor betaal.

Theresa ·

Dis PRESIES reg. Die arme drommels wat nie verstaan dat absoluut als wat ons het, het ons voor gewerk en betaal nie, sal vir ewig en ewig met vuiste omhoog spring en skreeu vir al hul demands. En, die bietjie wat hul kon benut in vrede saam en ook ‘n bydrae moet gee om dit te mag hê, word met ‘n gemaal en gestorm afgebreek. Foei.
En as die staatspresident (kan ongelukkig nie hoofletter gebruik nie – net nie lus nie) die vyf punte soos jy noem, nakom, kan mense begin saampraat.

pieter ·

DA AS JULLE VRY VIR WIT STEMME SE VIR JULLE LEIERS HULLE MOET NIE VERWOERD SE NAAM NOEM IN HIERDIE GEMORS WAT HULLE N VERKIESING NOEM NIE. ONTHOU ONS STEM NET VIR JULLE VIR DIE MUNISIPALEVERKIESING DAN IS DIT TOTSIENS. ONS MAG DALK SELFS VIR DIE EFF STEM.

Hein ·

Pieter het jy al gehoor van die proposionel sitplekke. Jy kan regtig stem vir kleiner partye want proposionele stelsel maak dat jou stem werk. Onthou die DA gaan in koalisie met die EFF en die EFF gaan die kitaar slaan. Kan jy dit dan waag om vir die DA te stem? Ek het amper gese moet nie “stupid” wees en vir die DA stem nie maar ek sal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.