‘ANC gebruik interne magte om land te destabiliseer’

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

Die VF Plus het Dinsdag gesê die geweld wat in Coligny in Noordwes opgevlam het, dui daarop dat “die ANC-regering interne magte gebruik om die land te destabiliseer terwyl die land se sekuriteit nou oënskynlik in die hande van pres. Jacob Zuma lê”.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Dinsdag sy departement se begroting aan die parlement voorgehou. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het tydens hierdie debat gesê Mahlobo inkrimineer homself deur meer as ʼn maand ná Zuma se middernagtelike kabinetskommeling te sê hy het nog nie die geheime verslag gelees wat na bewering daartoe gelei het dat Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank is nie.

“Dit terwyl Zuma wel die verslag gelees het. Dit beteken [Mahlobo] doen nie sy werk nie,” het Groenewald gesê. “Die implikasies van wat die minister sê, is dat die president in beheer van staatsekuriteit is. Dit beteken daar word aan die president verslag gelewer en nie aan hom nie. Hy moet aan die mense van Suid-Afrika sê wie in beheer van die land se sekuriteit is.”

Pieter Groenewald tydens ‘n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Groenewald het gesê hoewel Mahlobo aangevoer het hy is bekommerd oor gerugte van buitelandse magte wat aan die werk is om ʼn bewindsverandering in die land teweeg te bring, is die VF Plus veel meer bekommerd oor interne magte wat besig is om die land te destabiliseer.

“Hier wil ek veral na Coligny verwys. Twee dae voor die beplande optog om dienslewering begin het, was ʼn man met die naam Tebele op die toneel wat besighede gewaarsku het daar kom probleme. Die minister sal weet waarvan ek praat,” het Groenewald gesê.

“Wat ek hiermee sê, is dat die mense van die land nie beskerm word nie. Die huidige regering misbruik interne magte om gemeenskappe te destabiliseer onder ʼn rookskerm van rassisme waar misdadigers sover gekry word om te stroop, brand te stig en vrees in te boesem by gemeenskappe. Die minister moet besef hy is in diens van Suid-Afrika, en nie in diens van die president van Suid-Afrika nie. As hy erns daarmee het om die publiek van die land se veiligheid te verseker, moet hy afstand doen van politieke konneksies.”

Groenewald het aan Mahlobo gesê hy moet sy werk doen deur enige sogenaamde intelligensieverslae te verifieer en seker te maak dat hy dit eerste lees. “Die president moet dit nie eerste lees nie, want dit beteken hy vat die werk uit jou hande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ai ·

Ja, hy slaan die spyker op die kop. Enige iemand wat Internationale nuus dophou en bietjie dieper krap as net om na CNN te luister sal weet dat presies die M.O gebruik word al vir jare in die Weste vir politieke doeleindes. Mense soos George Soros finansier sulke “rebelle” al vir jare en baat finansieel daaruit. As ek dit nie mis het nie het meneer Soros juis n “filantropiese” tak hier in Suid Afrika.

Rasse twis is n metode wat begin is deur die Engelse. Hulle weet dit en hulle weet dit werk.

snoefie ·

alles wat van die Engelse kom is kolonialisties en baie skeg tog huiwer kolonialiste se grootste haters nie om kolonialiste se metodes in te span nie.

al ·

Vat hom vas VF+! Daar is reeds weer ñ boer gisteraand vermoor op sy plaas in Noordwes! Ons land is moeg vir politiekery!
Hy is self geïnkrimineer deur ñ video in masseuse salon. En renosterhoring dink ek? Hy is geen voorbeeld!

Grassie ·

Dit is goed om te sien dat daar die afgelope tyd ‘n bietjie meer lewe in die VF+ plus kom. Dit lyk vir my die verandering in leierskap lewer goeie resultate.

Johann ·

DIE HANDPOP:. Dis n pop. N hol pop. In die plek waar daar moet iets wees in die pop, is daar niks. Die plek met niks is plek vir iets anders. So die hand pop het n gat. Vir die hand.pop om n HANDPOP te wees sit iemand sy hand in die holte waar daar niks is nie. M.a.w n hand in die pop se gat. Dan is dit n hand pop. Dan vermaak die iemand wie se hand in die gat van die pop waar daar niks is nie mense met sulke funny bewegings. Dis gewoonlik baie snaaks. Gewoonlik werk dit goed met kinders. Veral as die een wie se hand in die pop se niks holte is snaakse stemme maak asof die pop self praat. Mens kan so n pop probeer mooi maak met fancy klere maar dit bly maar n pop. Maar dis net snaaks as en totdat kinders besef dis nie die pop wat self beweeg of praat nie. Daar is ook TOUKIES POPPE…die grootmens naam daarvoor is n marijoewnet. Maar mens moet slim (erig) wees om n toukies pop truuks te laat maak. Hand poppe en toukies.poppe kos baie geld.

Piet Pompies ·

Die instansie wat die ANC gebruik om verdere revolusie te bewerkstellig is in London en word befonds deur die Guptas. Suid Afrikaners word selektief gekies om die revolusie aan te voer onder name soos Fees must fall en andere. Die doel daarvan is om die ANC te laat goed lyk deur verdere propaganda te versprei dat die land se probleme afkomstig is van rassisme.
Intussen maak die Guptas miljoene ten koste van Suid Afrikaners en Zume verkoop die land ten koste van sy eie beeld (Status)

Dereck Le Roux ·

Dit verklaar hoekom daar niemand nog in verband met openbare geweld en ander kriminele en rewolusionere misdade op Colghny in hegtenis geneem en aangeklae is nie.

Gert ·

Die amptelike opposisie skitter weer in hul afwesigheid. Te bang om iets te sê, want dan verloor hul stemme en hul sagte sitplekke in luilekkerland.

Dirk ·

Wat die agbare LP eintlik seg is dat die aanvalle op meer fronte is as net Coligny . En hy is reg. Wat hy egeter weerhou is dat dieselfde taktiek pre 1994 gebruik was. Hierdie is ‘n storie vir later.

Wat effens kommer is dat hy die destabilisasie tot die Departement Staatsveiligheid beperk. Dalk nie opstlik nie.

So ‘n aanslag is op vele fronte en deur vele organisasies. Soms gesamentlik en soms onafhanklik. Die inteligensiedienste wereldwyd is daarvoor bekend dat hulle frontorganisasies gebruik om bepaalde regeringsdoelwitte te bereik of te beinvloed of teen te staan. Daar is nog ‘n rede: om aandag af te lei van sake van die dag wat met so min moontlike weerstand bewerk moet word.

Guptas, Nkandla, OB verslag, smokkellary, rampokkery, nasionale gesondheid en vele ander.

Die agbare minister sê dan ook in ‘n ander artikel hier op Maroela dat hulle na alles luister en kyk wat die burgery doen. Die fokus is verseker op die “wit burgery” In dieselfde artikel slaan die agbare minister die apartheidssnaar as rede vir die onstuimigheid onder die swart burgery.

Dit saam met ander woordspelings soos transformasie, integrasie, grondonteining en radikale finansiele transformasie is niks anders as metodes om die wit burgery in submisie te hou nie. Dit verblind die wit burgery in so mate dat hulle nie kan organiseer teen die aanslag nie.

Aander swart politieke partye kaap weer die aksies onder finansiering van buite organisasies wat weer ‘n eie doel met die regering het. Hier in is gevaar.

John ·

Die mieliedriehoek en die gebied wes van Johannesburg is glo reeds geoormerk vir oorname en die beheer van SA se voedselsekerheid en daar word verwys na megaboerdery (lg glo volgens ann7)… Deur wie, reg langs Lenasia wes van Johannesburg tot by die Botswana-grens? Is dit nou heel toevallig dat opswepery in die’ gebied vreende vorme aanneem? Kyk mooi, hier is iets aan die ontwikkel. Daar bly reeds groot uitlandse gemeenskappe wat vanuit die buurland ingesypel het. Potch word ook bedreig. Die punt van die ysberg… ons myne en krag en nou ons landbou… Destabilisasie beslis en uiters slinks.

al ·

Hmmm…. Vreemd dat ons Minister van Staatsveiligheid nog nie agter die kap van die byl gekom het van die plaasmoorde nie….. Aangesien hy konsuis weet van als wat gebeur in ons landjie.
Mielieplase? Eish dit tower groot swart potte op van gaar mieliepap! Nou hoef ek nie gou Checkers toe te hol om pap te koop nie – hy dê pap hys varniet!

JG ·

“terwyl Zuma wel die verslag gelees het”…ons almal weet stortkop kan nie lees nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.