‘ANC gebruik pandemie om ras-ideologie te bevorder’ – Afrikanerbond

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land toe. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die Afrikanerbond het ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur waarin dié organisasie daarop wys dat die ANC die Covid-19-pandemie misbruik om sy eie ideologie te bevorder.

“Ons het nou by verskeie geleenthede verneem dat die regering swart ekonomiese bemagtiging (SEB) op verskeie maniere bevorder deur die volgehoue transformasie in die samelewing en radikale ekonomiese transformasie- ideologie van die regering. Ons weet ook nou dat swart ekonomiese bemagtiging as rasgedrewe transformasiedoelwit van die ANC en regering hierdie jaar gaan verskerp,” lui die brief.

Die organisasie verwys na Ramaphosa se versoek dat die verspreiding van Covid-19-entstowwe slegs geleenthede vir swart sakelui sal bied, die stigting van die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) wat swart entrepreneurs moet ondersteun en dat aansoekers vir radio-uitsaailisensies ook aan SEB-vereistes moet voldoen.

‘n Weermaglid op patrollie tydens die landwye staat van algehele afsondering. (Foto: Henk Kruger/ANA)

“Ons weet nou ook dat transformasie, oftewel rasgedrewe demografiese verteenwoordiging, nie meer net ydele politieke retoriek is nie, lui die brief. “Om Covid-19 te gebruik vir radikale ekonomiese transformasie (RET) is polities naïef en uiters gevaarlik. Die ideologiese doelwitte van RET sal die land voortstu op ʼn reeds katastrofiese en onomkeerbare weg van rampspoed. Die regering sal enige binnelandse en buitelandse belegging op groot skaal vervreem indien die regering voortgaan om ons ekonomie met ideologiese onbeholpenheid en rasteikens te verstrengel.”

Die Afrikanerbond waarsku ook teen die Wet op Rampbestuur en die gepaargaande nasionale bevelsraad en afsonderingsregulasies. “ʼn Meer permanente ‘nasionale bevelsraad’ is nou al vir tien maande gevestig om Covid-19 te hanteer en te bestuur, maar met die gevolg dat gesag amper roekeloos ingespan word vir ʼn klomp regulasies en optredes wat moontlik andersins nie toegelaat sou word nie. Hiermee word oorsig deur die parlement vermy.

“Alle aanduidings is tans daar dat die ANC-regering die voordeel ingesien het van heers en oorheers deur die Wet op Rampbestuur in ʼn ramptydperk en nie die beginsels van goeie regering volg wat deur die Grondwet daargestel word nie. Dit het die ruimte gebied vir die vinniger implementering van die ANC se weergawe van sosialisme en gesentraliseerde maatskaplike manipulering volgens die ANC se uitgediende ideologie van die nasionale demokratiese revolusie.”

Restaurante gesluit weens afsonderingsregulasies. (Foto: EatStanbul/Facebook)

Die Afrikanerbond is verder van mening dat die ANC nie meer die skeiding tussen staat en party wil of kan eerbiedig nie.

“Dit word duidelik dat afgesien van u normale regeringsaktiwiteite ANC-geleenthede ook blatant ingespan word om Covid-19 besluite en diepgaande regeringskwessies met Suid-Afrikaners te deel deur ANC-geleenthede soos die 8 Januarie- toespraak, die Progressive Business Forum-toespraak en die ANC-lekgotla-toespraak. Hiermee vervaag die noodsaaklike beginsel van skeiding tussen staat en party.

“Suid-Afrika het ʼn verwoestende 2020 gehad met Covid-19, en alle aanduidings is dat dit [2021] nie ʼn beter jaar sal wees nie,” voer die Afrikanerbond aan. “Ons land het nou dringend ekonomiese herstel nodig ná meer as ʼn dekade van wanbestuur, ineenstoring van dienslewering en infrastruktuur, beurtkrag, vernietiging van staatsondersteunde entiteite, xenofobiese geweld, grootskaalse korrupsie en staatskaping. Hierdie werklikhede het nog steeds ʼn enorme negatiewe impak op ons ekonomie, op ons land en sy mense. Dit is net deur Covid-19 vererger.”

Die organisasie sê hy is nie blind vir die uitdagings wat die land het nie, maar probeer juis om met sy direkte gesprekke met die president sinvolle oplossings hiervoor te vind: “Die Afrikanerbond bied hiermee weer ons hulp en denke aan u om Suid-Afrika in sy potensiaal te laat groei en te blom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Die Broederbond/Afrikanerbond (selfde ding) het dan so lustig daaraan meegedoen om die ANC in die posisie te plaas waar hulle in staat is om hul ideologie te bevorder. Het hulle REGTIG gedink alles gaan net pragtig en regverdig wees wanneer kommuniste oorneem? Het hulle gedink kommunisme is dood na die val van die USSR en Berlynse muur? Was hulle werklik só naïef? Maar noudat die broeders se kinders oorsee sit en hulle hul pensioen en medies kan verloor, nou is hulle ewe skielik ongelukkig. Julle het in 1992 die tandepasta uit die buisie gedruk. Om dit nou te probeer terug druk is haas onmoontlik.

Ralph ·

Jy is 100% reg. Alles wat met …bond eindig het nog altyd ‘n kinkel.

MT ·

Goeie opsomming, Gysbert!

Probeer egter met die oud-broeders oor hul gedokumenteerde onkunde praat, en gou sal jy hoor dat hulle sg. ‘verligtheid’ ‘n bloedige burgeroorlog voorkom het.

Ek vind dit egter vreemd dat meeste van die broeders en hul kinders so vinnig landuit gevlug het en nooit die ‘vrede en voorspoed’ kon smaak waarvoor hulle tydens die vorige bedeling so hard ge-arbei het nie!

En vandag staan die broeders ‘geskok’ en ‘verlee’ en ‘verraai’, en bly vasklou aan die wigte-en teenwigte wat blykbaar enige oomblik gaan inskop.

Jaco ·

Wat nou die Afrikanerbond is, was in die ou SA die geheime Broederbond. Die Broederbond was weer die “think tank” agter die regerende Nasionale Party. Stelselmatig het die Broederbond en die NP al hoe meer “hervorm”, al hoe meer toegegee en uiteindelik aan die ANC oorgegee. As mens die NP en die Broederbond gewaarsku het dat die hervorming nie gaan werk nie en hulle gewys het op hoe die res van Afrika lyk, het hulle jou uitgekryt as verkramp en rassisties.
So dis UITERS vreemd dat die Afrikanerbond nou kla oor SA so verval. Dis dan hulle “hervormings” wat die hele proses van verval aan die gang gesit het.

Ralph ·

Vir die oningeligte was alles mos net reg onder die NP bewind. Agter die skerms was dit ‘n ander storie.

Pieter ·

Die sal ek bly se. Anc en eff saam is die groot rasiste in S.A. As jy vir hulle stem is jy net so skuldig aan rasisme. – My opinie.

Joe Olivier ·

Nog een van fw en sy bende se referendum leuens dat dit nooit sou gebeur nie.

Alleen Wolf ·

Pasop Joe, jy mag nie daai verraaier en sy meelopers se naam gebruik nie, hulle sal jou kommentaar summier verwyder

Grassie ·

Kyk wie praat. Hierdie Afrikanerbond/Broederbond was een van die groot meelopers van die De Klerk faksie wat die land op ‘n skinkbord weggegee het. Nou sê hulle hul wil “hulp en denke” aanbied om die land te laat groei en blom. Asseblief nie – julle het reeds genoeg skade aangerig.. Julle het ‘n volk help vernietig. Los ons nou uit.

Anel ·

Wat as die blankes net begin om nie meer belasting te betaal nie? Waar gaan hulle dan geld kry vir hulle Bee? Ek wonder of hulle verstaan dat dit die bietjie blankes is wat die meerderheid werk aan die donker bevolking verskaf. Hulle wil nie vir hul eie mense werk nie want hulle word uit gebuit en mag nie kla nie. Nou mag blankes nie werk nie, maar hulle moet nog steeds die ander onderhou. Dis nou die tyd om te sesseer. Nie môre of oormôre nie, nou. Anders is dit te laat!!!

Jaco ·

Daars lankal regstellende aksie en BEE, so wit belastinggeld is nie meer belangrik nie.

Jedi Knight ·

Afrikanerbond, Broederbond, Gebroedselbond. Alles dieselfde.

Manda ·

Wel, niks anders is nou eintlik ‘n pluimpie vir hulle nie, aldus die Zondo-kommissie, so hulle het min opsies oor…

Pietertjie ·

Die woord “Hervorming” is misleidend. Hulle wil in totaliteit van blankes (let wel: ALLE Blankes) ontslae raak. En my ou volkie kan dit nog nie insien nie. Ons staar ons blind teen getalle, persentasies, teenwigte, en dies meer.

Francois Le Cochon ·

SA is die enigste land op aarde waar die meerderheid teen die minderheid beskerm word deur wetgewing.

Dries ·

Aaaag tog. Wil hierdie klomp swape wat hulself nog altyd beskou het as die intilektuele van die Afrikaner nou op en af spring. Maar hulle sit alweer die pot totaal mis. Hulle offer hulle hulp aan die vyand. Wil hulle nie maar besef wie is die vyand nie. Praat met die Afrikaner en los die ANC. Praat met die werklike Afrikaner organisasies soos Afriforum en Solidariteit

Alleen Wolf ·

Julle brom teen donderweer, die ANC sal hom nie laat beinvloed om sy rigting te verander nie, die land is gedoem solank ons met die huidige regering of enige ander regering wat deur die meerderheids bevolking ingestem sal word regeer word, ons hoef maar net na Zimbabwe as voorbeeld te kyk.
Meer korupsie en chaos is SA se voorland.

J ·

Die EFFenANC honoreer nie die 1994 vredesooreenkoms nie. Ingevolge die 1994 ‘skikking’ moes die ‘oorlog’ (struggle) beeindig word … maar die EFFenANC het nie vir een oomblik sedertdien ophou ‘oorlog voer’ (struggle) nie.

Jammer om die slegte nuus te breek … daar word OORLOG gevoer teen Witmense!

Rassehaat teenoor Witmense is die enigste dryfveer vir ALLES … daar was nog nooit oorweeg om ‘veelparty demokrasie’ te vestig nie.

Die EFFen ANC se OORLOG teen Wittes steur hom nie aan verkiesingsuitslae nie. ‘Demokratiese verkiesings’ word net gebruik as ‘window dressing’ om die naiwe Wittes te ‘bluf’ … en om GELD te kry van liberale Westerse lande (en individue).

Ons ‘paddatjies’ is klaar gaar gekook in Cyril se pot? … ons besef dit nog nie?

Groen Ghoen ·

Die AB en die NP het seker probeer om destyds ter goeder trou op te tree? In die middel 1980’s was SA bykans alleen en in diep water (Onthou gerus ook die buitelandse skuldkrisis in 1985). Daar was nie soos met die VSA vir Israel, gewaarborgde beskerming nie. Die SAW en SAP het die “vryheidsvegters” buite die landsgrense gehou en vir die politici bewegingsruimte gegee . Die ANC het waarskynlik die kortbroek NP onderhandelaars se goedgelowigheid uitgebuit en deur die land binnelands met brutale geweld onregeerbaar te probeer maak, die aanvanklike inisiatief by De Klerk oorgeneem. Lees gerus dr. Anthea Jeffrey se “Peoples war.” In ‘n hoofartikel in Die Burger geskryf deur mnr. Dommisse het De Klerk voor die Londense Persklub erken dat hy “oorgegee” het. Tog, is daar baie mense wat deur die openbare media se misleiding die waarheid kon raaksien en sin uit die chaos kon skep. Onthou u nog dr. Max du Preez en prof. Piet Croucamp se debatte met Kallie Kriel?

MT ·

Wanneer het Max sy doktorsgraad verwerf? Ongeveer dieselfde tyd as Dr Carl Niehaus?

Axel ·

Cyril Ramaphosa jou eie mense groet eerste. Baie geluk, want one Afrikaners gaan jou jou gat laat sien

Okmardom ·

Waar is pres. Zuma vandag? Dalk al 32ft. Chicken or beef?…he he heee.

Jakes ·

Die ANC is net so rassisties soos die EFF en CR staan bankvas agter hulle en is eintlik die voorbok. Het Piet Retief se moord deur die Zoeloes nie eeue gelede bewys dat hierdie mense nie vertrou kan word en dat hulle nie bevoeg is om n nasie te regeer nie?

Heinrich ·

Die brief dien geen doel nie. Die ANC het lank voor CoVid rasse-ideologie bevorder, al wat die brief doen is om die ANC se plan vir hulle te bevestig.

Koos ·

Almal weet hoekom hul dit so doen daar gaan maar net weer ‘n komissie van ondersoek aangestel word om te probeer uitvind wat het vd geld geword.

Jan ·

Nie net die ras-ideologie nie, ook die korrupsie-etos gedy onder covid met miljarde dollars wat die land instroom onder die voorwendsel van “in die belang van gesondheid”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.