Die Demokratiese Alliansie het Sondag die ANC daarvan beskuldig dat die party “skaamteloos staatsgeld gebruik om die ANC se verkiesingsveldtog te befonds”.
“Barbara Creecy, LUR vir finansies in Gauteng, het R100 miljoen van provinsiale geld begroot om kiesersregistrasie in die provinsie aan te moedig, ondanks die feit dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) R1,5 miljard per jaar van belastingbetalers ontvang om dit te doen,” het Ashor Sarupen, DA-LP in Gauteng, gesê.
Volgens die DA sal dit gunstiger wees indien dié geld aangewend word vir provinsiale departemente wat finansieel sukkel, veral die departement van gesondheid wat R1,4 miljard skuld en nie verskaffers betyds kan betaal nie.
Die party het ook aangedui dat die geld eerder aangewend kon word om die droogtebystandspakket, wat tans steeds na beraming R120 miljoen kort, aan te vul.
“Die ANC-regering is egter besig met ʼn ydele veldtog wat eerder die premier en die ANC bevorder as die verkiesing,” het Sarupen gesê. “Dit is ʼn skaamtelose misbruik van openbare geld om die ANC se verkiesingsveldtog te steun.”
Dit is maar soos die ANC is skelm en agterbaks. Die Da en ook al die ander partye moet so ver moontlik al die inligting bekend maak sodat die kieser dit kan weet en hopelik korrek daarmee handel by die stembus
al die parlementslede, OOK die parlementslede van die DA, het onlangs 5% salarisverhoging gekry. met ‘n salarispaket wat voor die verhoging reeds meer as R1miljoen per jaar EN n lekker huis EN n lekker motor EN lekker onthaaltoelae EN verniet vlieg ingesluit het, is daardie salarispakket en die 5% verhoging OOK so te sê diefstal/verdure uitmelk van belastingbetalers se geld. Kortom, wanneer dit kom kla oor die vermorsing van belastingbetalers se geld, moet die DA doodstil bly.
Nou hang hulle aan die groot klok vir almal om te sien.
Die anc het geen respek vir belastinggeld, belastingbetalers of die land nie. Hulle beskou hulleself as gode en is hier om gedien te word. By monde van ons eie magsdronk koning het hy dit duidelik gemaak dat die anc eerste kom. Sy adjudante het ter ondersteuning gesê dat die anc hulle eie wette het en dus nie gebonde is aan die wette van die land nie.
So wat kan ‘n mens verwag van ‘n party met geen integriteit, gierig en ‘n onuitblusbare sug na eer? Nie veel nie. Hierdie is maar net die begin.
Tipies, wat anders dan? Wonder hoe leeg is die staatskas al… skraap seker al op die bodem..
Ww vir die meeste kiesers is n simpel geel T hemp met n gesig daar op vir hulle belangrik want dis verniet en daar is mos politieke partye wat belangriker is as die inwoners van die land en dis hoekomdaai geld vir hulle aanwins gebruik mag word ongelukkig gaan dit weer eens nien verskil by die stembus maak nie
Die verstreurende ding van alles is dat niemand iets daar omtrent gaan doen nie. Soveel blatante gevalle van oneerlikheid word amper daagliks onthul, en dus word daar niks daaraan gedoen nie. #ekisgatvol
Vertel ons iets wat ons nie weet nie, hierdie is ou nuus ons weet dit teen die tyd hoe hulle ons geld mors.
Ek stem saam met “m”. So wat’s nuus. Het al baie munisipale vortuie gesien wat ANC plakkate opsit. EK daag die DA uit om hulle stelling te bewys. Hulle sal dit nooit reg kry nie.
As elke draadsitter vir die DA stem sal hulle die mandaat hê om iets te kan doen ,nie dat ek dit doen nie my stem gaan vryheisfront. …se maar net
Michael, wat probeer jy jou eintlik se? Steun die een maar stem vir ‘n ander. Kom by man
Nee Alida, hy praat van die draadsitters, dit is mense wat nie stem nie maar die grootste lawaai maai. As elke blanke stemgeregtige in ons land stem vir een of ander politieke party beteken dit ‘n stem teen die ANC wat hulle dan verswak , maar as almal dan vir byvoorbeeld vie die DA stem kan dit help om die ANC moonlik uit die kussings te lig. Daar is duisende skreuende mense daar buite wat nie stem nie maar baie lawaai maak. Dink maar daaraan, ten minste vir die mense wat nog kan dink en politiek verstaan. As die lawaaimakers dalk wag vir die perfekte politieke party is ek bevrees gaan hulle ‘n laaaaang wag he want daar is nie so ‘n pary nie.