ANC gedaag om premierskandidate bekend te maak

DA-premierskandidaat vir die Wes-Kaap Alan Winde saam met Carl Pophaim, Albert Fritz en Phumzile van Damme in Waalstraat, Kaapstad (21 Januarie 2019) (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die ANC is voor die uitdaging gestel om diegene wat die party as provinsiale premiers wil aanstel, se name aan te kondig sodat kiesers weet vir wie hulle stem.

Die uitdaging aan die ANC is in Kaapstad gerig deur die Wes-Kaapse DA-premierskandidaat, Alan Winde, wat na die name van verskeie bedenklike persone op die ANC-kandidatelys verwys het.

Winde was vergesel van die DA se presidentskandidaat, Mmusi Maimane, en sewe van die ander DA-premierskandidate – Andrew Louw (Noord-Kaap), Jacques Smalle (Limpopo), Joe McGluwa (Noordwes), Solly Msimanga (Gauteng), Patricia Kopane (Vrystaat), Jane Sithole (Mpumalanga) en Zwakele Mncwango (KwaZulu-Natal).

Die enigste afwesige kandidaat was Nqaba Bhanga (Oos-Kaap) wat besig was om vloedslagoffers in Port St. Johns by te staan.

Die DA, IVP, ACDP en VF Plus is die enigste hoofstroompartye wat hul premierskandidate aankondig, met die argument dat die premier heelwat mag het en dus ʼn spesifieke visie vir die provinsie kan daarstel en implementeer.

Daarteenoor voer partye soos die ANC aan dat kiesers in elk geval vir ʼn party stem en nie vir ʼn individu nie, en dat dit die party se keuse is wie as premier ontplooi word om die party se beleid te implementeer.

In die geval van die ANC was die gebruik tot en met die 2004-verkiesing dat die party se nasionale leier die premiers aanstel.

Sedert die 2009-verkiesing stuur elke provinsie drie name na die nasionale leierskap, en die nasionale leierskap kies een van die drie om die provinsie te lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stompie van As ·

Persoonlik stem ek vir n party wat my waardes verteenwoordig en het wie die premierskandidaat is niks daarmee uit te waai nie. Ek stem dus trots VF plus.

Johan ·

Die premier is die een verantwoordelik vir die doeltreffende funksionering van die provinsiale regering. Natuurlik is dit belangrik wie dit is en behoort dit een van die dinge te wees wat kiesers in gedagte moet hou wanneer kruisies getrek word.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam. Die manne in beheer van die Kakistokrasie moet eers kyk watter moontlike kaders vir pre-mier doen dalk al “Window shopping” vir Oranje snyers-oorpakke!

Boerin ·

Die ANC kandidate lys is n geheim want almal daarop is in die Zondo kommissie geinkrimineer!
Ek het iewers gelees die top 20 staan onder grooot donker wolke ! Eerbare mense soos Pravin Gordan staan 73ste…Skande !

jaco ·

Interessante keuse vir Wes-Kaapse premierskandidaat. Die DA is dan TEN GUNSTE VAN regstellende aksie. Selfs die VF-Plus se Wes-Kaapse premierskandidaat neem regstellende aksie in ag.

Karin ·

Hoekom wonder ek skielik waar onse Cyril staan na die verkiesing?

riaan ·

Wat maak dit saak wie die premierskandidate is? Ons weet mos hulle is ALMAL korrup en onbevoeg so dit maak geen verskil nie.

Net soos dit geen verskil maak dat da hulle kandidate bekend gemaak het nie. Helfte van hulle het ek nog nooit van gehoor nie en die res het nou nie juis ‘n baie goeie “track record” nie – veral nie msimanga wat nie eers Pta kon bestuur nie!

Johan ·

Alan Winde het in Helen Zille se provinsiale regering gedien vir n geruime tyd en geen rede om te glo dat hy nie die goeie dinge wat haar administrasie gedoen het voort gaan sit nie.Staan elk geval kop en skouers uit bo die ander premierskandidate

Johan ·

Was in die ekonomiese ontwikkeling portfolio wat groot tree vooruit gemaak het vir die provinsie in terme van beleggings en toerisme (Wesgro is ook op die been gebring tydens sy termyn in die posisie).Liewers iemand wat die huidige provinsiale regering ken, weet hoe dit funksioneer en n rekord het van iets positief bydra.
Een swaeltjie maak wel nie n Somer nie, maar die posisie van Premier is die belangrikste in die provinsie en kan groot faktor wees in die sukses al dan nie van die vlak van regering.

riaan ·

Zille was die laaste een van die da wat iets betekin het, maar dit se nog steeds niks van Winde nie!

Johan ·

Winde het die ekonomiese ontwikkeling portfolio gehad in Zille se administrasie en die provinsie het groot vooruitgang getoon op daai gebied (Wesgro is ook op die been gebring tydens sy termyn). Die man blyk beslis n bate te wees en boesem beslis die meeste vertroue in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.