ANC-gedrag word ondersoek ná chaos by Pta-raadsvergadering

DA-raadslid Elma Nel in die hospitaal ná sy in 'n algemene Tshwane-raadsvergadering aangerand is (27 September 2016) (Foto verskaf aan Maroela Media)

DA-raadslid Elma Nel in die hospitaal ná sy in ‘n algemene Tshwane-raadsvergadering aangerand is (27 September 2016) (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die burgemeester van Tshwane het gesê die ANC se ontstellende gedrag in die raadsvergadering sal ondersoek word en sanksies sal toegepas word.

“Dit is duidelik dat die ANC na die raadsvergadering gekom het, vasbeslote om die verrigtinge te ontwrig,” het Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, in ʼn verklaring gesê. “LUR Paul Mashatile is heeltemal reg dat die ANC die vertroue van kiesers verbreek het. Die gedrag van die ANC deur fisiese geweld en aanranding en om eiendom te beskadig, oortree alle redelike gedrag in enige wetgewende liggaam.”

Msimanga het gesê ʼn ANC-raadslid wat ʼn vroulike raadslid gestamp het dat sy op die vloer val, en ʼn vroulike raadslid van die EFF wat ook gesigbeserings opgedoen het, sal ondersoek word. Die ANC-raadslid wat ondersoek word, se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig die twee vroue, DA-raadslid Elma Nel en EFF-raadslid Anna Masemola, het reeds sake van aanranding en intimidasie teen die betrokke raadslid by die Wonderboompoort-polisie aanhangig gemaak. Nel moes ná die aanval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem word vir behandeling en Masemola is na verneem word na die Steve Biko-hospitaal geneem.

Matthew Gerstner, waarnemende woordvoerder van die burgemeester, het gesê die ANC het in die raadsvergadering ook valse en misleidende besware aangeteken teen die regmatige aanstellings wat burgemeester Msimanga kragtens alle reëls en wette gedoen het. “Ondanks enige dispuut oor aanstellings, kan die aggressiewe en gewelddadige optrede van die ANC nie geregverdig word nie,” het Gerstner gesê. “Die ANC se ontwrigting vertraag die raad se bedrywighede en dit verhoed slegs verandering en dienslewering wat ons inwoners verdien.”

Gerstner het bygevoeg Msimanga sal dringend met die ANC op provinsiale vlak vergader. “Hy sal vandag nog met [LUR] Paul Mashatile en [Gauteng-premier] David Makhura vergader om seker te maak die ANC hou nie die raad gyselaar nie.”

Nel het Woensdag uit die hospitaal aan Maroela Media gesê ʼn groep beweerde ANC-betogers het die oggend na die munisipale kantore in die middestad opgeruk om te betoog teen die aanstelling van ʼn ANC-raadslid in Wyk 19. Lees meer.

Posted by Shane Maas on Tuesday, September 27, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

popeye ·

Ja, ondersoek julle maar terwyl hierdie vroue in die hospitaal ondersoek moet word….lafaards!

Lance ·

Ondersoek ondersoek …kom byna nooit iets van n ondersoek in die land …en as daar iets van dit kom ontsnap die skuldige of word net in n ander pos aangestel …dis net n gemors …is daar iets wat nog werk hier behalwe barbaarsheid, boewery wanorde en opsweepery

Danie ·

Kyk dit is hul( die anc )se manier van doen as hulle nie hul sin kry of gefrustreerd is deur hul eie toedoen dan raak hulle aggresief en fisies hou nie van verloor die wa se wiele kom nou vinnig af

miss piggy ·

laat nou my vermoede dat ancyl agter die gemors by universiteite sit net toeneem. n opdrag van bo moet mos uitgevoer word.

Anoniem ·

Hulle lyk nes die oproermakers by die universiteite as hulle so goed rondgooi (behalwe hulle is so 20 jaar ouer). Nou weet ons waar het die oproermakers hul voorbeeld gekry.

James ·

En die een wat met die stoel gooi moet aanranding met die doel om “ernstig ” te beseer klag kry teen hom .

John ·

Die jeugliga, sonder jeugdiges, is ‘n regering sonder portfeulje wat nie aan enige verkiesing deelneem nie, sakke vol geld het (geskenk deur baasbreine) en net doen wat hulle wil en se wat hulle wil ~ ‘n voortsetting van die terroriste se sg bevrydingsbeweging van destyds. Hulle verteenwoordig die ware wese en is in direkte kontak met die opperbevelvoerders. TV-stasies wys hoe vuurhoutjies gebruik word en dra die gees van verwoesting uit. Soos tydens die sg lente-opstande elders, is daar grootskaalse sms-kontak tussen studente en wie ook al sosialisme en wetteloosheid steun.

Theresa B ·

Ondersoek!! Ag help tog. Hulle ondersoek altyd alles en die skuldiges kom altyd weg met wat hul gedoen het. Hierdie spul doen net wat hul wil en kom met alles weg want niks word aan hul gedoen nie. Hier is geen wet en orde meer in ons land nie. Geweld seevier want dis al “taal” wat hulle ken.

Danie ·

Ook net as hul in “swerms” is
Een -een sal hulle nie so iets doen nie

Theresa ·

Presies. Altyd hordes. Daar is mooi vergelykings daarvoor.

skewes ·

Barbaars. Opvoeding begin al tuis. Wat het geword van respek en etiket. Ons het in ons Dept en Afdeling ondervind dat vergaderings, (CoT) wat voor sluitingtyd gehou word meer dissipline toegepas word en vind georden plaas. Mense wil huistoe gaan en besluite word oordeelkundig en sonder baie redenasies geneem.

Eddie de Jager ·

Hierdie is duidelik die stuiptrekkings van ‘n liggaam (ANC) wat weet daar is baie geheime wat ontbloot kan word. Om nou die nuwe burgemeester te beskuldig van oortredings wat jare die norm was vir die regerende party is net ‘n teken van hulle ongemak. Die nuwe burgemeester gaan alle ondersteuning moontlik nodig hê van mede raadslede en ons, die publiek om hierdie soort vertragings taktiek te stuit. Ek sê dit altyd: Moet nie vergeet dat die meederheid senior figure in die regerende party deur Oos Duitsers, Kubane en oud kommunistiese Rusland opgelei is. Hulle ken net een taal “revolusie” en propaganda. Ons kan maar gewoont raak aan die soort gedrag nou dat hulle as amptelike oposisie moet funksioneer. Sterkte Mnr Msimanga en hou dit skoon.

Theresa ·

Ek skaam my dood dat mense hierdie barbaarse gedrag in ons landleiers moet sien. Sies! Geen voorbeeld vir enige ordentlik opgevoede mens nie. Weet ook te min en demand als wat hul nie uit ordelike samesprekings en TYDIGE uitvoerbaarheid met regverdigheid en wettigheid moet kan doen nie. Verdien geen respek nie en dit sal nie verander nie – respek is reeds verlore. Maar ja, mense kan net vir ‘n sekere tydperk hul ware self wegsteek agter allerlei opgetofheid. Dan kom die waarheid ( wil nie sê ware kleure nie – dan dalk moeilikheid vir diegene wat nie die gesegde reg verstaan nie!) na vore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.