ANC gee Baaise komitee die trekpas

Lulama Ngcukayitobi, Oos-Kaapse provinsiale sekretaris van die ANC. Foto: ANA

Die ANC in die Oos-Kaap het die streeks- uitvoerende komitee van Nelson Mandelabaai ontbind en is van plan om ʼn taakspan aan te stel om die organisasie se werk oor te neem, het die provinsiale uitvoerende komitee Dinsdag gesê.

Lulama Ngcukayitobi, ANC- provinsiale sekretaris, sê die party het die besluit geneem ná ʼn deeglike ondersoek na die streek en bevind dat die wanfunksionele streekskomitee ʼn gevaar vir die hele organisasie ingehou het.

“Die provinsiale uitvoerende komitee het bevind dat dié streek nie daartoe in staat was om die 70%-teiken van funksionele takke te haal nie,” sê Ngcukayitobi.

Hy sê die laaste strooi was die geveg in Nelson Mandelabaai se wyk 60 toe die voorsitter ten aanskoue van streekskomiteelede met ʼn mes gesteek is. “Ons het besluit om dié komitee te ontbind en ʼn samehorige en verenigde taakspan in hul plek aan te stel.”

Ngcukayitobi ontken gerugte dat die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, lid van die nuwe span is. “Ons sal wyd oorleg pleeg om geskikte manne en vroue te kry wat in die span kan dien, maar ons kan nie mense daarvan weerhou om hul mening te lug en wenslysies saam te stel nie.”

Hy sê die streekstaakspan sal die ANC se werk in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing koördineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tamboti ·

Mooi man, geniet die onderlinge twis, letterlike rug stekery en o ja – politieke moorde.
Onthou net, ons Jan publiek betaal vir julle deur dik en dun, bloed en dinges as dit die fan strike. So moenie worry nie, we got you covered.

humor ·

Wie kon ooit in die heel wildste drome dink dat bg. die toekomstige werklikheid sal wees. Ja miskien ons die sg. verkrampte ver -regses, maar self ons het nie die volle gevolge besef nie.

Sarel ·

Die ANC sal sy/haar kommitee geweldig moet verklein aangesien dit moeilik sal wees om geskikte persone binne die party self te vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.