ANC gee groenlig vir grondonteiening sonder vergoeding

ANC-se-vlag-deur-ANA

Die ANC se vlag. Foto: ANA.

Die ANC het gesê hulle sal voortgaan om wysigings aan Artikel 25 van die grondwet aan te bring wat die onteiening van grond sonder vergoeding sal bewerkstellig. Só het Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se subkomitee van die nasionale uitvoerende komitee oor ekonomiese transformasie, Woensdag gesê.

Dié uitlatings is tydens ʼn mediakonferensie by die ANC se 54ste konferensie in Johannesburg gemaak.

Godongwana het toegegee dat gemoedere hoog geloop het tydens die debat oor dié kwessie deur afgevaardigdes.

Godongwana het gesê sekere voorwaardes word aan dié besluit, wat tydens die party se beleidskonferensie in Junie aangeneem is, gekoppel.

Dit sluit onder meer die volhoubaarheid daarvan in. “Wat is die voorwaardes vir volhoubaarheid? Dit moet onder meer nie ʼn impak hê op landbouproduksie, voedselsekuriteit en ander sektore van die ekonomie nie,” het Godongwana gesê.

Artikel 25 van die grondwet handel oor eiendomsregte. Tot op hede het dit voorsiening gemaak vir die onteiening van grond indien dit binne die openbare belang of doelwitte val. Dit het egter duidelik gemeld dat die grondeienaars deur die regering vergoed moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Schalk van der Merwe ·

Zimbabwe 2. Wat se FW en Roelf nou? Dis nou soos ‘n toon aangewende grondwet moet werk ..

Jakalas ·

Dis maar net nog ‘n plooi om stemme te werf. Hulle sal dit nooit kan verander nie. As iemand daai grond gekoop het, kan hulle dit nie net vat nie. Al word daar niks op die grond gedoen nie. As hulle daai grond wil hê moet hulle dit by die eienaar koop wat die bond op daai grond het.

Jakalas . . . huh?? ·

Jakalas??? Sodra die Afrikaan nie sy sin kry nie . . . dan maak hy ʼn wet.

In Zimbabwe was ʼn nuwe wet ter tafel gelê, wat die “veteraan” wettig toegelaat het, om ʼn blanke boer met GEWELD van sy plaas af te verwilder.
BAIE boere wat hulle verset het, is DOOD gemaak, met die goedkeuring van die regering, juridiese stelsel & die polisie . . . . wáááár was jy gewees toe dié vergrype elke dag ons koerante se voorblaaie gehaal het?!

johan ·

dit gaan n hartseer dag wees in die land , soos die engelse gedoen het om net die grond te vat …… sien niks goed hierin die

Nope ·

Nope ANC, dit gaan nie volhoubaar wees nie, ek belowe joulle, want ek gaan myself verdedig.

Hennie ·

Baaaaasi baaaaai BELEGGINGS!

En hoE kan die ANC die grondwet verander sonder n 2/3 meerderheid? Onwettig!

Loeis ·

Maklik. Met die EFF se steun het hulle ‘n gemaklike tweederde meerderheid.

RB ·

Hul wil dit nog doen…ek glo nie dit is alreeds deurgevoer nie. Maar, die EFF wil dit ook hê, so hul sal dalk daarvoor saamwerk.

Willie ·

Politieke partye vorm koalisies. As dit kom by so iets sal die EFF saam hulle n koalisie vorm, dit sal my nie verbaas as die DA ook saam hulle stem nie. As die DA nie daam hulle gaan stem vir dit nie, sal hulle seker buite stemming bly

HPV ·

Hier kom dit, dit is duidelik die anc stel nie belang in die herstel van die ekonomie nie. Jaag sommer die laaste beleggers ook weg en sink die Rand permanent! Mooi man! Hello Zim en Mugabe! Hello werkloosheid!

kat ·

Jip hier kom dit nou. Jy kan doodeenvoudig nie met hierdie lot saamwerk of saamstem nie. Dit is tog wat geskryf is.
En so gaan die landbou dan ook vernietig word soos alles wat alreeds vernietig is.
Eers wanneer die land kaal is soos wanneer daar ‘n springkaanplaag is – gaan hulle dalk die lig sien. Dan gaan hulle kos wil he en daar gaan nie wees nie.

Anoniem ·

Stem saam kat. Ek is groot ontnugter het nogal gedink nou het ons die regte man aan die stuur maar ja nou gaan ons beroof word

Net as ons stilsit ·

Net as ons stilsit maar hulle gaan nie my grond afvat sonder geweld nie en ek sal sorg dat daar kameras vir die buiteland en die nageslag is om te sien hoe hulle my probeer verwyder.

Danie ·

Ek hoop nie daar was mense wat regtig so naïef was en geglo het dinge gaan handomkeer verander met ‘n ander besem nie. As daar was is dit nogal tyd dat die werklikheid in die oë gekyk word.

Johann Marx ·

Daar is een enorme opdraende tussen “groen lig” en “kom vat”…….’n Groen lig word uiteindelik rooi ook.

Chris Ws ·

Die anc skiet homself in die voet met sulke uitlatings.Daai Enoch vent hoord uitgeskop te word want weereens beduiwel hy beleggers vertroue wat weer werkskepping verongeluk en dit ook die sukkelende ekonomie verder benadeel.Ek hoop Ramaphosa jaag hom weg.

Piet Snot ·

Nee, Enoch moet juis bly. Hy vertel ons wat in die ANC binnekring aangaan.
Dit verskil soms dramaties van die sonskyn uitsprake waarmee hulle die naïewes fnuik.

SE MAAR NET ·

En daar gaan ons land in sy glorie in….. Dit gaan word soos Zim…

Pjk ·

Ek wil net vir jou sê Enoch, dit gaan nie net sommer vir vat wees nie. Jy saal die verkeede perd op en jy maak swak beslussings

Anoniem ·

Wat n ontnugtering. Het net twee dae terug nog gedink nou het ons die regte man aan die stuur en hier wil hy ons klaar kom beroof. Nee wat jy kan hulle nou maar net nie vertrou nie. Het geen goeie woord meer vir hulle.

dries ·

Hallo! Gaan julle ons ook eers ten gronde regeer soos in Zimbabwe, en dan na alles verwoes is, die besluit herroep!
Grond op sy eie produseer nie kos nie. Dit moet met kundigheid geboer word!

Tokkie ·

Een van die land se eerste werklike stappe na totale ondergang onder leiding van die nuwe top 6

Hans ·

Nou ja lank gewag vir die 1. Weet nie hoe hul daardie doelwit wil bereik nie, grond wegvat sonder vergoeding en dan moet dit nog volhoubaar wees ook. Kan mos sien wat het gebeur met ander plase wat al weg gevat is met vergoeding, dit het ten gronde gegaan. As hul dit volhoubaar kan maak soos wat hul sê is iets om te sien. Ek is nie so oortuig dat dit daar gaan bly nie. mos gesien wat destyds in zim gebeur het en kyk wat gaan nou daar aan, nou wil hul weer die boere terug hê wat hul met geweld van die plase verwyder het.

Manie ·

Miskien moes die uitverkoper DE klerk teenwigte van 99% ingesit het om die grondwet te verander.

Grassie ·

Die 2019-verkiesing lê voor die deur. Die ANC veg nou om voortbestaan en hulle gaan alles in die stryd werp om te wen. In die verlede was die vyandskap teen die witmense die gom wat al die veskillende volke en faksies saamgesnoer het. Die witmens se belangrikheid het egter nou getaan en daardie eenheid is besig om los te kom. Die enigste hoop wat die ANC nou het is om daardie vyandigheid weer aan te blaas. Hulle gaan vir die peoples sê hulle gaan daardie klomp wit gronddiewe regsien, hulle grond gaan gevat word, hul wit kapitaal gaan swart kapitaal gemaak word en alles wat hulle het gaan aan die “regmatige” eienaars, die peoples, gegee word. Ons gaan klippe kou die volgende paar jaar.
Diegene in ons geledere wat vir Ramaphosa as ‘n soort “messias” sien wat alles in die land gaan regruk en ook ons voorspoedige voortbestaan in hierdie land gaan verseker – dink weer.

Dirk ·

Stem saam. Daar gaan gevat word. Mense wat nog hoop het gaan wreed ontnugter word. Die lot het seker gemaak om al ons tande te trek.

Jankees ·

So sorry for you guys. From a boertjie living the great life in the USA for 24 years already.

ClaudieleR ·

Ons het nie jammerte nodig nie. Kom eerder met praktiese hulp, kyk waar jy as buitelander kan help met bemagtiging.

Silaro ·

Lekker Jankees! Ek’s ook n boertjie wat nou al 13jaar boer in Spanje, beste besluit wat ek nog ooit gemaak het, sterkte Saffas!

ClaudieleR ·

Verstaan nie die trant van die kommentaar nie. As jy kan/kon uitkom dan is dit goed. As jy weens verskeie omstandighede nie kan/kon/wil nie waarom die houding?

Nee ·

Sal beslis nie volhoubaar wees nie en die wereld sal dit sien. Ek sal dit nie toelaat dat desperate ANC korriptes my goed vat nie, ek weier.

Stephen Namibia ·

Diegene wat reken die buitewereld sal iets daaraan doen lewe in droomwereld.
Die lam linkse en liberale Westerse Regerings het n massiewe skuldgevoel en steek hulle koppe in die sand as dit by Afrika sake kom.

C P ·

Wonder of hulle nie kan begin by die nuwe Prez, hy het mos self duisende hektaar waaraan hy nie sal kan aandag gee nie.

Annie ·

Kan kundige of artikelskrywer asb uitbrei oor Hennie se vraag bo. Na my lekemening ook onmoontlik en onwettig om te onteien sonder vergoeding( strydig met grondwet) sonder tweederde meerderheid. Hoe wil/ kan hulle dit anders doen?

Francois ·

Niks van die ANC se beleide word deurgevoer nie, hul skiet hulself keer op keer in die voet, bv verniet hoër onderwys, niks is volhoubaar nie, ek dink dis maar praatjies, Cyril hou albei kampe gekukkig, nie altyd ń goeie ding nie

Boer ·

Ek het dit al gesê en ek gaan dit weer sê: Hulle onderskat die Suid Afrikaanse Boer! Hulle sal hulle vasloop in dieselfde boer en sy God wat hulle by Bloedrivier ontmoet het!!!!!

Anoniem ·

Stem saam die tyd het aangebreek dat ons as manne van ons voorvaders Piet Uys terugkeer na ons roots en saamstaan met ons sanna

Bloedrivier se gelofte?? ·

Gaan doen ʼn Bybelstudie oor wat gebeur met volke wat ʼn verbond met God verbreek. Hoeveel Afrikaners ken jy wat nog in God glo . . . “never mind” die Gelofte Dag met Hom eerbiedig & onderhou?

Moenie jou beroep op daai Gelofte nie . . . die Afrikaner het al LANKAL sy verbond eensydig met God verbreek, deur ongehoorsaamheid & afvalligheid.

Gelukkig dien ons ʼn God van 2de kanse & vergifnis

Gelofte ·

Die Afrikaner is ‘n vreemde volkie. Eers maak hy ‘n gelofte na ‘n verskriklike bloedige veldslag teen sy eie landburgers, dan stel hy die onmenslike Apartheidstelsel in om homself te verhewe bo andere volkere op grond van ras….maar hy dring steeds aan op God se uisluitlike guns. Rare spesie.

Chris Ws ·

Baie beslis gaan die regime hom vasloop.Wag en kyk maar ongelowiges!Nie almal sit met gevoude arms en wag om als net so oor te gee nie.

Cherokee ·

Soveel vir die kommentators wat die laaste van dae nie van Ramaphosa praat maar vir hulle het dit skielik “cyril’ geword. En as antie Zuma die paal gehaal het, sou hulle gesê het dat dit nie sou gebeur het as Ramaphosa ingestem sou wees nie. Onthou my woorde na hul verkiesing “niks gaan verander nie, want Ramaphosa was deel van alles tot dusver”. Nou wil hy eenheid bewerkstellig met die eff. Die afdraende pad het nie minder steil geword nie. Ons moet beplan om een Woensdagoggend te ontmoet by Jan Smuts Lughawe, dan waai ons almal en laat hulle voortploeter.

Ada ·

Ek is nie verras nie – gladnie. Juis omdat ek dit in Siener se boeke gelees het.
Het dit verwag , want al hoe jy as minister of president populer in S A kan bly is wanneer jy die blanke kan probeer vernietig Die hordes hou daarvan. Die hordes se rede is voor die hand liggend. Iemand moet die skuld kry vir hulle armoede – al het die anc jobs belowe. Iemand moet die skuld kry omdat hulle nie kos het nie – al word die boere vermoor wat die kos moet produseer. Ens ens ens, maar wag maar – soos Siener geskryf het – dit gaan verander – nie nou al nie maar dit gaan……nog ‘n paar ander dinge moet eers gebeur – voordat dit ons beurt is.
Maar soos ek se – ek is nie verras nie.
Daar is egter hoop en uitkoms – al is die tyd nog nie reg nie.
Hoe moed en hou koers.

ClaudieleR ·

Niks anders as verwag nie.
Maak nie saak wie die leier is nie, dit is in Afrika se ‘DNA’ geskryf om die stap te neem.
Daar sal nie ‘vrede’ wees totdat dit gebeur het nie, en dan gaan daar nie noodwendig ‘lig/verstaan’ wees wanneer landbou ook vernietig is nie. Daar is nie genoeg diepte nie.
Hartseer want almal gaan ook swaarder kry, Mag ons genade ontvang om in ons geloof te groei, insig oor hoe om op te staan teen wat verkeerd is en krag om aan te gaan en op te bou.

Cherokee ·

Moet asseblief nie so bekommerd wees nie. Daar is wigte en teenwigte in plek.

kat ·

Iets kan eers heelgemaak word wanneer dit heeltemal ten gronde gegaan het. Wie dit dan heelmaak is dan in beheer. So laat dit vernietig word sodat ons by die heelmaakproses kan uitkom.

julius ·

Jy sien dit ook soos ek. Daarom het ek gehoop dat dz wen dan sou dit gouer gebeur het. Nou lyk dit tog of dit spoedig gaan gebeur. Ons kyk maar die kat uit die boom uit.

cr ·

Hier kom moeilikheid. Ons boere sal nie sommer ons grond waarvoor ons betaal het en hard voor gewerk het weggee nie. Ons land is reeds tot Rommel status bestuur en nou wil hulle die plase ook in Rommel verander.

Ada ·

Sodra alles heeltemal vernietig is – is dit klaar met die regering van die dag. Honger mense gaan na die wat kan kosgee….. Dan is die skoen aan die ander voet. Ek wag vir daardie dag.
Intussen moet die roelfies en die de klerks en al die verraaiers hulle grond afstaan.
Hierdie uitverkopers gaan dan nerens ontvang word nie – manne sonder ‘n land. Die anc voel vere vir hulle – hulle was net gebruik en ons wil hulle nie he nie. En daar is ‘n hele paar van hulle.
Een van die dae is hulle land-uit. Hulle is presies die bagasie wat ons nie wil he nie. Dit is die smeltkroes. Die goud word van die klip geskei en die klip gaan vlug.

Rob ·

Ja? Jy sal jou Pa en sy broer en 4 ooms en 2 neefs begrawe op die lappies aarde. Is dit wat jy vir ons se.?? Jy het geen benul hoe wreed en geweldadig dit gaan wees nie. Is jy reg om hulle opgekap in plasse bloed te sien? Nee man maak plan om aan te skuif

Lynne ·

Net soos die arrogante en selfversekerde Kaptein van die Titanic wat beweer het, daai skip is onsinkbaar, netso het de Klerk & Kie mos gedink Suid~Afrika is onsinkbaar. Dit kom van arrogansie! As jy favi speel met jou mense se toekoms, moenie sukses en welvaart verwag nie! What goes around comes around!

Alien ·

Bemagtig julle met woord en wapen hierdie is die BEGIN van die EINDE v d ANC

verraaiers ·

Meeloper roelfie en de klerk – hoe voel julle nou? Of het julle daaroor ook ge-onderhandel by Kodesa? Het julle gese dit is reg so – dat dit oor ‘n paar jaar moet gebeur?
Kom na vore en vertel vir ons.

martin ciliiers ·

waar is die grond wat julle van praat niemand weet nie???????

H.A. ·

Lees Praag. Dit is klaar voorspel wat gaan gebeur as C.Ramahposa gaan oorneem

Estelle ·

Kyk wat het ootgebly van die plase wat hul al gevat het. NIKS

Buffalo Soldier ·

Hierdie is n resep vir n burger oorlog…ons moes in 94 ons grond gestaan het en die skote moes maar geklap het want die burger oorlog wat almal gedink het sou gebeur in 94 was maar net op ys gesit want dit sal nog gebeur and so dit lyk is dit nie meer lank nie. Hoop net ons mense kan vir een keer in hulle lewe saam ….want dit is waar die probleem lê en nog altyd gele het en dis juis die rede hoekom ons die land in die eerste plek verloor het.

EKKE ·

Hierdie gaan moontlik nie net beperk wees tot plase nie maar enige eiendom. So diegene wat in die dorpe/stede bly kan ook dalk eendag hulle eiendom kwyt wees. Wonder wat gaan hulle met die verband op die eiendom doen. Afskryf? Miskien moet almal in weelde begin leef en nie moeite doen om die huis verband so gou moontlik ag te los nie.

HV ·

Dit is niks anders as diefstal nie en die resep vir n burger oorlog. As hul hul tande slyp om plase te vat, seker dan so ook vir huise.

Bekommerd ·

Is hierdie dalk gekoppel aan die voorbereiding vir ‘n noodtoestand wat Zuma aan werk?

Manie ·

En as hulle jou grond vat. Gaan hulle die bank se bond ook vat. Vra maar net?

Oom Klasie ·

Buffalo Soldier – jy is heeltemal reg, maar die wereld sou daardie tyd teen ons gewees het. Nou weet die wereld wat aangaan en Duitsland se gewone burgers is ons goedgesind want hulle sit nou met dieselfde probleem met al die Afrika vlugtelinge. Hulle het agtergekom hoe hulle koppe werk en so- ook die regses in die wereld.
Indien hier nou iets sal uitbreek sal ons hulp kry- dit is verseker.
Dit staan ook so geskrywe.

Gys ·

Hulle moet eers n studie maak van groend wat al wel oorgegee is . Dan verslag gee van hoeveel oprengs gemaak is deur die grond en wat van die grond geword het.

sinies ·

PW moes in 1986 totale oorlog met die magtigste weermag in Afrika verklaar het! Dan was daar vandag geen probleen nie.

Johannes ·

Sinies, ek stem nogal saam met jou. Die hele wêreld is gekant teen terrorisme en kommunisme. Maar in SA is dit OK dat hulle ons regeer…? Hoe werk dit?

Ons sit met ‘n bedekte oorlog in SA – oorlog word gevoer onder die dekmantel van “misdaad” en “ekonomiese transformasie”…

Morne Lötter ·

Geliefdes, dit is nie deur krag of geweld nie, maar deur God se Gees wat ons sal oorwin. God wil nog altyd die volle aandag van die Afrikaner hê. Jare terug was daar ń verbond gemaak, maar ons volk het weggedraai daarvan. Ons het vergeet, maar God sal nooit vergeet… Draai terug na Hom.

Want die Here jou God is ’n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
DEUTERONÓMIUM 4:31 AFR53

Wees net sterk en vol moed. Moenie dat die boosdoeners in die ANC linies jou onder kry nie. Soos n vorige persoon gese het hul wil net stemme werf want die 2019 verkiesing is besig om uit hul hand te val in hul oposisie se hande in. Hulle tas letterlik in die donker.

Peet J ·

Soos ek die onteiening besigheid verstaan is dat die regering beslag gaan lê op die gronde wat geen opbrengs lewer nie. Om teenkanting teen onteiening te bied gaan ‘n mens net ‘n klomp moeilikheid op die hals haal die witman was nog nooit welkom in Afrika nie en ek dink nie dit gaan net oor die grond nie sodra die Grondwet gewysig is sal onteiening met geweld begin toeneem dus hoe gouer jy van jou grond ontslae kan raak sal dit vir jou ‘n voordeel inhou op die lang duur .

soewereiniteit ·

Daar is slegs een pad vir ons – en dit is om ons eie gebied(e) waartoe ons ‘n reg het, internasionaal onafhanklik, dws. ten volle soewereiniteit, te verkry. Natuurlik is dit enige volk se reg – dit staan in artikel 235, asook in ander verdrae wat die einste A N C regering onderteken het. Die Grondwethof het dit bekragtig dat die huidige regering nie in die pad kan staan waar ‘n volk onafhanklikheid wil verkry nie. Dit is ongelukkig die toekoms waar ons weer ons eie menswaardigheid kan terugkry – het ons heeltyd nodig om net krummels van ‘n regering of liberaal verligtes wat ons gaan weggee het te ontvang – swart bemagtiging in grondbestuur, sowel as in besighede. dit gaan nie slegs om grond nie, dit gaan ook op wat op daardie grond is, gaan nie aan jou behoort die dag as regering aan jou deur klop en se ons soek dit sonder vergoeding nie. Wees maar voorbereid daarop en gaan dit nie help om te wag tot dit gebeur nie. Fokus op gebiede waar ons reeds in meerderheid is, gevestigde strukture en brei belange daar uit om ‘n eie ekonomie te bewerkstellig en getalle meer te maak, dis waaroor dit gaan. Ons is nie lam nie, maar ons moet fokus op die nou en vandag.

Penellope Jones ·

Hulle gaan hul hopelik vasloop teen ‘n hele klomp rooi verkeersligte!!!

LHS ·

ANC sal of hulle nie steur aan die kamstige twee derde wiggie van de Klerk en kie nie of doodeenvoudig van die tafel af vee. Moenie jouself terg met daardie storie nie. ANC gaan en sal grond vat na willekeur en niks of niemand sal dit keer nie, moenie met verdedig stories kom nie, daar het na 1994 al hoeveel dinge gebeur waaroor daar ook gepraat is van “dit sal nooit gebeur nie, ons sal sus en so” en van al daardie praatjies het absoluut niks gekom nie. Onthou net die gepeupel raak onrustig oor al die dinge wat hulle deur die jare belowe is en dit sluit alle, let wel alle grond in asook die ekonomie in geheel. Kyk wat het in die res van Afrika gebeur en hou op dink dat dinge hier anders sal eindig. Alles het reeds geeindig toe die koor gejaaaa het agter die N.P. aan. Raak realisties en sien die werklikheid. Burgeroorlog ?? My vriend jou eie mense sal jou reeds verraai het nog voor jy gedink het iets sal gebeur.

Martin ·

Ek is onder die indruk dat die grondwet alleenlik verander kan word sodra die regerinde party n 2/3 meerderheid behaal het met die algemene verkiesing (volgende een 2019)

Gelofte ·

Nee, hulle benodig ‘n twee-derde meerderheid stemme in die parlement om veranderinge in die Grondwet deur te voer. Die EFF wil ook dat grond sonder vergoeding onteien word. So as die EFF saam met die ANC stem, is daar ‘n twee-derde meerderheid.

Carel ·

So daar is dit nou. Net toe almal dink CR is ‘n ridder op ‘n wit perd. Hy is toe niks anders as wat ANC beleid is nie. Hy weet al te goed dat die ANC besig is omte te sterf en al wat die oorwinning van Cyrril doen is, uitstel nie afstel nie. So al hoe ANC die volgende verkiessing gaan wen is om die grond kwessie te dryf. Nes Zimbabwe. Hulle se vir hulle self hulle gaan dit anders doen en nie op einding soos Zim nie. Maar wanneer die eeste plaas af gevat word gaan dit ontaard in ‘n ‘ free for all feeding frenzy’. Dit gaan in ‘n onkeerbare sneeubal word, al groter en groter. En wanneer plase klaar is, huise, besighede en dalk tot self voertuie. Wie weet. Polisie sal nie net toe kyk nie maar as jy jou eiendom wil beskerm teen booswigte. Sal polisie jou arresteer. Herverdeling van rykdom sal tot uiterste armoede en self meer ly. Die ondenkbare is nie meer so ver nie. Dit raak nou nie meer ‘n vraag van, gaan dit gebeur nie, maar wanneer!

Begin Bid ·

As SA nie nou begin om op hulle kniee te kom nie weet ek nie wat ons op ons kniee sal bring nie!!! Wie is in beheer????? GOD is!

lewies ·

Waar if onwaar: Dit makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n rykman om in die koninkryk van die hemele te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.