ANC gee R500 000 vir stemme, sê EFF

Argieffoto

Argieffoto

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Sondag ʼn ANC-burgemeesterskomiteelid daarvan beskuldig dat hy kontant vir opposisiepartye aanbied om seker te maak dat die ANC die Johannesburgse metro behou voor die eerste raadsitting Maandag.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, beweer die burgemeesterskomiteelid het lede van sy party gekontak en hulle tot R500 000 aangebied in ruil vir ʼn stem vir die ANC by Maandag se raadsitting. Sy party beplan om ʼn strafregtelike saak teen die lid oop te maak, het hy gesê.

“Die EFF in Johannesburg sal ʼn saak van omkopery teen die ANC-lid aanhangig maak, wat dink ons demokrasie is te koop. Die ANC in Johannesburg moet weet dat geen bedrag hulle ooit sal versoen met die mense wie hulle in ʼn openbare stem verwerp het nie. Die ANC moet sy nederlaag erken en nie probeer om verkiesing deur korrupsie te wen nie.”

Ndlozi het gesê selfs al is die ANC Maandag suksesvol om enige raadslidskandidaat te koop, sal hul burgemeester nie hou nie, want politieke partye het die reg om raadslede te vervang. “Ons sal dit dus doen en seker maak die ANC is nie in Johannesburg in ʼn posisie van mag nie.”

Partye in Johannesburg moet ʼn burgemeester en speaker aanwys ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus waar die ANC grond verloor het en versuim het om ʼn algehele meerderheid te bekom. Die Demokratiese Alliansie het intussen opposisiepartye uitgedaag om die ANC te ontsetel.

Die ANC het 121 setels in Johannesburg bekom teen die DA se 104. Die EFF het 30 setels tot sy beskikking. Die res van die 270 beskikbare setels is aan kleiner partye toegeken.

Parks Tau, burgemeesterskandidaat vir die ANC, het Sondag gesê alhoewel hy nie meer die burgemeester is nie, is sy party gereed om die opposisieparty se banke in die metro in te neem. Hy het aan verslaggewers gesê koalisiegesprekke met opposisiepartye duur voort en die uitslag sal Maandag bekend gemaak word.

Dan Bovu van die ANC het intussen ontken dat dié party lede van die EFF probeer omkoop het. Hy het gesê hy beplan om ʼn klag van naamskending teen die EFF in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Verbaas mens gladnie …verskeie voorbeelde reeds met so baie ander korrupsie sake …leer maar by hulle no1 wat nou in die moeilikheid is …so nou enige iets om net vastehou aan die mag …nou moet sulke mense die land vorentoe neem …wat n joke

GES ·

Die ANC het maar net weer gewys wie en wat hulle is. Hulle verstaan demokrasie net solank hulle voordeel daaruit kan trek. Ek is geen ondersteuner van die EFF nie maar beskou dit nogal eerbaar dat hulle sterk wil optree teen die beweerde omkopery. Die korrupte ANC gaan ‘n rowwe tyd te gemoed. Die stres wat hulle nou ervaar gaan maar net meer van hulle verotte denke en handelinge openbaar.

Cherokee ·

Enigeen van hulle kan lieg. Jy weet nie wie om te glo nie.

Maria van Dieweeck ·

Ons kan nog baie skokke verwag. Dit gaan ook nou blootgele word, wat alles geplunder is, terwyl hul gesit en niks doen het nie. Lee plekke, lee koffers, geen plan, dis wat hul agterwee laat. Nie eers n ketting vir ou Solly nie, wonder watter een van die ellendige skepsels is fort met die.

Kan jy glo.. ·

Wat help dit die DA neem die Metros oor. Hulle neem miljoen Rand skuld ook oor wat BAIE jare sal vat om uit te wis. Dan blameer die kaders dat die DA niks teg gekry het nie en stem weer ANC..
Is daar enige kans om te wen?

Jcwf ·

Koalisievorming is die beste wraak wat die kieser het om die arrogansie van die politici af te straf. Nou word hulle gedwing saam te werk met die laaste mense waarmee hulle wil saamwerk. Dis suiwere volksvermaak. Geniet gerus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.