ANC: ‘Geen sprake dat Zuma herroep word nie’

Jessie Duarte tydens 'n vorige geleentheid in 2014. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jessie Duarte tydens ‘n vorige geleentheid in 2014. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ANC het Dinsdag gerugte dat die party oorweeg het om president Jacob Zuma uit sy pos te herroep, as nonsens afgemaak en gesê dit is nooit bespreek nie.

Senior lede van die party het Dinsdag die media tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg te woord gestaan ná die minister van finansies-debakel wat die afgelope paar dae regoor die wêreld in die nuus was.

Jessie Duarte, adjunkhoofsekretaris van die ANC, het die perskonferensie begin deur ʼn verklaring van die party voor te lees. Die verklaring het uitsprake herhaal wat vroeër deur die ANC gemaak is dat Zuma se besluit om Pravin Gordhan as minister van finansies aan te stel, slegs vyf dae nadat hy Des van Rooyen in die pos aangestel het, op sy bereidwilligheid gedui het om na kenneropinies en die versoeke van gewone Suid-Afrikaners te luister. Duarte het tydens die konferensie telkemale beklemtoon dat die ANC ʼn “luister-organisasie” is, wat nie bang is om ʼn besluit om te keer indien dit in die beste belang van die land sal wees nie.

Volgens Duarte het die party nie verwag dat die aanstelling van Van Rooyen as minister van finansies so ʼn groot impak, ekonomies en andersins, sou hê nie. “Wanneer ʼn nuwe minister van finansies aangestel word, is daar altyd ʼn [ekonomiese] impak. Dit is al so sedert 1994. Daar is altyd ʼn impak en ons het geweet daar sou nou weer ʼn impak wees. Ek wil nie die indruk skep dat ons geen reaksie en impak verwag het nie, want ons het. Ons het net nie verwag die impak sou so groot wees nie,” het Duarte gesê.

Sy het beklemtoon die “omsigtige fiskale beleid” van die ANC sou nie verander met Gordhan se aanstelling nie en het joernaliste verseker regeringbesteding sal steeds beperk word “om verdere werksverliese te voorkom”. “Ons het streng fiskale beleide in plek en dit gaan nie nou verander nie. Ons is gemaklik met Gordhan se uitspraak dat geen van die beleide wat tot voordeel van armes strek, sal verander nie,” het sy gesê.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Sy het ook ontken Cyril Ramaphosa, adjunkpresident, het aangedui hy sou bedank indien Van Rooyen nie uit die pos as minister van finansies verwyder word nie. “Die nasionale uitvoerende komitee [van die ANC] is geken in die president se besluit om Nhlanhla Nene uit die pos te verwyder en Van Rooyen aan te stel. Natuurlik is daar vrae geopper, spesifiek omdat Van Rooyen nog jonk is, maar almal was geken in die president se besluit,” het sy gesê.

“Dit is ook die president wat ons Sondagmiddag bymekaar geroep en ingelig het van sy besluit om Pravin Gordhan weer aan te stel. Ons wil nie hê die indruk moet geskep word dat die voorstel vir die president gegee is nie. Hy het self besluit, soos dit sy grondwetlike reg is.”

Sdumo Dlamini, president van Cosatu, het op ʼn vraag oor of die ANC se beeld skade gely het in die afgelope paar dae, gesê hoewel dit oor ʼn langer termyn bepaal sal moet word, glo hy die ANC se beeld staan steeds net so sterk nadat Zuma die situasie reggestel het. “Hoe die ANC op hierdie hele saak gereageer het, beskerm die party se beeld,” het hy gesê.

Duarte het ook bevestig die ANC is bewus van die beplande #ZumaMustFall-optogte regoor die land as ʼn beroep op Zuma om uit te tree. “Hierdie optogte word deur Suid-Afrikaanse burgers gereël en dit is hul goeie reg om optogte te hou. Ons kan hulle nie keer nie. Uit die aard van die saak ondersteun ons, as die ANC, nie hul saak nie.”

Duarte het vlugtig die kwessie van die ANC-jeugliga se striemende aanval op Thuli Madonsela, die openbare beskermer, aangeraak en gesê die ANC ondersteun nie die “toon en sentiment” van die liga nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hennie ·

Ewe skielik se Duarte hul het geweet daar gaan n finansiele impak wees. Nie so lank gelede nie het die anc “spokes person” gese niemand het geweet nie. Dit was glo Zuma se reg om dit te doen.
Hoe meer daar van die ANC te hore gekom word lyk dit my hoe bespotlikker word hul. Dit is ongelukkig ook so dat die wat hul aan bewind stel en hou net sulke groot narre is. Se maar net.

Pieter.v ·

Iemand lieg weer soos gewoonlik,Jeff Radebe het gese hulle is nie geken in die besluit om Nene te verwyder, nou se Jessie Duarte die nuk van die anc is geken in die verwydering van Nene. Wys net wat Zuma van finansies weet so ook die nuk van die anc,en die anc moet nou ophou lieg vir die publiek ons is nie onnosel nie, ek weet vir n feit dat hier buite meer mense met meer kennis en hoer Ik`s is as in die anc en al hul rade

arie plaasboer ·

@ Riaan,
En ek glo aan vader kersfees, die paashaas en die tandemuis ook.
Iemand wat lieg soos duarte verdien die titel #Duartemustfall net soos Z

Hennie Theart ·

Mz Jessie Duarte, jy praat nonsense en jy weet dit. Julle probeer om vir Mnr Zuma te “cover” maar dit werk nie. Julle (ANC leierkorps) lieg en bedrieg sover soos julle gaan. Waar daar ‘n rookie is is daar ‘n begin van ‘n vuur. Aldie verwikkeling wat julle afmaak as onwaar sal nog gebeur. “Zuma must go” – He is an embarressment to the country and mismanaging the funds that belong to the people of this country. It is not his own. He was appointed to covern this to the benefit of all its people…..not just a few.

anna otto ·

Arme eenvoudig Jessie…….dalk glo sy haarself – niemand anders doen nie.

K ·

Ek wil my verstout deur te se hierdie blaps van Zuma was die begin van die einde vir hom. En as dit die kaliber leiers is wat die ANC voort bring is hul einde ook op die horison. Ek dink hul kan gerus kennis begin neem van openbare publieke kritiek, anders bewys dit hul sotlikheid.

Fanie ·

Van watse beleide praat sy van, wat tot die armes se voordele strek? Sak graag wil weet!!

Fanie ·

Ek wonder wat het geword van die burgers se grondwetlike reg/te.

Tommie ·

Hoe stuped dink julle is die mense, julle is besig om jul eie graf te grawe

Peet Schabort ·

Onthou dat in die land van die blindes is Eenoog die koning.

Ouman ·

Zuma het self dit duidelik gemaak dat hy sy besluit om Nene te vervang net niemand bespreek het nie. Dink Jesse ons is almal so onnosel soos die binnekring van die ANC

Henk ·

Belasting weerhouding is die eenigste oplossing,hou op betaal!!Moenie vêrder betaal aan BTW,Eskom,Stadsrade ens.dit het die e-tol gestop,sal die regering binne 3md tot stilstand dwing!!!

Charmaine ·

Ek wonder maar net hoeveel van ons belastinggeld aan Jesse en al haar ANC trawante betaal word om te lieg ……. Dis net geld wat dit vir hulle die moeite werd sal maak om Zuma te beskerm ….hulle dink SA se mense is onnosel. Dis ook net ANC lede wat dit sal glo …. Flippen pateties!!!!!!

Tomster ·

So hierdie selfde slim mense wat die president met raad bedien het na die rand getuimel het, het geweet van die president se dwase besluit voor dit gebeur het, want hulle het dit verwag.

Is almal in die anc dan vertraag, om nie eens te besef wat die dwaas besig is om aan ons land te doen nie. Is hulle nie veronderstel om publieke amptenare te wees nie, in diens van die publiek?

Johann Marx ·

Dis OK, Jesse. Hou so aan…..en kyk hoe die mense van hierdie land jou, jou hele party, EN julle papsak Prez herroep!! Die mense is gatvol verby….Ons werk, en julle mors….en lieg. Goodbye…you’re the weakest link.

Pan ·

Net ‘n paar kwelpunte:

Hoekom weet sekere ringkoppe in die ANC van die vervanging van Nene en ander nie? Jesse Duarte weerspreek haarself as sy se dat hulle (wie is hulle?) vooraf geweet het dat die vervanging van Nene ‘n impak op die ekonomie gaan he, maar hulle het nie gedink dat die impak so groot sou wees nie. Dan se sy later dat Zuma hom gewend het tot kenneropinies en na die mense geluister het. Hoekom nou na al die skade na kenneropinies luister? Is die ministers wie kamstig saam met hom(Zuma) die Nene-vervanging bewerkstellig het, nie veronderstel om ingeligte dienaars en kenners te wees nie?
Volgende kwelpunt is: hoe kan Zuma se dat Nene is die persoon wat SA gaan nomineer om ons by die Brickslande te gaan verteenwoordig. Sou Nene nie in daardie pos aangestel word nie, wat sal van hom word? (Kom ons hou die spasie dop) Zuma se rede hoekom Nene uit sy pos verwyder is, is ongeloofwaardig. Zuma (en sy sogenaamde aanhangers) moet eerlik genoeg wees en die regte redes aan die publiek verskaf wat bygedra het tot sy/hulle besluitneming.
Volgende kwelpunt: Toe Zuma en kie sien en hoor watse skade hulle die land aangedoen het, het hy as leier nooit in die openbaar erken hy/hulle het ‘n fout begaan en om verskoning gevra nie. Dis ‘n toonbeeld van uiters swak leierskap.
Ons vra dat Zuma moet bedank, maar wat van diegene wat saam met hom sulke onverantwoordelike besluite neem? Hulle moet ook gaan ! SA is by ‘n draaipunt. As ons nou gaan stil sit en meeluisteraars wees, sal ons self verantwoordelik wees vir ons land se ondergang. Kom ons kyk uit ‘n landsburger se oogpunt en vergeet van ‘n politieke party. Ons is dit aan ons nageslagte verskuldig!

Rynhardt ·

Duarte,u het nie verwag dat Van Rooyen se aanatelling n groot impak gaan he nie? Die man het geen ervaring nie! Ekskuus, die Anc is so lank al gewoond aan regstellende aksie dat julle nie meer omgee wie julle aanstel nie.Julle kan agter Zuma staan, maar hy en Anc het misluk! Zuma en Anc leef op geleende tyd! Die internasionale impak gaan alles verander, sommer vinnig ook! Die Anc sal altyd n omstrede prez ondersteun, want die party is uiters omstrede en gevaarlike .Duarte, alle lekkerte kom vinnig tot n einde, gouer as wat u en prez dink.

sarie van Heerden ·

Richard Nixon van die VSA is afgedank omdat hy “afgeluister” het. Zuma sit met honderde kriminele aanklagte teen hom maar hy SIT. Askies, die VSA is ‘n opgevoede land, anders as SA wat ‘n Banana Republic genoem word terwyl die hele wereld vir ons lag vir ons ongeletterde president met sy baie vroue en kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.