ANC gekap oor betogings

Betogers plunder die Jabulani-winkelsentrum in Soweto. (Foto: Luca Sola / AFP)

Die ANC is Maandag uit verskeie oorde gekap oor die voortslepende betogings wat in KwaZulu-Natal en Gauteng woed.

Betogings wat as ’n oproep vir die vrylating van oudpres. Jacob Zuma begin het, het reeds die lewe van ses mense geëis en tot grootskaalse plundering en misdadigheid in dié provinsies gelei.

Mmusi Maimane, voormalige leier van die DA, het Maandag gesê dat die gewelddadige betogings wat tans in KwaZulu-Natal en Gauteng voortduur, ’n uitvloeisel van binnegevegte in die ANC is.

“Dis ’n faksiegeveg binne die ANC wat nou na die strate oorgespoel het,” het Maimane in ’n video op Twitter gesê.

Hy het voorts gesê dat die regering duidelik nie opgewasse is om die situasie te hanteer nie en dat Suid-Afrika ’n bevoegde staat benodig wat die wet kan handhaaf.

Volgens Maimane speel sosio-ekonomiese uitdagings soos armoede ook ’n beduidende rol in mense se deelname aan dié betogings.

“As gevolg van hierdie sosio-ekonomiese uitdagings is mense kwesbaar vir die betogings wat ons tans sien.

“Ons moet nou kalm en redelik bly.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die regering het misluk aangesien daar voorsien moes word dat opstandige optrede sou uitbreek indien Zuma wel tronkstraf sou kry.

“Die intelligensiedienste in Suid-Afrika is duidelik onbevoeg. Indien die staatsveiligheidsagentskap (SVA) sy werk behoorlik gedoen het, sou al die vooraftekens genoeg waarskuwing gebied het oor presies dit wat nou besig is om in die land af te speel.”

Groenewald sê voorts dat die Zuma-aangeleentheid egter as rookskerm misbruik word om te steel en plunder.

“Die onrussituasie en geweldpleging op baie plekke in Suid-Afrika is onaanvaarbaar en vinnige en ferm optrede is nodig om dit te stuit.

“Die belastingbetalers en sakelui van Suid-Afrika moet weer eens die prys betaal vir die onvermoë van die regering om wet en orde te handhaaf. Dit wil tans voorkom of die regering net beheer oor wetsgehoorsame burgers het.”

Volgens Groenewald sal die gebeure ook ongetwyfeld ’n negatiewe impak op beleggings hê wat die land gegewe die huidige ekonomiese situasie kwalik kan bekostig.

“Dit is nie net buitelandse beleggers wat afgeskrik word nie, maar ook plaaslike beleggers wat sien hoe eiendom en sakepersele vernietig en geplunder word.”

“Die regering moet vinnig en ferm optree om die boodskap te stuur dat die vlaag van misdadigheid, vandalisme en plundery in die land nie geduld sal word nie.”

Die party het ook die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) verwelkom.

Julius Malema, leier van die EFF, het egter op Twitter gesê dat sy party “geen soldate” op straat wil sien nie en sal optree indien dit wel gebeur.

“Ons het ’n politieke oplossing vir ’n politieke probleem nodig, nie soldate nie.”

Die party het ook ’n verklaring uitgereik waarin hy die skuld vir die betogings op pres. Cyril Ramaphosa se onvermoë om faksiegevegte in die ANC te hanteer, pak, sowel as op sosio-ekonomiese probleme in die land.

Die party sê voorts Ramaphosa probeer die land van agter ’n televisieskerm regeer en dat hy geen poging aanwend om met die massas in gesprek te tree nie.

Prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, sê daar is ʼn baie direkte aanslag op die onafhanklikheid van die regbank.

“Ons staan voor ʼn absolute toets van die oppergesag van die reg en die hele idee van konstitusionele demokrasie.

“Ek het baie min twyfel dat die wyse waarop onder andere Zuma, Ace Magashule en die Zondo-kommissie na staatskaping dinge gaan hanteer, uiteindelik die konsolidasie van ons demokratiese waardes al dan nie, sal bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris dupreez ·

Natuurlik is dit die anc, dis mense in anc klere en kleure wat hierdie onluste gepropegeer het

Persheks Adri ·

Die ANC maak die land onregeerbaar! Hulle kinders doen net wat hulle wil pffft doen iets behalwe praat Cyril en waar de hel is hoed?

Surfer ·

Hoed is besig om sy vuurwapen lisensie na te gaan vir hernuwing. LoL.

Harley Davidson ·

Hoekom moet ons hierdie anargiste aanvaar Dr Groenewald die tyd het gekom om te baklei vir ‘n referendum om ‘n onafhanklike staat te kry waar positiewe denke en harde werk weer ‘n land in Afrika sal wees wat met die beste vergelyk kan word.

Classic ·

Bring die ‘Union Jack’ terug in belang van vrede, orde, vooruitgang en strewe na eerste wereld ekonomie en beskawing.

Baardman ·

Dit het niks met armoede te doen nie Maimane. Alles word gedryf deur Zuma, Malemma en hulle gespuis. Hulle HET die land onregeerbaar gemaak. Die gebeure tans is bloot kriminele aktiwiteite en n bewys dat die regering slegs mag het oor mense wat die reg gehoorsaam, soos genoem in die artikel.

Flip ·

Besig om die wapens en ammo te soek wat sy SAPD lede “veloor” het…..

Johanncb ·

Die ANC moes sekerlik kon voorsien dat onluste sou uitbreek! Daar was talle dreigemente om die land te “brand” en onregeerbaar te maak!

Alex ·

Arristeer vir Carl Niehaus wat die geweld aangekondig het laas week. Hy het die vuurhoutjie in die droë veld gegooi, wetend dat dit maklik gaan brand…

MakersMark ·

Die anc het our people mooi geleer al van die ’70’s af. Hul doen net wat hul geleer is.

Sandra ·

Dis so duidelik soos daglig dat die ANC nie die land kan reageer nie. Hulle het die eens vooruitstrewende land heeltemal vernietig deur eiebelang en korrupsie. Dis tyd dat die wêreld ingryp.

Tiptol ·

Imagine looting a country to free the man who looted a country.

Pieter ·

Dit is 100% korrek!!! Die ANC, en spesifiek Zuma en sy trawante moet hiervoor verantwoordelik gehou word!!

Gato ·

Hierdie chaos gaan al vir jare aan, net op n kleiner skaal. Daar is elke maand honderde betogings landwyd waarin eiendom beskadig word en mense geintimideer word. Die Polisie en die ANC regering is bloot toeskouers wat uit hulle gemakstoele toekyk hoe die land stadigaan verwoes word. CR moet in elke toespraak verwys na die verlede en hoe swaar our people gekry het onder die vorige bestel. Ek is al n gryskop en ek kan geen tyd sedert die sestiger jare onthou wat die land in so n toestand was soos dit nou is nie. Groei n paar CR en bestuur die land tot voordeel van al sy burgers asb. Jy het gestaan om President te word so wees nou die President.

Kobus ·

Wat jy saai sal jy maai. Jessie Duarte gee n patetiese vertoning oor fie NEC wat nie die plundery goedkeur nie. Lippetaal! Sy praat met n gesplete tong. Sy het die ANC se liefde en ondersteuning vir Zuma verklaar en ook die hoop uitgespreek dat hy suksesvol met sy aansoek om vrygespreek sal wees. Kinders is deel van die plundertogte. So word die DNA en kultuur van plundery oorgedra. Die ANC is planloos. CR is huiwerig om n noodtoedtand af te kondig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.