ANC-geldkrane toe; skarehulp nou al genade

Argieffoto

Die ANC se kontantvloeiprobleme en stakings van sy werknemers weens agterstallige rekeninge het dié party genoop om aan ongewone maniere te dink om geld in te vorder.

Die ANC het op 12 Augustus ʼn skarehulpfonds gestig om geld in te samel.

Dié fonds voldoen aan die vereistes van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye en is daarop gemik om ANC-lede en -ondersteuners aan te spoor om deel te neem aan die finansiering van ANC-programme en -aktiwiteite.

Dié wet vereis dat alle skenkings van R100 000 en hoër verklaar word. Die ANC sal sulke skenkings aan die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) verklaar.

Die ANC pak die skuld vir sy “kontantvloeiprobleme” onder meer op die algemene ekonomiese situasie, die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye, asook ʼn dringende behoefte om die ANC se operasionele en finansieringsmodelle te moderniseer.

Volgens Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, is die party vol vertroue dat die plan aktiewe belangstelling in die onderhoud van die party sal wek.

“Die aanvanklike reaksie op die inisiatief is bemoedigend en ons hoop ons lede sal aanhou om ons te ondersteun,” het Mabe gesê.

“Sedert die media berig het oor die kontantvloeiprobleme wat die party ondervind, is die tesourier-generaal oorstroom deur lede en ondersteuners wat geld wil bydra. Die ANC waardeer die besorgdheid en bydraes wat tot die sentrale ANC-geldinsamelingsrekening gemaak kan word.”

Maroela Media het vroeër berig werkers in die ANC se kantore landwyd het Donderdag aangedui hulle gaan staak weens hul onbetaalde salarisse. Die groep eis dat nasionale leiers van die regerende party ingryp en die situasie dringend oplos. Hulle dring ook daarop aan dat hul uitstaande salarisse vir Julie en Augustus dadelik betaal moet word.

Dié werkers het in Junie al betoog oor die benarde situasie waarin hulle hul bevind en hul uitstaande Mei-salarisse is destyds ná die betoging betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Persheks Adri ·

Hou op ander blameer dis julle eie skuld oor julle so! Hoop julle kom tot ‘n val en gou ook ons is gatvol verby

Alex ·

Belaglik!!!!! Sooo… laat ek dink, die ANC skuld mense geld, nou vra die ANC van daai selfde mense om bydra te maak om hulle skuld te kan betaal om die wat bydra te maak mee te kan betaal…. verstaan ek dit nou reg???? Ha ha ha ha….

jou gewete ·

nee man, hulle vra nou die stemvee om hulle sassa geld te gee dat die lummels in hulle kantore kan groooot sallarisse kry

jou gewete ·

so sal hulle skarrel as ons die belasting krane toedraai, wat n wonderlike dag sal dit nie wees

Snowball ·

Die genotvolle gevoelens van Schadenfreude is oorweldigend!

Yvonne ·

Oorstroom van aanbiedinge om te help….wow kan dit skaars glo

Mallie ·

Aangesien die ANC nou bankrot is kan hulle maar die land vir ons terug gee. Sodat ons hulle kan wys hoe n land en sy mense regeer moet en kan word.

Adelaide ·

Suid Afrika moet dalk skarehulpfonds stig – ons staatskas is leeg – te veel vingers in die koffers

BOKKIEBEK ·

Hier kom moeilikheid vir die werkslui…( belasting…)

Perdeby ·

Die werkers se UIF , belasting, mediesefonds en pensioen bydraes word al vir ‘n geruime tyd nie meer oorbetaal nie. Hulle is miljoen agter met dit, so wat se dit??? UIF is omtrent R75 milj agter, em Kieswetter is reg vir hulle!!!!!!!!!

Martie Smartie ·

Bring Zuma terug. Hy sal wel n paar planne he om geld uit die staatskas met n ompaadjie of twee by die ANC uit te kry. In sy tyd het hulle sterk gestaan …

Charmain ·

Kan nie eers hulle eie finansies behoorlik hanteer nie nou wil hulle die land se geld hanteer

Misky ·

Ek ‘skenk’ elke maand aan die kriminele – of ek nou wil of nie. Tsek, julle skelms!!!

Kobus ·

En nou moet die armes van die armstes wat die ANC nog al die jare met beloftes paai skielik bydra? En glo my,hulle sal eerder honger gaan slaap maar betaal sal hulle betaal

DIABLO ·

Hierdie mense wat nou so vining skenk aan die ANC; Ek neem aan hulle sukkel glad nie met verkeerde munisipale rekeninge nie. Wag glad nie om net n rybewys te hernu nie. Potholes is total onbekend. Vuil en onbekwame provinsiale hospitale is slegs n mite. Geen familielid is al ooit dood as gevolg van misdaad nie. Besit geen eiendom wat enige oomblik weggevat kan word nie. Betaal hulle nie dood aan belasting nie. Sukkel glad nie om hul kinders in n skool in te skryf nie. Die lys is lank… Hel, ek wil graag daar gaan bly!

Hardekwas ·

As hulle nie skenk nie, gaan hulle dalk nie weer sassa grants kry nie.

Johannes ·

Is dit dieselfde party wat aan ons moet voorskryf hoeveel belasting en heffings ons moet betaal? Die ouens wat besluit hoe en waar ons, ons swaar verdiende geld moet bester?

Pieter ·

So gaan dit as jy nie op skool was nie maar jy wil n land best loop voetsek julle anc gemors het die land op sy knie.

Swerwer ·

Die ANC is bankrot want die land is bankrot , dus wys dit mos duidelik waarheen ons ou landjie se geld geallokeer was. Dan is daar nog sotte wat geld in die skarehulpfonds deponeer/skenk. En dink hul vir een oomblik hul moet geglo word om te sê R100 000.00 en hoër moet verklaar word? Belaglik. dus al die ander onder R100 000.00 is weer om hul privaat sakke mee vol te stop. Oe la la hier kom ‘n ding.

Karina ·

ANC kan nie eers hulself uit sorteer nie, hoe kan hulle ons land uit sorteer? Korrupsie selfs in eie geledere? Ek stem saam met julle almal, Alex het die spyker op die kop geslaan, goed gestel.

JohanR ·

Hoe kan jy ‘n land regeer as jy nie eers jouself kan regeer nie. Saam met die slimstad, wil die ANC nou nog ‘n kernreaktor bou, die Karoo frick en frack, R3000 ‘n maand meer van die belasting betaler vat, en ‘n nuwe gesondsheid stelsel instel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.