ANC ‘geskok’ oor dood van Zuma-seun; nóg ʼn ANC-lid

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy is geskok oor die voortydige dood van Vusi Nhlakanipho Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, asook oor die dood van Cacisile Gumede, ʼn ANC-komiteelid in die eThekwini-streek.

Die regerende party het albei as patriotte en aktiviste vir die party bestempel.

Vusi is Sondagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg dood. Sy afsterwe kom ná ʼn kort siekbed. Gumede is Sondag in KwaXimba, wes van Durban, doodgeskiet.

Sihle Zikalala, die ANC se provinsiale taakspankoördineerder in KwaZulu-Natal, sê Vusi en Gumede se dood is ʼn groot verlies vir die party, die provinsie en jong mense wat na hulle opgesien het.

“Cacisile was baie passievol oor die ANC en het met ʼn duidelike doel gewerk om die lewe van ons mense te verbeter. Ons onthou Nhlakanipho ook as ʼn gedissiplineerde aktivis in ons beweging. Hy het altyd die belange van ander mense voor sy eie gestel,” sê Zikalala.

Sy sê Vusi en Gumede was elk ʼn toonbeeld van jong, passievolle leiers en dat hulle dood ook “vir die samelewing ʼn verlies is”. “Die ANC werk hard daaraan om jong leiers te kweek wat ʼn betekenisvolle bydrae tot ons samelewing kan maak, kan uitreik na die verskillende kultuurgroepe in die samelewing en boonop verseker dat die ANC ʼn onbetwiste en dominante politieke mag bly.

“Ons wil namens die ANC in KwaZulu-Natal ons opregte en diepste meegevoel aan die Gumede- en Zuma-familie, hul geliefdes, vriende en kamerade oordra.”

Vusi was een van vyf kinders wat verwek is uit die huwelik van Zuma en sy derde vrou, Kate Mantsho. Die tweeling Duduzane en Duduzile Zuma is Vusi se broer en suster. Mantsho het in 2000 haar eie lewe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ina ·

Ag siestog…..die ANC ly deesdae permanent aan “skok” oor iets…..! Wel, soos julle van óns verwag, doen maar dieselfde…..bou ‘n brug en kom daaroor!

Rooikop ·

Shame……………. wonder aan watse siekte hy dood is ……………….

Sê maar net ·

“ANC GESKOK”…..en ons is GESKOK oor hierdie moorde.. Loutjie Erasmus, Gabriel en Marian Bruwer, BC Greyling, Kallie Schoonraad, Peter Dawson, Gert & Paulina Smuts, Louis & Belinda Smuts, Deon de Bruyn, Jeffrey Zetler en en en en……………………….ONS IS GESKOK EN TELEURGESTELD, hierdie mense was nie opkomend en jeugdig nie, hulle was alreeds gevestig in hul passie. Het werk gebied vir ‘julle’ mense. Hulle is definitief ‘n verlies vir die samelewing en ‘n groter verlies vir hul geliefdes. Geliefdes moet elke dag met die wreedheid saamleef. Ons sal opstaan, ons sal soos Dawid opgestaan het teen Goliat.

Alida ·

Mens wonder of die ANC net so geskok sou wees as die onwaarskynlike sou waar wees en hulle meegedeel is dat van die blanke slagoffers wat vermoor is ook ANC lede was. Dit is nie onmoontlik nie ons weet nie vir wie die blanke slagoffers gestem het nie.

Stokkies ·

Nerens word n ouderdom gegee nie? Was seker dan baie oud

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.