ANC gevra om teen haatspraak op te tree

Skermskoot van die tweet (aanstootlike deel uitgevee)

Skermskoot van die tweet (aanstootlike deel uitgevee)

Die ANC is versoek om teen haatspraak teen die Joodse gemeenskap op te tree ná die plasing, “Bly kalm en moor die Jode”, op Twitter, het The Star Dinsdag berig.

Die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes het Sondag ʼn brief aan die ANC gestuur oor die haatspraak op ʼn Twitter-rekening, @ANCYLVote2014.

Die ANC het homself intussen van die Twitter-rekening gedistansieer. Keith Khoza, woordvoerder vir die ANC, het gesê die party moedig nie haatspraak aan nie en sal die voorval ondersoek.

Die ANC-jeugliga het homself ook van die rekening gedistansieer. “Die rekening word nie deur ons bestuur nie en is ook nie deur ons nasionale kantoor of enige van die ANC-jeugliga se provinsiale of streekskantore goedgekeur nie,” het Bandile Masuku, woordvoerder vir die jeugliga, in ʼn verklaring gesê.

Die rekening is intussen van die sosialemedia-platform verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Die ANC moedig nie haatspraak aan nie – gmfff, en die sing van KILL THE BOER KILL THE FARMER ?

Yolande Kruger ·

WOW!!! Wonderwerke gebeur tog nog – laat mens wonder soos met vorige kommentaar – wat van die boer-moord kwessie? Of het Jode skielik van velkleur verander – maar ek is bly vir hulle dit wys God is aan die werk daar.

Pieter Myburgh ·

Hulle doen dit alweer,ontkenning van goed al is hulle ook hoe betrokke of skuldig.

Aster ·

So, die Jode het haatspraak teen hulself gespreek? Verstaan ek korrek, of is ek net onnosel vanoggend?
Wat het die ANC met die Jode uit te waai? Hoekom moet hùlle teen die Jode optree?

Paul ·

Aster, Lekker sterk swart koffie sal jou wakker maak en dan lees jy weer.

U Denke ·

Wie is die “_ode” wat van gepraat word ? Is dit die Z….iste… of die A…….zi.. van hulle ? Wat doen hulle ? Brother Nathanael op youtube is n Orthodokse J…. , en hy lyk na n goeie persoon

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.