ANC gewalg deur ‘poeph*ls’-spotprent

Die spotprent wat EWN op Twitter gelaai het en intussen verwyder het

Die spotprent wat EWN op Twitter gelaai het en intussen verwyder het

Die ANC sy hy is gewalg deur ‘n spotprent wat deur Eyewitness News (EWN) gepubliseer is en wat volgens die party “rasse-ondertone” bevat en beledigend is teenoor Suid-Afrikaanse kiesers.

EWN het gister ‘n spotprent genaamd “A Congress of Clowns” gepubliseer waarin daar na kiesers as “poeph*ls” verwys word.

“Ons beskou dit in ‘n ernstige lig gegewe die onbestendigheid van rassisme in die Suid-Afrikaanse diskoers en die minagtende houding wat deur sommige elemente in die media en die gemeenskap gedemonstreer word,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

“Die tipe houding veral vanuit die media versterk die siening dat sekere dele van die media vryheid van uitdrukking misbruik en die vordering wat tot dusver gemaak is ondermyn. Ons glo dat die media as ‘n platform vir invloed hul vryheid moet uitbalanseer met verantwoordelikheid en agting vir die publiek,” het Khoza gesê.

EWN sowel as die spotprenttekenaar het intussen om verskoning gevra aan diegene wat aanstoot geneem het as gevolg van die spotprent.

Lees ook:
EWN vra om verskoning vir ‘poeph*ls’-spotprent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Says ·

In baie opsigte is ons net so gewalg, maar mag niks se nie……..

Rudi ·

Ha Ha. Ek het nogal lekker gelag. Net een probreem met die tekening. Dit is totaal verkeerd. Die minister het beslis geweet van sy vrou se dwelm sake. 10 teen 1 haar selfs gehelp. Hul moet nie as narre uitgebeeld word nie maar as kriminele

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.