ANC groei, opposisie sukkel, toon peiling

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die ANC het in die eerste honderd dae van pres. Cyril Ramaphosa se bewind baie kiesersteun bygekry terwyl die opposisie agteruit boer, toon die jongste meningspeiling van die markontledingsgroep Ipsos.

Volgens die peiling, wat die menings van sowat 3 000 Suid-Afrikaners getoets het, kan die ANC staatmaak op 60% steun landwyd, met die DA op slegs 13% en die EFF op 7%.

Volgens Mari Harris, direkteur en politieke ontleder van Ipsos, is dit veral Ramaphosa se leierskap wat die ANC se steunsyfers laat verbeter het.

“Verlede jaar hierdie tyd was ANC-steun op slegs 45%, maar die terugvoer van deelnemers aan die peiling was dat Ramaphosa leierskap verskaf wat ʼn mens kan respekteer.”

Die terugvoer toon dat baie Suid-Afrikaners die idee van ʼn nuwe daeraad onder Ramaphosa steun. Nietemin is 54% van respondente baie bekommerd oor die gehalte van die res van die ANC-leierskap.

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Die meningspeiling bevat baie slegte nuus vir die DA, wat in 2014 sowat 22% van die steun landwyd gekry het, en in 2016 sowat 27%. Volgens die peiling kan die DA tans net staatmaak op omtrent 13% steun landwyd.

Volgens Harris is dit veral die huidige DA-binnegevegte in die Wes-Kaap wat die party hard slaan. Daar is trouens ʼn kans dat die ANC die DA in die Wes-Kaap kan klop, toon die syfers.

Vir die EFF is die nuus nie so sleg soos vir die DA nie. Die EFF, wat in 2014 sowat 6% van die stemme landwyd gekry het en in 2016 sowat 8%, staan op 7% steun onder die respondente in die peiling. Limpopo is die EFF se sterkste provinsie.

Ipsos-woordvoerders was nie vanoggend vir verdere kommentaar en opklaring beskikbaar nie, en die data wat wel bekend gestel is, het slegs betrekking op ses provinsies. Boonop is slegs die steunvlakke van die ANC, DA en EFF bekend gemaak – nie die steun vir enige ander partye nie.

Julius Malema. Foto: Twitter

In Gauteng bereken Ipsos dat die ANC 58% steun het, die DA 15% en die EFF 10%. Die syfers vir die Wes-Kaap is DA 28%, ANC 26% en EFF 3%, wat beteken baie Wes-Kapenaars is onseker oor waar om hul kruisie te trek.

In KwaZulu-Natal moes die ANC vanjaar deurlopend en op groot skaal steun afstaan aan die IVP in tussenverkiesings, maar hierdie agteruitgang word glad nie in die meningspeiling weerspieël nie. Geen syfers is trouens vir die IVP bekend gemaak nie. Die ANC staan op 62% in die provinsie, die DA op 7% en die EFF op 3%.

Limpopo se syfers lyk soos volg: ANC 70%, EFF 12% en DA 5%. In die Oos-Kaap het die ANC 54% steun gemeet, die DA 16% en die EFF ʼn volle 10%, wat glad nie strook met die EFF se uiters swak vertonings in Oos-Kaapse tussenverkiesings nie.

Die ANC het 45% van die respondente in die Noord-Kaap se ondersteuning, gevolg deur die DA met 15% en die EFF met 3%.

Geen syfers is vir Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

koos1 ·

Wat die DA betref, is steun aan taan, volgens my opinie, nie weens binne gevegte nie, maar dat hulle hul mantel na die wind draai om stemme te lok, en hulle bestaande kiesers in die rug steek.

Theresa B ·

Amazing. Hoekom is hier dan nogsteeds elke liewe dag betogings??!!

JMC ·

…en in ander nuus, Hillary Clinton loop volgens peilings en analiste so ver voor dat Donald Trump net sowel die stryd gewonne kan gee.

Joe Olivier ·

Ons kan dus volgens die artikel aflei dat die swak onderwysstelsel vrugte afwerp vir die cANCer. Die gemiddelde stemgeregtige word al hoe dommer.

Afrikaanse Knaap ·

Al die kapitaliste het emmigreer so dit maak sin. Ons gaan nog onder die ANC se regering tou staan vir toilette papier soos in Venezuela.

Brander ·

En steeds STAAK ALMAL WAT ANC stem elke dag en gooi klip en brand geboue af . so TEVREDE Is hulle met die ANC bewind . te vreemd …

IK ·

Voor 1652 was daar nie toiletpapier en was takkies (doringloos!) in gebruik. Ons is vinnig op pad daarheen en oefen solank ook ‘die plasie’.

Casper Labuschagne ·

Ek is nie so seker van in toue staan vir toiletpapier nie. Sonder kolonialisme het toiletpapier nooit posgevat nie en om behoorlik te dekolonialiseer moet…

Whaaaaaaaaaaaaaa ·

Ek het voorspel die DA gaan slae kry, hulle het mos die BLANKE stem vervreem en toe die bruinmense s’n ook . hulle het heeltyd gevry vir die etniese swart stem . en nou het hulle gesien sonder die minderhede gaan hulle lelik afchop . .EK LOVE DIT . ek het dit voorspel .. Mmusi het minderhede gejag en niks teen plaasmoorde gese nie en ALMAL het gese . .ag julle paar wittetjies se stem tel niks . toe hy Patricia aanval het hulle gese ag neewat julle bruinetjies se stem tel niks . EN NOU??? WIE sal nie vir ‘n party stem wat VERNIET plase en besighede en huise BELOWE NIE? Net tot hulle uitvind dis nie waar nie dan eis hulle weer sy kop soos Zuma s’n of brand ander mense se huise af. Die EFF kom vinnig op en die DA val vinnig af .. HET julle regtig gedink die minorities beteken niks? Lyk my selfs die revolusioneres gaan julle binnekort verbysteek.

Jef ·

Wat ek uit die peiling kan opmaak is dat die ANC aan bewind sal bly en dat in die komende jare niks sal verbeter nie,

Vryheid ·

Jef – jy is heeltemal reg. Daars geen toekoms vir die minderheid nie. Al is die anc hoe sleg sal die meerderheid altyd vir hulle stem. Die opsies bly nogsteeds dieselfde… FIGHT OR FLIGHT

Mrs H ·

Wel, if nothing else… Sal ons meer sitplekke vir VF+ kan kry in die parlement as DA en EFF. Sal reeds n hengse verskil maak.

Patriot ·

Salome… dit is kommewekkend. Ek sou ook reken dat jy `n sekere intelligensie en redenasie vermoë oor moet beskik… In die regte wereld daarbuite ja, nie in SA. My opinie is ook dat slegs geregistreerde belasting betalers stemreg mag hè. Ons weet almal die EFF ondersteuners is almal werkloos. Jy kan nie `n vaste werk he, en so baie betoog nie!!!

John ·

Steeds is die hof se opdrag dat kieserlyste adresse moet toon geignoreer wat beteken dat elke Jan Rap en sy maat in ’18 sal stem en met al die beloftes van meer en meer vir ANC-lieflinge is 70% haalbaar. CR se besoek aan die Midde-Ooste en Arabiese-sheiks se weelde, blink sy ogies meer as ooit…. wat die pad aandui na nog meer van dieselfde. Malema gaan die DA verbysteek… bordjies verhang. Die skreeuende dominee se dae is getel. In 2020 gaan dinge drasties anders lyk op die politieke jagveld.

Alida ·

En steeds doen CR NIKS om die geweld en plundery stop te sit nie. Dit is mos hulle styl.

Walter ·

PANEM ET CIRCENSES
As jy hulle dom hou, hou ek hulle arm en gee hulle brood en speel.

En dis vandag nog net so.

Judge Dredd ·

As ek kyk na al die data wat nie bekendgemaak is, dan is die enigste gevolgtrekking dat IPSOS baie swak navorsing gedoen het – en nou fopnuus versprei.

Eish ·

Die wins by die meerderheid is dalk nie die weglopers by opposisie nie, nie indien die VFplus fenomenaal gaan groei nie.
Fenomenaal in perspektief beteken sy steun tydens laaste verkiesing.
Polities gesproke is Kaukasiërs nou letterlik randeiers. By verre in die minderheid, deur wet, vers en kapittel gereduseer tot tweedeklas burgerskap.

Casper Labuschagne ·

My ondervinding is dat peilings goed kan meet hoe ontevrede mense is met ‘n party oftwel nie. Kom stemdag en mense stem dan teen hul grootste vrese en nie volgens enige logiese rede nie. Elke verkiesing gaan ek van deur tot deur vir die VF+ en mense sê dat hulle net soos ek voel en vir die VF+ sal stem. Maar kom verkiesingsdag stap hulle by jou tafel verby terwyl hulle anderkant toe kyk en registreer by die DA tafel. Die DA het ‘n voortreflike argument (alhoewel dit ongeldig is) wat die vrese van die hul wit stemvee aanwakker en dit is dat die ANC net gestuit kan word deur vir die grootste teenvoeter teen die ANC te stem en dat die stem vir ‘n kleiner party beteken dat jou stem weggegooi word.

Die ANC self kaptialiseer ook op die vrese van hul kiesers en sê keer op keer dat ‘n stem vir ‘n ander party sal beteken dat die wittes weer oorneem.

Nikita ·

Janee, hulle bly steeds baie lief vir Madiba se party. Het ook verwag dat die EFF die DA een of ander tyd gaan begin inhaal. Hierdie grondonteiening storie werf ook meer stemme vir die ANC & EFF. Hulle stemmers dink en glo mos nou daar gaan vir hulle huise opskiet soos paddastoele!

jakes ·

Die peiling het 3000 mense behels. Ek sal graag wil weet hoeveel van die 3000 was ANC kaders gewees? Waarskynlik 80% indien nie meer nie. Ek neem suke peilings op met n knippie sout. Lagwekkend en eensydig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.