ANC herroep 7 eerste burgers in Noordwes

Die ANC in Noordwes het sewe burgemeesters, van wie vier by die VBS-skandaal betrek word, afgedank.

Kabelo Mataboge, woordvoerder van die ANC se provinsiale taakspan, het gesê Bitsa Lenkopane, burgemeester van die Kagisano Molopo-munisipaliteit, is herroep.

“In die belang daarvan om die publiek se vertroue in die ANC, orde en doeltreffende dienslewering te herstel het ons besluit om Lenkopane te herroep. Die nuwe burgemeesterskandidaat is Segomotso Virginia Mere.”

Mataboge het gesê Aaron Motswana, burgemeester van die Mamusa-munisipaliteit, en Victoria Noni Kgabi, burgemeester van die Maquassi Hills-munisipaliteit, is ook herroep in ʼn poging om doeltreffende dienslewering te verbeter.

Jostina Mothibe, burgemeester van die Madibeng-munisipaliteit, Andries Monaheng, burgemeester van die Moretele-munisipaliteit, Betty Diakanyo, burgemeester van die Mahikeng-munisipaliteit, en Boitumelo Mahlangu, burgemeester van die Dr Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteit, is met onmiddellike inwerkingtreding herroep weens belegging in die VBS Bank.

“Ter bevordering van ons verbintenis om korrupsie te bestry het die provinsiale taakspan die verslag oor VBS in ag geneem en besluit dat die burgemeesters in Madibeng, Moretele, Mahikeng en Dr Ruth Segomotsi Mompati met onmiddellike inwerkingtreding herroep word. Daar moet strafregtelike aanklagte wees teen diegene wat betrokke was by hierdie daad.”

Madibeng het R31 miljoen van sy voorwaardelike toekenning belê, Mahikeng R83 miljoen, waarvan R23 miljoen van sy munisipale infrastruktuur-toekenning was. Die Dr Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteit het R150 miljoen en die Moretele-munisipaliteit R50 miljoen belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik van George ·

Herroep, nie afgedank nie! Nie die laaste wat ons van hulle sien nie.

Henk ·

Hulle sal na ander posisies “re deploy” word sodat hulle hulleself kan rehabiliteer

Stem weer ANC ·

En alkeen seker ook n lekker goue handshake ook gekry.

Maljan ·

Viva bbbee! Die nuwe name is die beste vorm van kolonialisme bestryding.

Marius ·

Ek is so deurmekaar met die nuwe name vir dorpe. Jare gelede in Potchefstroom gewoon, laaste amper 18j in Australie.

Andrew ·

Ek weet self nie meer wanneer ‘n plek in SA of een-of-ander obskure Afrika-land is nie.

OS ·

Hier kom ‘n hele paar nuwe Ambassadeurs poste in 2019 vir die “herroeptes”….

SjN ·

Wil en Kan hul nie besef dat hul nie opgewasse is vir die taak nie?

Jerry ·

Dit gaan meer en meer duidelik raak dat CR in beheer is van die ANC en nie meer Luthuli huis of Zumpie kliek nie. Ten minste voeg die CR administrasie die daad by die woord mbt CR se anti-korrupsie intensies. Dit gese, moet ons ook besef dat die pad na opregte geregtigheid n helse lang pad gaan wees, omrede alles eers uiters versigtig gebalanseer moet word vir politieke stabiliteit voor en tydens die 2019 verkiesing. Alhoewel CR sy intensies reeds duidelik maak, sal hy homself eers behoorlik kan laat geld na die verkiesing, indien hy dan nog aan die stuur van sake gaan wees. Die hoop op vreedsame oplossings en samesyn sal bly bestaan by Suid Afrikaners vir solank as wat SA n gematige leier het, hetsy uit die ANC of DA se geledere. Witmense, maar veral die Afrikaner moet hierdie geleentheid ten volle benut om dit waarna hulle ookal mag strewe n werklikheid te maak deur nie net te plant nie, maar om op die regte tyd en plek te plant sodat n gewaarborgde lewensvatbare langtermyn oes gelewer kan word!

Staak saam ·

Hel Jerry, jy gaan seker n paar keer vir die DA stem volgende jaar.
Dis goed om soveel hoop te he maar kom so bietjie uit jou kantoor en gaan kyk op straat en vertel dan vir die vermoorde mense se gesinne jou store.
My raad, vat maar n lyfwag of twee saam.

Dries ·

Interessant. In di geval word mense afgedank sonder n verhoor… Maar, soos dit di ANC pas, mowt andere eers deur n regsproses gaan!

Marinda Coertzen ·

Ek is self werksaam by ‘n munisipaliteit en kan nie help om te wonder nie. Alle besluite deur die Munisipale Bestuurders word oorsien deur die raad en die Burgermeesters so is hulle dan nie ewe skuldig nie. Elke maand word daar state voorgelê aan die raad vir goedkeuring so hulle was van dag een af bewus van die beleggings by die VBN so hoekom nou net teen die munisipale bestuurders optree. Vra maar net. En hou maar die spasie dop almal van hulle word oor drie maande in ander staat instellings aangestel met ‘n beter salaris!

At Dippenaar ·

Aarde! Kan julle asb daai dorpe in ou Afrikaans identifiseer?

Staak saam ·

Ag nee maroela, vir die mense wat nie in daai munsipaliteite bly nie sal dit raadsaam wees om die ou name by te sit, ons weet darem waar NW is maar daai name is grieks, vir ons blankes kan dit net sowel in die kongo wees.
Dis darem moeilik om n besoeker in jou geboorte land te wees.

Cindy ·

Ek weet nie van die ander munisipaliteite nie, maar Madibeng is Brits en omgewing.

C Botha ·

Dit is “n skande hoekom is hulle dadelik afgedank nie hoekom is hulle net her roep sodat hulle in ander poste aangestel kan word dit is werklik ‘n skande???????

ne ·

Maquassie hills is Wolmaransstad, Leeudoringstad en Makwassie in NW.
Hulle moet spesifiseer wat hulle bedoel met “herroep”
Waar is die vervolging?

Nico ·

As enige persoon wat by korrupsie of enige finansiële onregmatigheid betrokke is en hy boet nie met die verlies van sy pensioen, laaste salaris en enige opgehoopte verlof nie beteken al hierdie ”ingrypery” net mooi niks. Daar moet ook op sy bates soos huis en voertuie beslag gelê kan word. Hulle moet immers terug betaal aan hulle wat skade gelei het. Soos vorige persone tereg opmerk môre stap hy maar net weer op ‘n ander plwk in waar alles weer van voor af gebeur.

Papa G ·

Ek slaan my se oge op na die berge… Altesaam meer as R300 000 000! Die hele land se burgermeesters kan tesame nie so vêr tel nie! Weet die mense hoeveel geld dit is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.