‘ANC het eensydige siening van rassisme’

Minister Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Minister Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Corné Mulder, die hoofsweep van die VF Plus, het Dinsdag Nathi Mthethwa, die minister van kuns en kultuur, daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrika ʼn onguns aandoen deur rassisme op ʼn eensydige wyse te benader.

Dit kom na afloop van ʼn debat oor rassisme wat Dinsdag in die parlement in Kaapstad gevoer is. Mthethwa het Dinsdag gesê die nalatenskap van apartheid en kolonialisme is steeds duidelik te sien in die “koloniale, seksistiese en super-uitbuitende struktuur van ons ekonomie”, die ruimtelike groeperings van ontwikkeling en onderontwikkeling en die agterstand in sosiale, menslike hulpbronne en infrastruktuur.

“En ons moet onsself afvra, hoe lang nog gaan mense in Suid-Afrika, hoofsaaklik dié met ʼn ligter kleur, hulself sien as beter, slimmer en meer geregtig op die skoonheid en rykdom van hierdie land. Die woorde wat hulle gebruik toon hoe ontmens hulle is; hoe hulle menslikheid verlore gegaan het, tot so mate dat hul aanvalle op ander aanvalle op menslikheid self is,” het Mthethwa gesê.

Mthethwa het bygevoeg dat baie Suid-Afrikaners se rassistiese neigings spruit uit “georganiseerde rassiste op elke vlak van ons samelewing” en dat hierdie idees deur sommige politici en mediahuise aangeblaas word “wat maak asof die swart bevolking op een of ander manier verantwoordelik is vir die hoë werkloosheidsyfer, armoede en misdaad waaronder hulle gebuk gaan”.

Mulder het in ʼn verklaring teen Mthethwa uitgevaar en gesê hy konsentreer net op aspekte wat vir die ANC belangrik is. “Die minister lees net die eerste twee sinne van die aanhef tot Suid-Afrika se Grondwet wat lui dat die ongeregtighede van die verlede erken moet word. Dan praat hy oor die ANC se struggle-helde van die verlede. Net in die volgende sin van die aanhef word gesê almal wat bygedra het om op te bou en te ontwikkel moet gerespekteer word, en dan dat Suid-Afrika behoort aan almal wat in die land woon, ‘verenig in ons verskeidenheid’,” het Mulder gesê.

“Presies dit is die probleem wat ons in die land het oor die realiteit van rassisme. Die minister is selektief en fokus net op dié goed wat belangrik is vir die ANC. Rassisme in alle vorms moet verwerp word, maar daar bestaan ʼn opvatting dat net sekere mense in staat is tot rassisme. Geen ras, groep, volk of nasie, wit of swart, is so edel en wonderlik dat hulle nie in staat is tot rassisme nie.”

Mulder het gesê Suid-Afrika kon al ver gevorder het om rassisme uit te roei, maar daar word ʼn blinde oog gedraai vir die realiteit dat rassiste in alle gemeenskappe voorkom.

“Ons strompel van een groot sportbyeenkoms na ʼn volgende in die vals waan van nasiebou, maar skielik is die euforie weg en van dié nasiebou bly niks oor nie. Erken die diversiteit van Suid-Afrika se mense en gebruik dit as een van die boustene om nasiebou te bevorder. Almal in die land moet rassisme veroordeel, maar die ANC se manier om dit te doen is verkeerd en gaan ons nêrens bring nie,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

intelegente SA ·

Suus tog mthethwa jy is n agtergeblewende uit eie toedoen. Hoe gouer jy in die niet verdwyn, hoe beter vir SA. Wys ons wat jy gedoen om die land n beter plek te maak, weet jy, n miskruier loop agterstevoor

Jaques ·

Jip, ek wonder ook wanneer laas het hy behoorlik in die spieel gekyk….

Donker prentjie, ne?!

Grap ·

Don’t argue with a fool because they drag you down to their level and beat you with experience.
Ons moet net die “bou saam”ondersteun en laat hierdie klomp hulle eie ondergang bewerkstellig.

Veritas ·

Grap jy is in die kol. Ons laat toe dat die spannetjie ons aandag van belangrike dinge aftrek. Laat hulle maar aankarring met hulle aantygings en slegsêery. Ignoreer hulle en kyk vorentoe. Soos dinge tans staan, is dit nie vir ons nodig om hulle op hul dwaasheid te wys nie. Hulle bewys dit self met dié tipe dwase uitsprake.

Uys ·

Jammer dat ons Wittes nie in protes teen swakdiens in SA oons dkoke afbrand nie. Jammer dat ins Wittes nogsteeds dkool gaan al word ons parke se gras eers gesny nadat daar vuur gemaak by die stadsraad om so te doen.
Jammer ons Wittes brand nie skole af omdat ons strate soos grondpad begin lyk van al die slaggate in woonbuurte.
Jammer omdat ins Wittes nie skole afbrand omdat rouriool in ons damne en riviere in loop nie.
Jammer dat ons kultuur van ń ander begrip en aard is.

Ag ·

as ANC dan so goed en slim is, waarom is ons land dan nou in soon toestand en ons ekonomie so te se bankrot? Vra maar net

John ·

Die probleem van werkloosheid is nie deur die ANC voorsien toe swart burgers aangemoedig is om te vermeerder om sodoende die regering te bekom nie. Geboortebeperking is ‘n gruwelwoord in Afrika en word deur blankes toegepas. So het ons in die minderheid beland. ‘n Bevolkingsontploffing speel hom af in Afrika. Behuisingsnood en werkloosheid is die gevolg. In SA word dit aan ‘verwaande’ wittes toegedig sodat die ongelukkige massa nie druk op hul regering plaas nie. 2 gesinne langs mekaar met gelyke inkomste waar een beplan en die ander nie, kan die verantwoordelikes van verwaandheid beskuldig word? Armoede as wapen-/bedeltuig ‘back fire’ nou en die ANC moet pa staan vir sy ideologie.

Theuns ·

Die man praat van “koloniale seksistiese en super uitbuitende- struktuur van ons ekonomie”. Mthethwa is nogal reg! Dit wil vir my lyk of hy kennis het van die heelal en sterrekunde Die super uitbuitende struktuur is heel waarskynlik die swart gate wat alles om hulle verteer. Ek lees vanoggend ‘n NASA nuusbrief wat se hulle het super swart gate ondek wat vinning ontstaan en is minder as ‘n miljoen jaar oud. Dit is verseker nie net ‘n probleem in die sterre hemel nie maar daar is ‘n hele paar swart gate ontdek in Suid Afrika wat groot skade aanrig aan ons ekonomie en alles verteerend is!

My opinie ·

Hy leef in ‘n eensydige illusie aangevuur deur ‘n eensydige regering wat weier om feite te aanvaar en steeds die blankes vir alles blameer om die aandag van hul onbevoegdheid te probeer aflei

Josua Keys ·

Gert jou kommentaar is ongelukkig nie van pas nie, geloof is juis die grootste probleem waarom ons sit met die delema in Suid Afrika, as jy bietjie die internet ten goede gebruik en verder ondersoek hierop gaan instel sal jy besef dat dit juis hier is waar ons die grootste probleem ondervind. As jy weet hoe die swartmense ons as witmense beskou en en verstaan hoe hulle ons in hul taal aanspreek sal dit vir jou baie meer sin maak hoekom mense juis geloof opper as die oplossing. Voor jy sulke kommentaar lewer maak eers seker van jou veite. Geloof is nie noodwendig dat jy in my God moet glo nie maar dit leer jou dinge van wat reg en verkeerd is en of daar voorvader geeste bestaan en thokolosis en dis juis waarom die regering nie wil hê dat dit op skoolvlak geleer mag word nie.

Theuns ·

Dankie Lynette, jy is ook self baie baie skerp! Haha he he!

hans brits ·

Net swakelinge veralgemeen wanneer dit by mense kom.Die ou het homself nie lief nie dis hoekom hy dit se.

Marietjie ·

Shame hy kon dit nie maak as minister van polisie nie, nou wil hy sy talente op n ander manier probeer.

pop ·

Jinne maar dis n lelike ding om te se meneer die minister. Gaan leer liewer bietjie geskiedenis en kyk waarheen stuur ons land af. In 1975 was Simbabwe wat toe Rodisie geheet het die grootste broodmandjie is die wereld. Hulle het die beste van alles gehad. Beste voedsel opbrengste en katoen en tabak. En laasjaar was hulle die armste land op aarde. Mooi gedaan is dit nie. Laat my glad nie wonder waarheen ons oppad is nie. En al waaroor julle bekommerd is, is hoe bleek mens se vel is.

Anti-Haas ·

Ek is wit en trots daarop.
Ek het vaste werk en kry goeie salaris.
Het my eie huis en Motor.
My Vrou, ook wit, en ook trots daarop, werk ook.
Sy kry ook goeie salaris.

Die kortste afstand na geluk is die tussen die grond en jou kniee……..

hans ·

In Beeld van 24 05 2016 is n lang artikel deur Ahmed Kathrada oor rassisme en daar is net verwysings na wittes se optredes maar nie n enkele voorbeeld van uitlatings deur ander bevolkingsgroepe nie. Weereens n bewys hoe selektief daar met rassisme omgegaan word. Mens sou verwag dat Beeld ook n berig sou plaas om die keersy weer te gee.

Oom Kalahari ·

As jy ‘n minderwaardigheids gevoel het moet jy maar lei met die simptome. Mnr Mtethwa, ons ondervind daagliks in die praktyk die anderkant van jou beweringe, maar erkenning by sekere groepe is ontmoontlik. Seksisties ja, want gemengde broei skema is nie vir almal te vinde nie. U self is ook gedurig met uitsprake van rassisme bekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.