ANC het glo 139 plase in die oog vir grondgrype

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

Die ANC het glo 139 plase uitgekies wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien, berig die City Press.

Aldus die koerant het die regerende party dié besluit gemaak ná sy twee dag lange lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC. Dit is egter nog nie duidelik watter plase ter sprake is nie.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa op 31 Julie aangekondig het dat die regerende party sal voortgaan om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

ʼn Grondwetlike hersieningskomitee wat aangestel is om deur middel van landswye openbare verhore te bepaal of ʼn hersiening van hierdie artikel en ander klousules nodig is om grondonteiening sonder vergoeding, in openbare belang, moontlik te maak, het gister sy laaste verhoor in Kaapstad afgehandel.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het Sondag aan Maroela Media gesê die burgerregte-organisasie kan nog nie kommentaar lewer voor dit bekend gemaak is watter plase ter sprake is nie. “My vermoede is dat dit waarskynlik plase is wat reeds geoormerk is vir grondhervorming of waarop daar reeds grondeise ingestel is en waar daar waarskynlik ʼn dooiepunt bestaan tussen die staat en die betrokke grondeienaar oor die vasstelling van die vergoeding,” het Spies verduidelik. “Ons sal eers ʼn mening kan vorm sodra ons weet watter plase dit is en hoe dit gaan werk.”

Spies het bygevoeg dit is moontlik dat die regering ook plase in gedagte het waar daar reeds grootskaalse vestiging plaasgevind het. Hy het onder andere verwys na ʼn plaas in Atteridgeville waar die persoon die grond geërf het, maar dit is reeds grootliks deur plakkers beset en volledig deur die munisipaliteit oorgeneem, alhoewel die stuk grond nog op die naam van die eienaar geregistreer is.

“Voor ons egter nie weet watter plase geteiken sal word nie, kan ons nie eintlik ʼn idee vorm wat die aard of aanslag sal wees wat die staat gaan volg nie,” het Spies benadruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Anoniem ·

So ons gaan moet gelate sit en toekyk hoe Die President dit gaan DOEN !!

Gemaskerde Sopbeen ·

Jy kan maar “GELATE TOEKYK” as jy so voel, Anoniem……party van ons het ander planne..

Sal nie ·

Nee ek gaan beslis nie net stilstaan en kyk nie, ek het ook regte.

Paul ·

Die prosedure soos per die grondwet vereis is geminag, vat CR en die ANC hof toe!

Johann M van Heerden ·

This whole ‘land’ business is going to explode in our faces. There is thousands of hectares of socalled tribal land which should first be given in ownership ‘landless’ people. The these lands are in the highest potential agricultural areas of the country. High rainfall and good soil but totally unutilised. The Transkei and Ciskei was found in a servey by the ARC to have the potential to produce more maize than SA can use. Still the people there are poor and stream to the WC and demand services and land here. Putting pressure on financial water and land resources. Nobody speaks the truth. All this is due to this stupid political dispensation where we have a black majority dictatorship. The politicians are thus playing the masses. Just as in Zimbabwe. And everybody looses.

Etienne Prinsloo ·

Great, concise and honest commentary, JM. Too many South Africans, especially so called political commentators have either glossed this abomination over or support it fully. The public participation road show was telling, every Jack and his dog’s forebears owned some nicely developed farm somewhere, no paper trail, just greed, envy and entitlement at play. And now they want the farm and all it’s contents on a silver platter, the jeys to paradise as Cyril te deceiver promised. Evil, when it goes unchecked devours those who oppose it but especially thise whom choose to ignore it.

Se maar net ·

Hoop een van die plase is een van CR se 6 wat hy het. Een is genoeg hy het 6. Wat nou?

Maggie ·

Slegs eiendom in besit van Blankes word deur die onteienings proses geraak.

Morne ·

Hoekom gee Cyril, die “token” BEE biljoener nie sy plase weg nie? Of vat Thandie Modise se plaas. Die zulu “koning” sal nie afstaan van die grond waarvoor hulle geveg het nie. Hy kon sy grond deur geweld kry, en word beskerm. Die boere het onderhandel vir hulle grond.

Rina Botha ·

Vraag: Wat maak ek as ek nog geld skuld om my grond en die regering vat dit sonder vergoeding?

Katerina ·

Ek is nie seker nie maar ek reken die regering sal die bank betaal en as jy nie van jou grond afgejaag word nie,sal jy seker huur moet betaal aan die regering.

Anoniem ·

Dis nou nie asof die bank jou plaas sal kan terugneem as jy ophou betaal nie? Die banke gaan hard geslaan word hierdeur.

Theresa ·

Die regering is skatryk.
Hul sal seker die bank betaal en ook die begin van als vir die nuwe eienaars.

Indien jy niks kry nie – bly dit diefstal van jou geld wat jy reeds daarop spandeer het.

Speedguard ·

Indien jy sker is dit is jou grond wat gevat gaan word maak meer skuld by die bank.

Andrea van Vuren ·

Jammer Rina, die regering het nie meer geld oor nie. Alles in korrupte koffers gepak…Zuma, Duduzane…Guptas, Tom Moyane… Brian Molefe… ens. ens. ens.

Casper Labuschagne ·

@Rina – niemand weet verseker nie. Maar dit is hoe ek dit verstaan, jou eiendom is die sekuriteit vir ‘n verband of lening. As die eiendom wegval het jy nie sekuriteit nie en sal jou lening onmiddelik betaalbaar word waarna die regsproses gebruik sal word om die skuld in te samel. Gevolglik sal dit ook bankrotskap beteken vir bykans 90% van 170,000 wit stedelinge en 80% van 32,000 wit plaasboere sou hulle onteien word. Meeste van daardie persone sal ook nie kan voortgaan met die besighede en bedrywe wat hulle tans op daardie eiendom bedryf nie.

Dus: Deur onteiening verloor jy alles wat jy op jou plaas opgebou het asook jou huisvesting. Daarna word jy bankrot verklaar. En dan het jy ook nie meer die vermoë om ekonomies na jouself en jou gesin om te sien en om vorentoe die werk te kan doen wat jy gedoen het nie.

Ja, dit is werklik hoe ernstig dit is. Min mense het dit werklik deurgedink wat die gevolge sal wees as eiendomsreg verval en hoe dit ons toekoms heeltemal sal verongeluk nie.

jaco ·

vat die onteinings maar hof toe, maar dit sal niks help nie. GEEN regter wat sy werk wil behoy, sal uitspraak teen die onteiening lewer nie.
Hou ook in gedagte dat wit boere in Zimbabwe ook howe toe gehardloop het toe onteinings sonder vergoeding daar begin het. Selfs swart regters het gesê die onteinings is ongrondwetlik. Toe dank Mugabe eenvoudig daardie regters af en vervang hulle met regters wat sy beleid konsekwent altyd napraat.

Netso ·

So ons pakkie “bollie” is reeds in pos! Hier kom nog hongersnood, hou nou aan?

m.d.r. ·

Mediaberigte lui dat die regering die huidige grondwet wil “toets” deur die onteiening….
Myns insiens is dit ‘n teken dat die regering gladnie so seker is dat die afskaffing van art 25
so suksesvol soos hulle meen kan wees nie.

Derhalwe , wetende dat hierdie onteienings ‘n draai in die Grondwethof sal maak word die “water getoets”.
Soos ek in ‘n ander skrywe oor dieselfde onderwerp genoem het , is daar ‘n hele aantal ander artikels in die Grondwet wat geraak gaan word.—‘n skrywe wat MM in hulle wysheid nie wou publiseer nie.

Ek meen nog steeds dat hierdie aangeleentheid Wereldhof toe sal gaan. Daar is net te veel op die spel om sommer lukraak deur ons howe beslis te word.

honourable member ·

Die land is nou finaal in sy glory. So jammer dat so mooi land ten gronde gaan deur useless mense. Ons vir jou Suid Afrika. RIP

Tom ·

Die begin was al lank gelede, temperatuur is nou so drie grade benede kookpunt. Die feit dat mense dink dis nou eers die begin bevestig hoe suksesvol hul plan was

Jollie ·

Ai wat verstaan mense nie!!!!! DIT IS NET WITMENSE SE GROND WAT OP DIE SPEL IS!!! Dis so duidelik soos daglig, geen plase van CR of wie ook al solank hy wit is is sy grond ter sprake!!

Kwaak ·

Hahaha, ten minste weet ons blankes dat die pot begin warmer raak. Daar is ‘n massa ander paddas saam met ons in die pot, hulle besef dit nog net nie.

Anoniem ·

Want volgende gaan die nasionalisering van banke wees en die beslaglegging op ons “belasting geld”.

Joshua ·

Is dit plase wat deel is van die reeds 4500 plase in die ANC se besit wat nou gespin word om die EFF stil te hou?

Penellope Jones ·

Wie gaan kry en by wie gaan gevat word – hoe en wie gaan besluit wie moet “kry” en by wie gaan plase afgeneem word?

Andre D ·

Hoekom vra ons nie die banke wat hulle insette is nie. Dan het hulle mos aan my grond verkoop wat nooit hulle sin was nie.

Jaco Olckers ·

Kan die anc maar die mense wat die land wil verlaat maar asb help. Dan is hulle mos ontsla ook van ons.

Erick ·

Die Afrikaner se ‘Achilles heel’ was nog altyd naïwiteit…

Manie ·

Die boere het op die staduim nog baie mag en hulle kan dit gebruik deur vir n tydperk nie produkte te lewer. Dit sal mense tweekeer laat dink. Maar ek weet ook dat mense te geldgierig is in de land om dit te oorweeg. Moet nie dink jy gaan hulle beveg die dag wat hulle jou plaas vat want dan is dit te laat

Susanna ·

Manie, dis ‘n goeie idee…. maar dink jy die boere sal? En hoekom het hulle nog nie so iets gedoen nie? HOEKOM?

Versigtig ·

Samevatting
Die naald in Matteus 19:24 is dus ‘n gewone naald wat in die destydse beskawing ‘n alledaagse gebruiksitem was, en nie ‘n poortjie in die stadsmuur nie. Jesus wil deur die gebruik van dié hiperbool wys op die houvas wat geld in ‘n mens se lewe kan hê. Die volgende keer wat u weer die gedeelte lees, pasop vir die gewilde “poort-storie”.

.. grondstorie dalk nie nou só ernstig plase in buiteland deels besit of (belange)besit kan’n ongewenste onwelkome boemerang effek op cANCer hê. Sonder dat ons vinger verroer.
Oorlog nie onse gee dit oor aan God drie enig AMEN.

Flippie ·

Dit maak nie saak vir wat die eiendom aangewend word nie. Eiendom behoort aan iemand en as daardie eiendom vervreem word, moet vergoeding plaasvind. So nie is dit diefstal en behoort die diewe moet met tronkstraf gestraf te word.

Johan ·

Wat ek nie verstaan nie, hkm nou wil almal besware aanteken en dreig met die opneem van wapens, wat het gebeur toe hulle, eers 20%, toe 25%, toe 30% en nou 50% van alle besighede gevat het? Wat het gebeur toe hulle eers skole dubbel medium en nou vol engels gemaak het? Wat het gebeur toe hulle wetgewing gemaak het van slegs swart mag aangestel word? Wat het gebeur toe hulle gese het slegs swart mense kry nuwe myn lisensies, of brandstof lisensies?

Niks nie, absoluut niks nie!!!!

Martin ·

Gewag vir die een… ah wel, ons almal het GEWEET dit sal eindelik hierop neerkom, was maar net ‘n kwessie van tyd.

Wat my die meeste verbaas is dat sommige mense geskok is hieroor… hoe naief is die Afrikaner nie. Het jul nou vir EEN oomblik geglo die massas is tevrede, hul soek justice!

Dis nou die tyd dat ons moet kophou, kalm bly en ernstig begin planne beraam om ons behoud te verseker, ons kultuur, taal asook leefwyse. Selfbeskikking is egter ongelukkig nie n opsie, die regering sal ons NOOIT toelaat om kompleet af te stig, dit sal gesien word as ‘n vorm van “apartheid”… Nou vra ek ‘n doodeerlike vraag: watter ander opsies het ons…???

Petrus ·

Ons tyd op aarde is ‘n klein kolletjie in ‘n oneinde ruimpte. Hou fokus op die grooter prentjie waar niemand niks van ons kan vat nie.

Se maar net ·

Binne kort gaan daar seker gekyk word na privaat grond ook en nie net plase nie. Dis om van siek te word.

Snowball ·

En mense met tweede eiendomme? Die moontlikhede vir onteiening is onbeperk….dit gaan nie stop net by plase nie

Se maar net ·

Verseker nie snowball. Ons wil graag ons plek koop, maar is bang dit word afgekeur omdat die regering seker nog na privaat eiendom se wet ook gaan kyk nog. Dalk moet mens die kans en nou koop. Hier gaan groot moeilikheid kom indien nie dalk nog n burgeroorlog nie. Wens ek het n antwoord gehad vir jou rondom die tweede eiendom.

vissie ·

ANC is baie slim. Nou val grond pryse baie rande , so grond is dan baie goedkoop sou die regering tog besluit om te kompenseer

Alesia ·

CR doen iets aan die Crime .Hou Ons land Se Mense veilig. Skep werk deur buitelandse be legging . Hou op rasisties voor kom .want Jy veroorsaak nou land vergryping en lawless less jy volg EFF Se dinkwyse. Kyk na jou belastingbetaler s . Asb Cyril asb

Wat 'n vooruitsig ·

Seker weer net wynplase en sitrusplase en wildsplase . hulle sal nie die sukkelaars se plase oorvat nie, o nee, dit moet BAIE goeie plase wees waarop hulle net kan intrek en aanhou boer . julle weet mos eintlik weet die WERKERS alles en die boere niks .. So hulle kan sonder die boer aangaan .. die boer moet net vertrek en alles so los . more kom die eerste bottel wyn uit die vat gestap … label en al.

Theresa ·

Of die grond word gevat. En met ‘n slenter word die persoon wat die intellek en liefde vir die boerdery gehad het en als mooi opgewerk het tot ‘n sukses, mag as bestuurder aanbly.
Als dus gevat, maar produksie sal voortgaan.
Afgryslike slu benadering. Skaamtelose optrede. Verdien nie ‘n greintjie respek nie.
Behoort hul koppe in skaamte te laat sak.

Stefan ·

Korrek, verbaas my hoe blind baie mense is. Ons het tonnel vissie en volg soos skape blindelings. Die verloop is duidelik soos daglig.

bernelle ·

Ek wil ook eiendom he. Maar ek is wit, so ek sal moet werk en betaal daarvoor.

Piet ·

……………… en dan vat hulle dit by jou en gee dit aan n luiaard wat dit nie verdien nie.

Wonder maar net ·

Wie gaan die inset kostes dek vir die nuwe “boere”? Het die mense enige idee hoeveel kapitaal nodig is om te boer? Of gaan die trekkers, implemente en vee saam afgeneem word?

Susanna ·

Wie dink jy gaan betaal vir hierdie grappie? Die belasting betaler. EK EN JY!!!

Peet J ·

Die regering gaan nie stop nadat 139 plase gekonfiskeer is nie , daar is reeds voorspel dat 50% van alle plase wat aan witboere behoort aan voorgenome swartboere voorsien moet word. Ek vermoed dat die grondwetlike eienaars ‘n keuse gegun sal word om op hulle eiendomme aan te bly op grond van samewerking met die regering. Indien wel, sal die regering ook verantwoordelik gehou kan word om , om te sien na die plaasbewoners se veiligheid en sodoende plaasmoorde bekamp.

No idea ·

Ja nee kyk. Het enige van julle al ooit gewonder wat gebeur met die boedelbelasting as jou bates bo 3.5 mijoen is en jy tot sterwe kom? 20% van als bo 3.5mil gaan ook na die staat. So al hierdie onskuldige boere dra by tot nog geld wat in die regering se gaai gedruk word. Hoekom sal hul stop?

Boet Fasie ·

Na die onteiening van plase kom vakansiehuise van blankes aan die beurt en dan mense wat meer as een huis besit en so gaan hulle alles vat en die blanke ver- arm. So jou belegging in eiendom gaan niks beteken nie .

Katerina ·

Dis hoekom ek altyd vir my man se: “Wanneer jy aftree, laat ons een van daardie mobiele wonings koop (motorhome/RV) Dan het n mens darem altyd n dak oor n mens se kop. En as een deel van die land in chaos en anargie uitbars, ry ons na n ander deel. Nomadiese leefwyse. Want om Enige huisie of selfs woonstelletjie te koop as jy wit is, is malligheid”

Erick ·

Die paddas in die pot se water word stadig warmer gemaak, net 139 sê hulle…Gelukkig het ons wigte en teenwigte wat ons gaan beskerm. Dit wil ongelukkig voorkom asof die uiteinde hiervan gaan wees soos ‘n 0/19 A-span wat teen ‘n 0/13 A-span rugby wedstryd speel. Sug…

Casper Labuschagne ·

@Erick – Ons skip stuur reguit op ‘n ysberg af. Grond is net die rookskerm en die histerie van fopnuus – dit gaan alles oor eiendomsreg en as die grondwet eers gewysig is, is absoluut almal se toekoms daarmee heen. Die enigste hoop wat ons het (of gehad het) is dat grondhervorming wel kan plaasvind op beter maniere as om eiendomsreg van almal af weg te neem. Maar agter die rookskerm van grond ontneem Sluwe Cyril vir ons almal van die grondwetlike reg om eiendom te besit.

peet ·

Katerina, ek stem saam met jou voorstel wat van woonwaens of bote op die see, soorgelyk
soos wat die chinese ‘n lewe mee maak .

Casper Labuschagne ·

Dit is nou die tyd om lande voor te berei vir die plantseisoen. Landboukrediet moet beding word, diesel moet bestel en afgelewer word, asook kunsmis en saad, implemente moet versien en gereed wees en die nodige arbeid moet beskikbaar wees. Maar daar hang ‘n swaard bokant die kop van elke enkele plaasboer en niemand weet verseker nie.

Hier is my vraag, watter boer gaan vanaf ‘n halfmiljoen tot tien miljoen rand in die grond inploeg as daar ‘n kans bestaan dat jou plaas net voor oestyd onteien gaan word? Watter boer gaan ‘n honderd beeste tot volgende jaar laat wei as ‘n onbekende burokraat enige tyd ‘n dokument kan onderteken wat alles onteien nie?

Niemand kan ‘n toekoms op onsekerheid bou nie en nou is die enigste sekerheid wat 32,000 wit plaasboere en meeste van 170,000 stedelike wit grondeienaars huidiglik het, is dat hulle wel in die toekoms onteien sal word maar niemand kan sê hoe lank dit sal neem nie.

Erick ·

@Casper-Ja. Die volgende wat gaan kom is dat enige private besit van enige vuurwapen/s onwettig verklaar gaan word.

frenchpeteers ·

Ek wonder net hoe lank daai woonwa op die pad gaan bly voordat die ook af gebrand word.

Katerina ·

Wel dis n kans om darem Iets te he as dak oor mens se kop. Koop ons n huisie word dit heel moontlik ook later afgevat. Ek dink nie dit gaan stop by plaasgrond nie. En om huur te betaal is geldmors. So ja daar is nie veel opsies nie. In Amerika bly n uiters groot deel van die bevolking in trailer parks. Ek voorsien dit ook as die toekoms vir wit Suid Afrikaners. Niks fout daarmee nie, n dak oor jou kop is n dak oor jou kop.

Stephen Namibia ·

“Wonder maar net” se kommentaar. Daar gaan nie insetkostes wees nie. Dosyne families gaan op hierdie plase saamtrek en nie boer nie. Hulle sal aanhou betoog vir kos en ander kommoditeite en n las bly vir die belastingbetaler.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.