‘ANC het vroue in die steek gelaat’

Bathabile Dlamini en die ANC-vroueliga tydens die nasionale konferensie (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het gesê die ANC het Suid-Afrikaanse vroue in die steek gelaat toe Cyril Ramaphosa verkies is bo Nkosazana Dlamini-Zuma, om die regerende party te lei.

Dlamini het gesê patriargie het “weereens sy lelike kop uitgesteek” in die ANC, ná Ramaphosa Maandag as president van die ANC verkies is.

“Ons is teleurgesteld. Ons het ʼn goeie stryd gestry. Dit was ʼn geskiedkundige oomblik vir vroue in die ANC. Ons het ʼn vroulike presidensiële kandidaat op die stembrief gehad. Ons gesamentlike doel moet wees om patriargie en seksisme uit te roei,” het sy aan verslaggewers gesê tydens ʼn perskonferensie by Nasrec, Johannesburg.

Die vroueliga het Dlamini-Zuma ondersteun. Sy het ook steun ontvang van die jeugliga en MK-veteraanvereniging (MKMVA).

Lindiwe Sisulu, wat die verkiesing teen David Mabuza verloor het vir die pos van adjunkpresident van die ANC, het egter nie Dlamini of die vroueliga se steun gehad nie.

Tokozile Xasa, woordvoerder vir die vroueliga, het gesê niemand sal uit die vroueliga bedank ná die versuim om ʼn vrou as president van die ANC aan te stel nie. “Ons sal nie bedank nie. Ons is teleurgesteld oor die uitslag, maar ons sal nie bedank nie. Ons beweeg nou vorentoe en sal seker maak dat ons struktuur bly groei,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lollie ·

Die persone wat ingekom het is deur kiesers daarin gestem. Waarom nou kla oor te min vroue? Dit is duidelik hulle wil nie vroue daarin hê nie. Hierdie vroue wil al hoe meer die plek van die man vat so wees dan mans genoeg om die ‘verloor ‘ ook te vat!

Ella ·

Ag man word groot. Dit gaan nie oor geslag. Wie boesem die meeste vertroue in? Julle se altyd ” die mense het gepraat”. Wel nou het hulle gepraat.

SjN ·

Jou comrade sussie het dit toe nie gemaak nie, maak vrede daarmee, gaan drink maar iets vir die senuwees.

Popeye ·

Dit is duidelik dat die kongres slagspreuk: “Unity” ontbloot word as lippediens. Hierdeur, asook die onenigheid oor die stemmery vir SG. Weet hierdie mense self wat hulle wil hê? Dit lyk vir my na dieselfde deurmekaarspul. Die sake ter tafel verskil net, die afkop hoender hardloop bly dieselfde.

Lisa ·

Geval van brood aan beide kante? Hoekom het die klakouse nie vir die “vrou” gestem in die VP verkiesing nie? Miskien omdat dit nie indieselfde faksie is nie? Is “non sexualism” en ” gender equality” ran net van toepassing as dit by Adam kom? Of is sekeres “More equal than others”? Maar nou ja, die ANC se gedoentes laat my koud en met ‘n kopseer.

ferdi ·

Dis ok dlk apartheid se skuld of di wittes se skuld nee Jan V Riebeeck ek vergeet

Marianne ·

Wie het nou weer gesê vroue is te emosioneel en dit is beter dat n man hul saak stel? Of “vriendin”, iets in dier voege.

jaco ·

Ek dink hulle is vies oor die 1 vrou op die tol 6 ‘n kleurling Is en nie swart nie. Die ANC se regstellende aksie beleid sê mos juis aanmekaar voor Kleurlinge wat werk soek “sorry but you are not black enough”. En voor almal my vir my opmerking kruisig: ek hét bewyse.

John ·

Antie-Sassa en haar amper-prez-suster is diep geskok. Groot drome het geloop en die klerekaste is vol duur uitrustings wat nou stof gaan gaar… maar darem word ons ander nou van hul lang relase uitgespaar… of hoop ons verniet op rus en vrede…

Oom Klasie ·

Rus en vrede is nog lank nie daar nie – jammer om te se.
Lees maar Siener se boeke. Wat sover al in S A – en oorsee -gebeur het – was hy 100 % in die kol – en die res moet nog gebeur. Die goeie nuus is egter dat die wiel wel gaan draai…….

Willie ·

Jou onbevoegdheid gaan jou inhaal, Antie-Sassa… E, e, ehh… daar is jy en jou Sussie uit…

Petro ·

Hoop hierdie onbevoegde selfsugtige vrou word heel eerste afgedank! Hierdie land het iemand nodig wat regtig omgee vir die kinders en oumense. Die skade wat sy al aangerig het sal jare vat om reggestel te word.

hans ·

Als is goed ogesom. viva viva. Net nog n sirkus en iets om die party uit te rek.

Boeremeisie ·

As NDZ dalk nie die Z gehad het as meulsteen om haar nek kon sy dalk nig gewen het en selfs dalk ‘n goeie leier gewees het maar o wee daai Z faktor het haar defnitief gesink. Dankie tog vir die land se onthalwe imagine nog 5 jaar met nog ‘n Zuma. Maar moenie te gou partytjie nie Zuma het nog ‘n Ace (en David en ‘n Jessie) up his sleeve!

Deon Roux ·

As dit oor vroue gegaan het sou die ANC-vroueliga vir Lindiwe Sisulu ook ondersteun het…… Dit gaan oor Zuma en Statecapture. Die ANC-vroueliga word gelei deur GuptaDlaminiJacobZuma…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.