ANC-hoë gevonnis vir moord, ontvoering

hof-hamer

Argieffoto

Musa Zondi, die ANC se streeksekretaris van KwaDukuza, het Donderdag in die Pietermaritzburg‑hooggeregshof sy lot gehoor nadat hy vroeër aan onder meer moord skuldig bevind is.

Dít nadat hy en vyf medebeskuldigdes twee weke gelede deur regter Nkosinathi Chili aan ontvoering, aanranding en moord skuldig bevind is ná die moord op ʼn man in Kranskop in die KwaZulu-Natalse Middelande in 2015.

Zondi sal effektief 25 jaar lank in die tronk deurbring – 14 hiervan is vir moord.

Zondi, wat jare lank ʼn jeugaktivis in dié streek was, het bekendheid verwerf toe hy in Mei vanjaar as die ANC se streeksekretaris verkies is. Stanger en die Dolfynkus val onder KwaDukuza.

ANC‑lede het die hooggeregshof die afgelope paar weke voor die vonnis volgepak maar ná onbehoorlike gedrag van sommige lede het die regter opdrag gegee dat net ʼn spesifieke aantal mense toegelaat sal word om die vonnisoplegging Donderdag by te woon.

Lede van die Openbare Orde Polisie‑eenheid was buite die hof teenwoordig. Geen voorvalle is aangemeld nie.

Die ANC se provinsiale woordvoerder was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

trol ·

goed so. maar die herinner my aan n ander anc hoë wat in MP by moord geimpliseer was. geen haan daarna gekraai nie. nie om te sê hy was nie betrokke nie, nie om te sê hy was. net absolute swye.

Theresa ·

Ek verstaan nie. 2015 al moontlik skuldig aan moord en nogtans gekies as Streekssekretaris??? Is dit wettig? Is dit korrek? Of is dit maar bloot hoe dit deesdae gaan?

Afrikaanse Knaap ·

Die New York Times noem dit nie verniet mafia style nie.

Chris ·

Christa nee wat hy gaan nie laaank sit nie. Nou gaan hy weer appel aanteken wat nog 4 jaar gaan neem . Dan verhoor n ander groep regters hom en gee hom n ligter vonnis. Daarna gaan hy grondwet hof toe en so sal dit aangaan tot in lengte van dae. Kyk maar hoelank rek die twee kaders van die Noord Kaap nou al hulle vonnise uit en steeds is daar nie n einde in sig nie

Andre ·

En hy sal verseker ook nog ‘n salaris ontvang terwyl hy in die tronk is, vroeg uitkom en sy pos hervat.

Skyspy007 ·

Ek wonder net wie het Dr Verwoerd vermoor….Stafendas? OPPERSTE kommunis en ek en jou belasting geld het hom ‘n royal time in die tronk gegee!!! Hierdie is net dieselfde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.