ANC-hoë glo voor gesin vermoor

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA.

Nog ʼn ANC-leier is voor sy gesin in KwaZulu-Natal vermoor.

Die ANC het Maandagaand in ʼn verklaring gesê hy is diep hartseer oor die moord op Sifiso Cele (42), ʼn tesourier van die Oshabeni-tak by die Ray Nkonyeni-munisipaliteit.

Volgens die verklaring is die omstandighede rakende sy moord nog nie duidelik nie, maar dit kom voor of hy in die Margate-uitbreiding aangeval en voor sy lewensmaat en kinders geskiet is.

Zihle Zikalala, die koördineerder van die ANC se provinsiale taakspan, het sy medelye met Cele se gesin betuig.

“Ons doen ʼn beroep op die mense van Oshabeni om kalm te bly en hul hoop en vertroue in die wetstoepassersagentskappe se hande te plaas. Hulle is op grondvlak om te verseker dat reg en geregtigheid seëvier.”

Cele is een van vele ANC-leiers wat al onlangs in dié provinsie vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Werner ·

Ons bly mos in n veilige land waar sulke dinge nie gebeur nie miskien sal ANC nou agter kom dis nie so veilig

tamboti ·

Raak die dinge nou warm in die African National Corruption party?

dr Sakkie van der Merwe ·

Hoekom huil hul nie oor die plaasmoorde nie?

Hennie ·

Daar is nie iets soos politieke moirde hier nie. Ss daar was, dan sou ons dit geweet het. Ons kyk mos ook TV!

Chante ·

Dis maar net gewone misdaad. Ramaphosa en die Minister van Polisie se alles is onder beheer .. hier is net wetsgehoorsame burgers en die grondwet en polisie beskerm mense van alle rasse . neewat . heel normaal . niks vreemds in SA nie .. Daar is mos nie plaasmoorde nie, so daar is ook nie bendegeweld nie en ook nie politieke moorde nie . net GEWONE misdaad . en dis mos ‘in alle ander lande ook’ . so kom ons hanteer maar alle moorde net so non-chalant.

Casper Labuschagne ·

Wanneer die hoës van die regerende party mekaar doodmaak vir die kans om in poste aangestel te kan word sodat hulle korrupsie mag pleeg en daardeur skatryk word.

Vermeendes ·

Dit maak my siek, as dit n blanke was dan sou die media gese het dis n vermeend moord of moord word vermoet, maar nou is dit n swart ANC en sommer klaar moord. Dit maak nie saak wat die omstandighede was nie, die media moet ophou om een geval op te blaas en n ander af te speel.
Staan neutraal man, magtig man!

kas ·

Hoekom is daar so baie van hierdie moorde in Kwa-Zulu Natal.Is dit politiek van aard of gaan dit oor mag in sekere posisies .Niks word dan geroof na so ‘n moord nie.Sit daar iemand agter hierdie moorde wat dit beplan.’n Baasbrein met ander woorde.

diefstal ·

Dis n poging tot roof wat verkeerd geloop het. Nie belande moord nie. Niemand word in SA vermoor nie, ook nie op plase nie

Oom Kalahari ·

Elke dag is daar moord, Verkragtings, aanvalle, ongelukke, roof, diefstal, aanrandings ens. Dan word daar gese deur Mev Sisulu en ons Hoogwaardiges dat die land heel veilig is met normale misdaad wat maar oral plaasvind. Hierdie kom amper voor op politieke Magspel. Die buiteland raak bewus van wat hier aangaan, maar dan word daar hier en daar ietsie anders uitgevoer om die aandag weg te lei van plaasmoorde en almal ingelig dat misdade normaal is en oral gebeur. Die groot teiken is eintlik die boere en hul families. Hierdie was maar ook huisroof wat verkeerd geloop het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.