ANC-hoë kap lede oor faksies

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs, het ʼn eerlike assessering gegee oor die party se provinsiale verkiesingsuitslag en maan lede om nie met mekaar te baklei nie.

Jacobs het gesê faksies het bygedra tot die party se swak prestasie in die Wes-Kaap tydens die verkiesing op 8 Mei en dit moet tersyde gestel word as die party beter wil vaar in die plaaslikeregeringsverkiesing in 2021.

“Die ANC het die swakste ooit gevaar in die Wes-Kaap,” het Jacobs Donderdag in ʼn plasing op sy Facebook-blad en aan die media gesê. “Die Wes-Kaapse ANC moet homself uit die gemors optel, afstof en aan kiesers (en homself) bewys dat hy geloofwaardig is en bekwaam is om die talle kwessies aan te roer wat tussen hom en beheer in die Wes-Kaap staan – voor die munisipale verkiesing in 2021.”

Hy het gesê nuwe lede van die provinsiale wetgewer moet hul amp met nederigheid en dissipline beklee. Die party moet die volgende twee jaar gebruik om kiesers te oortuig dat hy ʼn beter regering aan die Wes-Kaapse gemeenskappe kan lewer as die Demokratiese Alliansie.

Die ANC het 28,5% in die provinsie gewerf, in vergelyking met 32,9% in 2014. Die Demokratiese Alliansie het die meerderheid stemme gewerf (55,5%).

Jacobs het gesê nederigheid word vereis, terwyl die party die verlies probeer verwerk. “Sommige lede en ondersteuners van die party het egter die messe uitgehaal en blameer nou almal buiten hulself vir die nederlaag.”

Hy het gesê die eerste prioriteit moet wees om vertroue te herwin in die Wes-Kaap. “Demokrasie werk goed in Suid-Afrika, maar die Wes-Kaapse ANC doen nie genoeg om kiesers van ons integriteit te oortuig nie.” Tweede aan die beurt is om ontslae te raak van faksies in die party.

“ANC-lede moet onthou die Wes-Kaap is anders as die res van Suid-Afrika en die party moet ʼn streekstem hê. Wes-Kaapse kiesers is sedert 1994 deurgaans relatief konserwatief, in vergelyking met kiesers in ander provinsies. Boodskappe wat goed werk in Limpopo, werk nie noodwendig in die Wes-Kaap nie. Ons moet met mense oor dinge praat waarmee hulle kan vereenselwig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VFPlus Ondersteuner ·

Dit is duidelik dat die Wes-Kaapse inwoners die korrupsie en onbevoegde kaderontplooing van die ANC tot ʼn groot mate raakgesien het. Die 28% wat nog glo, of omgekoop is met ʼn kospakkie en t-hemp, dat die ANC van vandag die vermoë het om beter te doen as die partye waarvoor die meerderheid in die Wes-Kaap gestem het, het die IK wat nodig is vir iemand om rasioneel te dink nie. Hulle kan nie, wil nie of het nie die insig om te sien dat waar die ANC in beheer is, dit met almal sleg gaan, behalwe die onbevoegde kaders en hulle meelopers en beulblasers nie. Daar is nie een munisipaliteit of staatsinstelling onder ANC beheer wat nie in did moeilikheid is nie. Danksy die Zumas, Aces, Shibangus ens van die wêreld nie.

Stebastiaan ·

Dit is goed as die anc nie die mas kan opkom in die WesKaap nie. Ons wil nie die swak dienslewering hê wat in dir res van die land aangaan asook die korupsie wat daarmee gepaard gaan. So as die anc nou so goed regeer hoekom trek die ondersteuners nie noorde toe nie en los die WesKaap uit!!!!

Dries du Toit ·

Is hierdie man waaragtig bekommerd oor geloofwaardigheid. Daar bestaan nie eers so iets by sy domste kiesers nie. Hulle ondersteun hulle nie oor geloofwaardigheid nie. Hulle word ondersteun vir hulle vermoee om tenders uit te reik

JohanL ·

Dis baie eenvoudig – die meeste kiesers in die Wes-Kaap is intelligent genoeg om te SIEN wat in die res van SA gebeur waar die ANC in beheer is. En hulle wil keer dat dit ook daar gebeur.

In al die ander provinsies is die meeste van die kiesers nie intelligent genoeg nie of hulle wil nie die korrupsie en onbevoegdheid van die ANC raaksien nie. Daarom dat dit so sleg gaan in al die ander provinsies.

Hoekom sal kiesers wat sien dinge WERK in die Wes-Kaap die leisels teruggee aan ‘n korrupte ANC?

Jannie van Niekerk ·

Die ANC lede praat altyd van die ANC se integriteit en nederigheid, soos mnr Jacobs hier bo beweer. Ek is seker hulle weet nie wat die woord beteken nie. Volgens my kennis beteken integriteit onvoorwaardelike eerlikheid.
As mnr Jacobs beweer die ANC het integriteit, waarom het hulle mosie van wantroue vir mosie van wantroue teen Oudpres Zuma teen gestaan? Integriteit en lojaliteit is nie sinoniem met mekaar nie. ANC lojaliste is met ander woorde lojaal aan die ANC. Dit beteken dat hulle beslis nie integriteit het nie, want om lojaal aan die Zuma kamp te wees soos wat hulle was, is om staatskaping te ondersteun. Betreffende nederigheid wil ek ook net vir mnr Jacobs noem dat ek nog nie een nederige ANC ondersteuner gesien het nie. Inteendeel almal is uitesproke radikaliste. Radikaal wees is nie ‘n eienskap van nederigheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.