ANC-hoë kritiseer Nkandla-verslag

Mashatile (middel) saam met Vavi (links) en Maimane (regs). Foto: Esté Meyer Jansen

Mashatile (middel) saam met Vavi (links) en Maimane (regs). Foto: Esté Meyer Jansen

Die ANC in Gauteng het by monde van sy leier, Paul Mashatile, gesê die polisieminister se verslag oor Nkandla weerspieël nie die amptelike posisie van die regerende party nie.

Mashatile het Donderdag tydens die Daily Maverick se The Gathering gesê minister Nathi Nhleko se verslag het nooit voor die ANC gedien nie. Volgens Mashatile het hy en ander lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) die eerste keer gehoor dat daar nog opgraderings by Nkandla gedoen gaan word toe Nhleko sy verslag aan die media bekend gestel het.

Mashatile het gesê daar kan nie ʼn situasie wees waar die publiek kla terwyl die regering sê daar gaan meer geld bestee word nie. Hy het gesê die verslag moet nog deur die ANC se NUK bespreek word.

Zwelinzima Vavi, uitgeskopte Cosatu-leier, was ook ʼn spreker by die geleentheid en het gesê ʼn optog na die Uniegebou word beplan oor Nkandla. “Ons is nie dwase nie. Ons betaal lojaal belasting. As ons jou verkies kan jy nie vandag vir ons sê dit is ʼn swembad en more sê jy dit is ʼn brandpoel nie.”

Mashatile het hom ook uitgelaat oor die e-tolstelsel in Gauteng. Hy het gesê hulle is bewus daarvan dat daar “steeds ontevredenheid” is oor die stelsel, maar dat “ons nie is waar ons verlede jaar die tyd was nie”. Volgens Mashatile is daar vordering gemaak aangesien padgebruikers gesê het die e-toltariewe is te hoog, waarna dit verlaag is.

“Die kwessie gaan nog parlement toe. Die minister moet wetgewing verander. Die ANC in Gauteng is bekommerd oor die bekostigbaarheid van die stelsel.” Mashatile het gesê daar moet bekostigbare openbare vervoer wees.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het op sy beurt gesê Suid-Afrikaners betaal reeds vir die opgradering van paaie deur die brandstofheffing. “Projekte word geprioritiseer om hulle eie belange te dien eerder as dié van die publiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Henri ·

Julle het nou dubbel k middel a vir julself gemaak, maar ek is bly om te sien julee is bereid om hulee aan te vat.

Henri ·

Weet nie waar kom al die e’s vandaan na hulle en julle nie,en die l’e is weg. Seker te vining probeer tik met my twee vingers

Ai tog ·

Gewoonlik as iemand die ding noem op sy naam gebeur altyd ietsie snaaks ek hoop nie daar gebeur iets met mr. Mashatile nie want ek stem saam met hom 100% die ander doen net wat die eerbare president, skryf net goeie goed en die ander word toegesmeer…

Grassie ·

Ek dink Mashatile het nou sy eie doppie geklink. Zoempas en sy kornuite verdra nie, maar gladnie, kritiek van enige kant af nie.

Peet Schabort ·

Die brandpoel, ag ek bedoel SWEMBAD, is sy voorland . . .

Enrico ·

Pres. Jacob Zuma verdien baie geld. Die staat voorsien hom van ‘n woning. Hoekom moet die arme belastingbetalers vir sy private woning betaal ? Dit te verre gaande en hy lag lekker in sy mou. Hoekom betaal mens dan belasting ?

enrico ·

President Zuma is nie bo die wet verhewe nie. Hy moet ook soos enige persoon vervolg word as hy die wet oortree het.

charlotte ·

Ek stem 100% saam met jou enrico zuma kom met moord weg en dan het hy die vermetelheid om daaroor te lag.

Enrico ·

Dit het tyd geword almal in Suid Afrika saamstaan om die Anc regering uit die kussings te lig en ‘n ander regering saam stel stel wat beter na sy inwoners sal kyk. Ons kan dit alleenlik regkry as alle bevolkings groepe sal opstaan en sê tot hier en nie verder nie. Ons is moeg vir die koruppsie en waanbesteding van gelde. Die huidige regering en sy amptenare kom met moord weg. Die ANC regering vaal in sy pogings om Suid Africa voorentoe te vat. ons land is besig om agteruit te gaan. As ons nie die ANC nou stuit nie sal ons die tweede Zimbabwe word.

Enrico ·

Apartheid het genoeg die skuld gekry vir alles wat skeef loop in die land. Vergeet van die verlede. om daaroor te kerm en te kla sal niks in die sak bring of die probleme oplos nie. Neem hande , werk saam. Deur dit te doen kan on Sud Afrika voorentoe te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.