ANC-hoë langs sy vrou in bed doodgeskiet

ANC-se-vlag-deur-ANA

ANC Foto: ANA.

Die ANC in KwaZulu-Natal het sy skok en woede uitgespreek ná die moord op sy verkiesingskoördineerder in dié provinsie.

Sihle Zikalala, die ANC se tydelike provinsiale komitee koördineerder, het Saterdag gesê Nqobiswe Mkhize (42) is vroeg Saterdagoggend by sy huis in Imfume saam met twee lede van die gemeenskap doodgeskiet.

“Terwyl die aanvallers van die toneel gevlug het, het hul nog skote afgevuur en nog twee mense doodgeskiet. Dit is hartseer dat nóg ʼn donker wolk van gruwelike moord oor ons provinsie hang,” het Zikalala gesê.

Die besonderhede rondom die moord op Mkhize is steeds onduidelik, maar dit kom volgens Zikalala voor dat hy by sy huis aangeval is en langs sy vrou in die bed doodgeskiet is.

Die aanvallers het glo sy vrou opdrag gegee om “haarself te bedek” en het losgebrand op Mkhize.

Zikalala het gesê dié moord laat ʼn reusegaping in die ANC se struktuur en die demokratiese beweging in die geheel.

“Hy was ʼn revolusionêre man wat die gemeenskap met toewyding gedien het.”

Die ANC sien dié moord as ʼn poging om die ANC te verswak.

“Ons sal sy spies optel en voort mars in die stryd om die verbetering van ons mense se lewens,” het Zikalala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

MissDemeanor ·

So voel ons oor al die moorde waar ons mede Suid Afrikaners se lewens geweldadig kortgeknip word.

Casper Labuschagne ·

Presies. Ek sê nog altyd dat as ‘n spieëltoets gedoen word waar wit en swart omgeruil word wat plaasmoorde betref, dan sal daar ‘n totale oproer wees oor plaasmoorde.

Johan. H. ·

Ons is ook baie geskok en kwaad oor die moorde op ons boere..

Mikkie ·

Ek stem saam. Daar word glad nie meer op TV od SABC van die wreede moorde op ons land se onskuldige boere genoem of gelees nie.

Eish ·

Die magshonger verteer die organisasie van binne af.
Mag die Hemelse Vader ons genadig wees om om onder so n regering te probeer bestaan.

Johanna Botha ·

Ag anc weet van die 52 moorde n dag in SA en hoeveel verkragtings …maar hulle doen NIKS ….stel die een clown na die ander aan as polisie hoof wat niks uitrig nie …praat praat en praat ..en na al die jare se gepraat het niks verbeter nie !

Anoniem ·

Ons voel net so oor al die on sinninge moorde, verkragtigs,aanrandings,kapings ens. en niks word daaraan gedoen nie. Hoe no?

Sankie ·

Nou is dit n gruwel omdat dit een van hulle eie mense is. Wat van al die plaasmoorde dit verkies hulle om nie raak te sien nie

Anderjan ·

Die man word geskiet maar se vir die vrou om haar self te bedek,van wanneer af los hulle n oog getuie

SjN ·

Moord maak nie sin nie, jammer vir die geliefdes, slang in die gras, revenge

Elsa ·

Nou tyd geword dat ramaphosa ook aandag gee aan onsinnige plaas aanvalle en moorde en misdaad ….kan nie net reageer as dit by anc lede kom nie,, kyk wyer en beskerm alle mense…

madels ·

My innige simpatie aan sy vrou wat die gruwel daad moes aanskou! Hoe erg en verskriklik moes dit net nie vir haar gewees het nie!!?? Ek hou nie van die ANC regering nie want hul gee nie n duit om vir ons wittes nie maar wow, mense, wat sy vrou deurgemaak het en wat die man se familie nou moet deurgaan moet verskriklik wees!

Belaglik ·

Sterkte aan die gesin maar WAT IS DEMOKRATIES AAN “WHITE capital monopoly”? Wat is demokraties aan BEE en AAN en Expropriation of land without Compensation? What is demokraties aan AA, EE en swart bemagtiging? Wat is demokraties aan die ‘swart prokureursorde van SA?’ Wat is demokraties aan ‘black management forum’? Wat is demokraties aan die onderdrukking van minderhede en die vervolging van minderhede tov rassisme maar geen vervolging van die meerderheidsgroepe nie? Wat is demokraties aan die VERBOD op AFrikaans in opvoedkundige instellings? IEMAND het die woord DEMOKRASIE verkeerd in die woordeboek opgekyk!

Tanzie ·

Wanneer gaan die ANC besef dat Julius besig is om hulle uit te dun, net soos hulle met ons boere ook maak. Maak plan met Malema en daar sal soveel minder probleme wees!!

Patriot ·

ANC het nie my simaptie nie… My simpatie le by plaasmoorde

Jef ·

Ek stem volkome saam met bogenoemde kommentare , moorde op ons witmense word niks aan gedoen nie en as die moordenaars gevang word dan kry hulle borgtog.
Wonder wat se straf kry hierdie moordenaars as hulle gevang word?

Jack Klok ·

Vir revolusionêres beteken die woord “demokraties” dat hulle revolusie geslaag het en hulle in beheer is. Hoe meer en stewiger hulle in beheer is, hoe meer demokraties is hulle regering. Vir hulle beteken demokrasie dat hulle sonder enige teenstand kan regeer.

My pot se deksel is dat hulle kan beweer dat die slagoffer’n revolusionêre man was wat sy gemeenskap met toewyding gedien het. Revolusie beteken die omverwerping van ‘n bestaande regeringsbestel met geweld om die politieke mag te bekom. Die ANC het reeds vir 24 jaar die politieke mag, wat wil hulle nou nog omver gooi. Dis absurd.

Hierdie mense is so verward, dis ongelooflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.